Uitnodiging: 51ste JBM Hertzoggedenklesing

  • 0

Foto van JBM Hertzog: Wikipedia (openbare domein)

Jy word hartlik uitgenooi na die 51ste Hertzoggedenklesing wat aanlyn aangebied word deur die SA Akademie se Geskiedeniskommissie.

Datum en tyd: Woensdag 19 Oktober 2022 om 18:00
Gasspreker: Dr. Edward-John Bottomley, Departement Inligtingwetenskap, Universiteit Stellenbosch
Tema: Die internasionale skepping van ’n armblankevraagstuk (1900–1945)
RSVP: Teen Maandag 17 Oktober 2022 by linda@akademie.co.za om ’n MS Teams-skakel te ontvang.


 

Edward-John Bottomley is ’n akademikus en joernalis verbonde aan die departement inligtingkunde by die Universiteit Stellenbosch. Sy skryfwerk verskyn in onder meer Beeld, Rapport, Sarie en Taalgenoot. Ná die publikasie van sy boek Armblankes, wat ’n breë oorsig oor die geskiedenis van “armblankes” in Suid-Afrika bied, verwerf hy sy doktorsgraad in geskiedenis en aardrykskunde aan die Universiteit van Cambridge, waar hy ’n Statebond- en Cambridge-trust-beurshouer was. As deel van sy studies doen hy navorsing in die VSA danksy ’n toekenning deur die Rockefeller-stigting. Hy verwerk tans sy proefskrif met die oog op ’n nuwe boek.


 

Die JBM Hertzoggedenklesing is in 1970 ingestel en word jaarliks gelewer oor sake van nasionale, staatkundige en kulturele belang, aangebied deur ’n persoon waaroor die Akademie besluit.

James Barry Munnik Hertzog (1866 tot 1942) was ’n taalstryder en het ’n leidende rol gespeel in die stigting van die Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst (Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns) wat op 2 Julie 1909 opgerig is met die volgende as doel: De handhaving en bevordering van de Hollandse Taal en Letteren, en van de Zuid-Afrikaanse Geschiedenis, Oudheidkunde en Kunst.

Die Grondwet van 1909 het bepaal dat Nederlands en Engels die amptelike tale van die land was. Op 8 Mei 1925 is Afrikaans aan Nederlands gelykgestel en, naas Engels, as amptelike taal erken en vandag is dit die derde grootste taal in die land. In 2025 sal dit 100 jaar wees sedert die erkenning van Afrikaans as amptelike taal.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top