Persverklaring: Kunspraatjie – Alex Duffey oor Rembrandt van Rijn se Die nagwag

  • 0

Die foto van Die nagwag is in die openbare domein.

Die nagwag is die bekendste skildery van Rembrandt van Rijn. Die skildery is veral bekend vir sy enorme grootte, die doeltreffende gebruik van lig en skadu, en die persepsie van beweging in wat andersins ’n statiese militêre skildery sou gewees het. Die skildery is in 1642 voltooi tydens die hoogtepunt van die Nederlandse Goue Era.

Jy word hartlik uitgenooi na die volgende lesing deur Alex Duffey wat handel oor die kunswerke wat gereken word as van die beste werke ter wêreld.

Datum: Vanaf 25 Oktober 2022 om 18:00 beskikbaar om te kyk

Tema: Rembrandt van Rijn se Die nagwag – meer as wat die blote oog kan sien!

Die lesing kan op die volgende platforms van die Akademie gekyk word:   

YouTube-kanaal: Klik op https://www.youtube.com/channel/UCp7S5UyyEazdGABB7owx2Hg
Facebookblad: Klik op https://www.facebook.com/saakademie/

Alex Duffey se vorige lesings is ook steeds op hierdie platforms te sien.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top