Persverklaring: Poort 2024 – Inskrywings nou oop

  • 0

Die SA Akademie nooi alle leerders wat in 2024 in graad 10, 11 of 12 is (of matriek in 2023) met skryf- en kunstalent uit om deel te neem aan die POORT-skryfkompetisie van 2024.

Skeppende bydraes in poësie en prosa kan ingeskryf word, asook dramatekste (radiodramas uitgesluit).

Die POORT-skryfkompetisie vind al vanaf 1971 plaas en gaan jaarliks van krag tot krag. Die kompetisie word beoordeel deur van ons voorste letterkundiges en die topinskrywings word in die jaarlikse POORT-bundel gepubliseer. Boonop is die prysgeld R10 000 vir elkeen van die drie kategoriewenners vir poësie, prosa en drama.

Die kompetisie het aanvanklik op skryftalent in Afrikaans gefokus en doen dit steeds, maar sluit vir ’n paar jaar ook ’n ontwerpkomponent vir die voorblad in. Die prysgeld vir die wenontwerp vir die voorblad van die POORT-bundel is R750.

Tien van die toppresteerders in die geskrewe genres sal na afloop van die kompetisie genooi word na ’n skrywerslypskool wat in die Julie-skoolvakansie by die Universiteit van die Vrystaat aangebied word.

Die besonderhede en reëls van die kompetisie, asook die aanlyn inskrywingsvorm is op die SA Akademie se webwerf beskikbaar:

https://www.akademie.co.za/projekte/poort

Stuur navrae aan Sanita Meyer by akademie@akademie.co.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top