Persverklaring: Jan H Maraisprys – nominasies vir 2022 ingewag

  • 0

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H Maraisprys vir 2022.

Doel: Om erkenning te gee vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op ’n hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans.

Ontvangers: Die prys is in beginsel vir natuurlike persone bedoel, maar die keurkomitee mag ook besluit om dit aan ’n instelling of vereniging wat besonder verdienstelik is om Afrikaans as wetenskapstaal te bevorder, toe te ken. Die prys mag nie tussen meerdere pryswenners verdeel word nie.

Prysgeld: Die prysgeld beloop R750 000 en tans ’n beeldjie, “Helpende Hand”, deur Coert Steynberg.

Oorhandiging: 26 Mei 2022 te Stellenbosch

Nietoekenning: Dit staan die keurkomitee vry om in ’n bepaalde jaar geen toekenning te maak nie.

Nominasieformaat:

  • Die voorsteller moet duidelik motiveer waarom die bepaalde kandidaat/instansie vir die prys genomineer word.
  • ’n Nominasie moet deur ’n voorsteller en twee sekondante onderteken word.
  • Die grootste mate van vertroulikheid moet gehandhaaf word.
  • Die volle name van die kandidaat, voorsteller en sekondante, asook landlyn- en selfoonnommers, adresse en e-posadresse moet verskaf word.
  • Die voorstel moet gesteun word deur die jongste curriculum vitae en publikasielys van die kandidaat, indien van toepassing.
  • By die toekenning van die prys is die keurkomitee se besluit finaal. In die geval van ’n nominasie wat nie suksesvol was nie, sal geen korrespondensie of gesprekke na die toekenning gevoer word nie; nie met voorstellers nie, en ook nie met kandidate nie.

Nominasies sluit op 25 Februarie 2022.
Bekendmaking van die prys: Einde April 2022

Rig nominasies per e-pos aan:

Die Hoof- Uitvoerende Beampte:
ambeukes@akademie.co.za en c.c. nellie.engelbrecht01@gmail.com

Navrae:

Hoof- Uitvoerende Beampte, Anne-Marie Beukes: 083 675 8053

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top