Onderhoude
Interviews about topical issues
Parfuum
2023-05-24Hoe het dit gebeur dat ’n Afrikaanse seun uit die Vrystaat deesdae een van die groot name in die Franse parfuumbedryf is? Freek Robinson gesels met Dave Pepler oor nooiens in nartjies en reukolies wat na ’n motorfiets ruik.
Truth to power: ’n onderhoud met die uitgewer Marida Fitzpatrick
2023-05-18"Ons moet weet in hoeveel moeilikheid ons is. Ons kan nie meer bekostig om anderpad te kyk nie, om eerder nie te weet nie."
Op pad na sanksies soos laas in ’86
2023-05-17Die probleem is nie samewerking met Afrika, Suid-Amerika en China nie. Juis nie. Wat is dan fout? Hoe het dit gebeur dat Nigerië en Egipte deesdae vir Afrika verteenwoordig en ons land gewoon verder en verder na rommelstatus val?
Moet kinders hulself en hul omgewings in kinderboeke herken?
2023-05-15"Ons skryf nie stories om iemand wat in ’n veilige borreltjie woon, skuldig te laat voel of te ontnugter nie; elke verhaal moet vertel word."
Afrikaans word in 2025 100
2023-05-11Op Maandag 8 Mei 2025 sal dit presies 100 jaar wees sedert Afrikaans ’n amptelike taal van Suid-Afrika geword het. Afrikaanse organisasies word genooi om by Afrikaans 100-feesvieringe betrokke te raak. Freek Robinson het met Theuns Eloff gesels oor hierdie inisiatief, oor die stand van Afrikaans, en die noodsaak van moedertaalonderrig.
Gideon Lombard, die teaterverkleurmannetjie, doen verskuiwende werk
2023-05-10"Ek voel bevoorreg dat ek die evolusie van die stuk kan aanskou, so ek soek altyd vir nuwe betekenisse. Ek moedig dit ook aan, om nuuskierig te bly oor waarmee ons besig is. Dit is immers ’n lewende medium."
Suidoosterfees 2023 en ’n onderhoud met Suzette Myburgh, een van die Jakes Gerwel Stigting se boekvroedvroue
2023-05-09"Die grootste uitdaging van die werk is om van die begin af ’n goeie rapport met die skrywer op te bou. Sonder daardie vertrouensverhouding sal ’n mentorskap nie veel kan bereik nie."
Nasionale Ordes: "Eerst gegeven en dan genomen is erger dan een dief gestolen"
2023-05-05"In ’n uiters ongewone stap is een van die land se Nasionale Ordes wat onlangs aan die joernalis Freek Robinson toegeken sou word vir sy bydrae tot die joernalistiek, onverwags teruggetrek saam met die name van twee ander Suid-Afrikaners wat saam met hom vereer sou word. Ramaphosa se kantoor het in ’n verklaring gesê hy het die onttrekking van die drie name aanvaar 'na besware van verskeie sektore van die samelewing' en op aanbeveling van die Adviesraad oor Nasionale Ordes (NOAC)."
Gekaapte kampusse
2023-05-03Freek Robinson gesels met Jonathan Jansen oor die belangrike rol van universiteite in ons samelewing en oor Jansen se boek Corrupted wat ernstige aantygings maak teen sommige instellings in Suid-Afrika.
Opdraandestryd vir onafhanklike kandidate in Suid-Afrikaanse verkiesing
2023-04-19Freek Robinson vra in hierdie onderhoud vir Michael Louis waarom hy, en ander, nie tevrede is met die veranderinge aan die Kieswet nie, wat die probleme is met die wet soos dit tans staan, en hoe sy regsgeding die OVK se werk in die wiele gaan ry, al dan nie.
LitNet Akademies Weerdink-onderhoud: Korrupsie – Thabo Bester, die Gupta-broers ... gooi ons die handdoek in?
2023-04-17"Onder geen omstandighede moet mense hulle oë vir korrupsie sluit nie. Suid-Afrikaners moet korrupsie blootlê, anders lyk die toekoms baie donker vir die land."
Leef ons werklik beter as ons voorsate?
2023-04-13Freek Robinson vra: Hoe kan Fourie beweer ons leef beter as tevore wanneer jy die agteruitgang om ons sien? En wat dink Fourie van Helen Zille se twiet waarin sy beweer dat kolonisasie vooruitgang, nie agteruitgang nie, gebring het?
In conversation with Alfred Hinkel about Stof at the Suidoosterfees
2023-04-12"Because Stof is a once-off. Dit sal nie weer opgevoer word nie."
Die Breytenbach Galery se kinder- en jeugliteratuurskryfskool: ’n onderhoud met Mia Oosthuizen
2023-04-06"Hoeveel keer daag moedelose skrywers nie by my op omdat hulle net nie sukses behaal by ander kursusse nie. Vir my en Anne-Ghrett is dit ’n absolute skande en dus het ons besluit om kragte saam te span vir ’n intensiewe skryfskool wat jou neem van storie-idee tot afgeronde manuskrip wat jy aan uitgewers kan voorlê."
Laat die gemeenskap saamstaan
2023-04-05Freek Robinson gesels met Jacques Swanepoel oor ’n inisiatief in die Waterberg om die hele gemeenskap by ’n streek se herstel te betrek ten tye van ’n natuurramp of selfs ’n scenario soos die totale ineenstorting van Eskom. Hoe en waar kry ons water? Hoe voer ons diegene wat honger is? Hoe bekamp ons misdaad?
Kopiereg, billike gebruik en kunsmatige intelligensie
2023-04-05Verskeie taalmodelle, waaronder ChatGPT, kan deesdae teks genereer op aanvraag. En verskeie toepassings, waaronder DALL·E en Midjourney, kan kunswerke skep. Waar laat dit gewone mense met die vraag oor kopiereg? Hoe raak hierdie nuwe tegnologie publikasies soos LitNet?
In conversation with Lee-Ann van Rooi about The woman who fed the dogs
2023-03-30"All characters are disturbed and have gone through trauma of some kind; only the depth varies. Nobody is born bad. What happened to her? That is why this is important."
Suid-Afrika en die Internasionale Strafhof
2023-03-28Suid-Afrika het reeds een maal die Internasionale Strafhof se bevele met die Omar al-Basjir-sage geïgnoreer. Gaan soortgelyke verontagsaming weer gebeur tydens ’n komende Brics-beraad? En indien wel, waarom? Wat sal die gevolge vir ons land wees as die regering hardnekkig weier om internasionale wette en protokolle na te kom? Hoe gaan dit ons ekonomie en ons status in die oë van die wêreld raak?
Desiré Gardner is Magda Louw by die Suidoosterfees. Ons gesels met haar.
2023-03-28"Hannes se kennis is soos die weduwee se kruik. Dit hou nooit op nie en dit raak nooit afgewater nie, so ek drink alles op soos ’n spons. Ek hou van sy eerlikheid en opregte leiding met my spel en ook my tekste."
Donkerbos en Menseregtemaand: ’n onderhoud met Nico Scheepers
2023-03-27"My verantwoordelikheid as die skrywer en regisseur is om ’n storie te vertel so goed soos ek kan, niks meer of minder nie. Die dinge wat die storie aangrypend maak, dra by tot die diskoers, maar dit is nie die uitgangspunt nie. Vertel die storie reg, laat die mense iets voel, en hulle sál lank daaroor nadink."
