Oggendsimposium
Aangebied deur die Geskiedeniskommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
Vrydag 26 Januarie 2024
09:00 tot 13:15
Die stand van erfenisowerhede en erfenisbewaring in Suid-Afrika
In 1999 word die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (Wet 25 van 1999) gepromulgeer. Dit tree op 1 April 2000 in werking. Hoewel die wet as van die mees progressiewe erfeniswetgewing ter wêreld beskou word, skiet die implimentering daarvan tekort.
Terselfdertyd gee dit ook die geleentheid aan gemeenskappe om nouer betrokke te raak by hulle erfenis.
Tydens die simposium sal die hiërargiese struktuur van erfenisbewaring aandag geniet en sal die sukses hiervan krities beoordeel word. Aandag word ook gegee aan die rol van die owerhede, en ander instansies in erfenisbewaring. Suksesverhale en mislukking in terme van die bewaring van die Suid-Afrikaanse erfenis sal ook in oënskou geneem word.


