Jy word hartlik uitgenooi na die SA Akademie se Noordelike bekroningsplegtigheid wat vanaf Woensdag 20 Julie 2022 om 18:00 op die Akademie se twee elektroniese platforms beskikbaar sal wees:
- YouTube-kanaal: https://www.youtube.com/channel/UCp7S5UyyEazdGABB7owx2Hg
- Facebookblad: https://www.facebook.com/saakademie/
Die bekroningsplegtigheid sal permanent op die platforms te sien wees.
Die volgende pryse word oorhandig:
JD Carr: Poortprys vir Prosa
JD is ’n leerder aan die Hoërskool Upington en ontvang die prys vir sy prosawerk Wabi sabi
Huldigingswoord: Prof Thys Human
Tite Mwepu, dr Salmon Lubbe en prof Philip Crouse: Douw Greeffprys vir beste artikel in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie
Huldigingswoord: Dr Cassie Carstens
Frederik de Jager: Eugène Maraisprys vir Prosa vir Man op ’n fiets êrens heen
Huldigingswoord: Prof Hein Viljoen
Fanie Viljoen: Scheepersprys vir Jeugliteratuur vir Offers vir die vlieë
Huldigingswoord: Prof Thys Human
Prof Hendrik Swart: Havengaprys vir Fisiese Wetenskappe
Huldigingswoord: Prof Japie Engelbrecht
Prof Lise Korsten: MT Steynprys vir Natuurwetenskaplike en Tegnologiese Prestasie
Huldigingswoord: Prof Kobus Eloff
Prof Hennie van Coller: NP van Wyk Louwmedalje
Huldigingswoord: Prof Anthea van Jaarsveld
Emma Renzi: Huberte Rupertprys vir Klassieke Musiek
Huldigingswoord: Paul Boekkooi
SP Naudé: Hertzogprys vir Prosa vir Dol heuning
Huldigingswoord: Prof Willie Burger
Die Suidelike bekroningsplegtigheid sal vanaf Woensdag 27 Julie vanaf 18:00 beskikbaar wees.
By hierdie plegtigheid word die volgende pryse oorhandig:
- Mikayla Pretorius: Poortprys vir Poësie
- Amoré Malan: Junior Kaptein Scott-gedenkmedalje (Dierkundige Wetenskappe)
- Ashwin Arendse: Eugène Maraisprys vir Poësie vir Swatland
- Jaco Jacobs: Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur vir Die boekwinkel tussen die wolke
- Prof Ernst Kotzé: Jacques van der Elstprys vir beste artikel in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe
- Dr Carel van der Merwe: Protea Boekhuistoekenning vir Kansvatter: Die rustelose lewe van Ben Viljoen
- Emma Willemse: Erepenning vir Geesteswetenskappe en Kuns
- Prof André Coetzee: Erepenning van die SA Akademie se Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie
- Prof Bill Henderson: Gustav Prellerprys vir Literatuurwetenskap en literêre kritiek
- Hendrik du Toit: Christo Wiesemedalje vir Bedryfsleiding