Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Persverklaring: Wenner van Jan H Maraisprys 2024
2024-07-17Die Jan H Maraisprys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans word in 2024 toegeken aan prof WAM (Wannie) Carstens van Potchefstroom. Die Jan H Maraisprys word toegeken as erkenning vir sy vakkundige bydrae ten bate van die Afrikaanse taalkunde.
Uitnodiging | Boekbekendstelling: So werk die natuur eintlik! deur Peet van Schalkwyk | 24 Julie 2024
2024-07-12Die boekbekendstelling van So werk die natuur eintlik! deur Peet van Schalkwyk vind op 24 Julie by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria plaas. | Hierdie boek is geskryf vir alle mense wat geïnteresseerd is in die werkinge van die natuur. Die skrywer se vertellings is boeiend en uitdagend. So lok hy oud en jonk om saam te kom op Tarantukan se wonderlike verbeeldingsreise.
Taalkommissie-lesing 1: AWS en vaktaal
2024-06-25Hier is ’n video deur Jana Luther wat meer agtergrond oor Afrikaanse vaktaal verskaf.
Persverklaring: Jan H Marais-prys 2024 – sluitingsdatum vir nominasies 24 Junie 2024
2024-06-14Die Jan H Maraisprys verleen erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Die toekenning van die prys is afhanklik van ingeligte persone uit die Afrikaanse taalgemeenskap om moontlike wenners voor te stel. Die sluitingsdatum vir nominasies is Maandag 24 Junie 2024.
TK-lesing 1 (deel 2): AWS 1 tot 11 – ’n tydlyn
2024-06-04Aspekte van die normering van Afrikaans staan in wisselwerking met aspekte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Elk van die Taalkommissies wat sedert 1917, ononderbroke, vir reeds 11 AWS’e verantwoordelik was, het hulle AWS in ’n veranderende wêreld opgestel. As deel van die eerste lesing in die Taalkommissie se onlangse reeks van vyf het Fred Pheiffer ’n kort oorsig van belangrike gebeurtenisse gegee wat op verskillende uitgawes van die AWS hulle tekens gelaat het.
TK-lesing 1 (deel 1): Geskiedenis van die Taalkommissie en die AWS
2024-06-04In hierdie eerste uittreksel uit ’n reeks lesings wat die Taalkommissie in April en Mei 2024 aangebied het, belig Jana Luther kortliks die omstandighede wat tot die byeenroep van die eerste Taalkommissie en die publikasie, in 1917 en 1918, van die eerste twee uitgawes van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) gelei het.
Uitnodiging | Lesing 5: Die variëteite en algemene Afrikaans | 21 Mei om 16:00 (virtuele aanbieding)
2024-05-21Die AWS is die normeringsbron vir die variëteit bekend as Standaardafrikaans. Maar waaruit word daar geput om hierdie variëteit te kodifiseer, en wat is die verhouding tussen hierdie variëteit en ander Afrikaanse variëteite? In die laaste seminaar in hierdie reeks sal hierdie en ander aanverwante kwessies deur Marius Swart bespreek word.
Uitnodiging | Lesing 4: Die werkwyse van die Taalkommissie | 14 Mei om 16:00 (virtuele aanbieding)
2024-05-14Dit het gebruiklik geword om in elke voorwoord van elke nuwe uitgawe van die AWS duidelik te maak wat die sienings en werkwyse van die Taalkommissies (TK) van elke uitgawe van die AWS was. In die tweede laaste lesing in die TK se eerste lesingreeks kom hierdie aspekte prakties aan bod. | Alle lesings vind virtueel plaas.
Uitnodiging: Weerskyn deur Alwyn Roux | Pretoria-boekbekendstelling, 16 Mei 2024
2024-05-13Weerskyn deur Alwyn Roux: Protea Boekhuis en Aristata Boekwinkel Hatfield nooi u hartlik uit na die Pretoria-boekbekendstelling op 16 Mei 2024 by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Persverklaring: Oproep om referate – algemene simposium van die SA Akademie | Sperdatum 30 Junie 2024
2024-05-10Die SA Akademie se jaarlikse simposium vind op Donderdag 19 en Vrydag 20 September 2024 in Pretoria plaas en sal in ’n hibriede formaat aangebied word. Die tema vanjaar is: "Van isolasie na internasionalisering: Tendense in Suid-Afrikaanse navorsing die afgelope 30 jaar".
Uitnodiging: Willie Burger bespreek Karel Schoeman – stiltes en stemme, ’n huldiging op 13 Junie 2024 by NALN in Bloemfontein
2024-05-10Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in samewerking met NALN bied graag ’n praatjie aan deur Willie Burger, redakteur van Karel Schoeman – stiltes en stemme, ’n huldiging, op 13 Junie om 18:00.
Persverklaring | Pos: Hoof- uitvoerende beampte (HUB) Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2024-05-08Aansoeke om die pos van HUB (voltyds) word tot 31 Mei 2024 ingewag.
Uitnodiging: Afrikaans Amptelik 100 skop af op 8 Mei 2024
2024-04-30Die SA Akademie skop eersdaags die Afrikaans Amptelik 100-eeufees af saam met al die ander ondersteuners van hierdie inisiatief. Die Afrikaanse taal kom van vêr af en ons begin by die begin. Hein Willemse bied, op uitnodiging van die Taalkommissie, ’n virtuele lesing oor die geskiedenis van Afrikaans aan.
Uitnodiging: Werkgemeenskap Potchefstroom – Suid Afrika se belangrikste verkiesing sedert 1994 (gasspreker: André Duvenhage)
2024-04-29U word hartlik uitgenooi na ’n byeenkoms van die Werkgemeenskap Potchefstroom op Donderdag, 9 Mei 2024 om 17:00. Die byeenkoms word in hibriede formaat aangebied.
Persverklaring: SA Akademiepryswenners vir 2024
2024-04-19Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2024 aan.
Persverklaring: Jan H Marais-prys 2024 – oproep vir nominasies
2024-04-09Die Jan H Maraisprys verleen erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Die toekenning van die prys is afhanklik van ingeligte persone uit die Afrikaanse taalgemeenskap om moontlike wenners voor te stel. Die sluitingsdatum vir nominasies is Maandag 24 Junie 2024.
Persverklaring | Pos: Hoof- uitvoerende beampte (HUB) Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2024-04-04Die pos van hoof- uitvoerende beampte (HUB) van die SA Akademie het op 1 April 2024 vakant geraak. Van die nuwe HUB word verwag om reeds op 1 Julie 2024, of so spoedig moontlik daarna, diens te aanvaar.
Persverklaring: SA Akademie se hoof- uitvoerende beampte tree uit
2024-04-02Die Akademieraad het die hoogste waardering vir die onbaatsugtige manier waarop Anne-Marie Beukes die Akademie met onderskeiding vir bykans twee termyne vanaf 1 Junie 2019 gedien het.
Uitnodiging – Kunslesing (SA Akademie): Die oostelike fasade van Kerkplein in Pretoria deur die jare deur Alex Duffey
2024-03-26Hierdie lesing is vanaf Dinsdag 26 Maart 2024 om 18:00 op die SA Akademie se YouTube-kanaal of Facebook-blad te sien.
Persverklaring: Kortlyste van die SA Akademie se letterkundige pryse bekend
2024-03-25Vanjaar is dit die eerste jaar in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns dat die kortlyste van die Akademie se letterkundige pryse vooraf bekendgemaak word. Die vier kortlyste vir vanjaar se boekpryse is pas bekendgemaak.
