Onderhoude
Interviews about topical issues
LitNet Akademies Weerdink: Bystanddood
2024-02-05Die jongste in die nuus oor bystanddood: Carol de Swardt het op 63 met bystand by Pegasos-kliniek in die Switserse dorp Liestal gesterf na ’n lang stryd met velkanker. Bystanddood is onwettig in Suid-Afrika. Wat is die opsies as ’n familielid navraag doen oor bystanddood / dit baie sterk oorweeg? Wat staan ouers te doen met betrekking tot ’n ongebore of ’n pasgebore baba met fatale defekte? Is daar deesdae groter begrip vir bystanddood in Suid-Afrika? Menán van Heerden gesels met Willem Landman oor hierdie kwessie.
Ontgroening, insouting, doop, inburgering? ’n LitNet Akademies Weerdink-onderhoud met Eduard Potgieter
2024-02-02"Moenie vashou aan geykte gebruike net omdat die old boys/girls of groot borge jou dwing nie. Wees werklik ’n agent van verandering. Daardeur sal die vloek van ontgroening gebreek word."
Reguit met Robinson: Waarom ontgroening?
2024-01-31’n Storm het losgebars op die Matie-kampus in Stellenbosch oor beweerde ontgroeningspraktyke by die Wilgenhof-manskoshuis. Freek Robinson gesels met die kliniese sielkundige Louis Awerbuck oor die sielkunde rakende algemene ontgroeningspraktyke.
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Anke van der Merwe
2024-01-30"Die ikoniese Breyten Breytenbach se Afrikaanse poësie en laatwerk, en korpuslinguistiek is die fokuspunte van my navorsing."
Power politics in the Middle East: How the global North-South divide capitalises on trauma
2024-01-26"South Africa’s case against Israel is very important and symbolic for the world. This is my opinion as someone from the global North: It demonstrates the possibility of real cosmopolitanism, the only answer to racism."
Regsopleiding, toegang en sukses vanuit ongelyke omstandighede: Leani van Niekerk praat oor inkom en deurkom
2024-01-25"Om verantwoordelikheid te neem om ’n verskil te probeer maak. Dalk goedkoper tariewe vir jou gemeenskapslede te vra, ’n regshulpkantoor op die been te bring, te help om geskille deur middel van mediasie op te los? ’n Gewilligheid om betrokke te raak in die gemeenskap, is wat die verskil kan maak."
Lei mediese studente op om entrepreneurs te word!
2024-01-23Daar gradueer elke jaar meer as 2 300 nuwe dokters by ons land se mediese skole. Daar is gewoon nie genoeg poste vir hulle almal in die staatsdiens nie. Tog weier die mediese skole om hierdie studente daarop voor te berei om entrepreneurs te wees en om privaat te werk. Angelique Coetzee gesels kaalkop hieroor met Freek Robinson.
10 punte om Suid-Afrika te red
2024-01-17Barnard Beukman het onlangs ’n plan gepubliseer om Suid-Afrika ná vanjaar se verkiesing te red. Wie moet dié planne maak? En wie gaan hulle uitvoer? Hoe gaan sy idees nou skielik uitgevoer word as die vakbonde vir 30 jaar geen opposisie toegelaat het nie? Dit is van die vrae wat Freek Robinson aan Beukman gestel het.
Hoe lyk die toekoms?
2024-01-10Gaan die volgende 25 jaar moeilik wees vir die mensdom? Sal daar teen 2050 ekologiese rampe en wateroorloë wees? Moet ons dadelik ophou vleis eet, of is die regse swaai in die globale politieke arena ’n groter gevaar vir ons toekoms? Freek Robinson vra hierdie vrae, en meer, aan André Roux, ’n toekomskundige aan die Universiteit Stellenbosch.
Wanneer slagspreuke na geweld oorgaan
2023-12-20Groot kommer heers oor die neiging van mynstakers om ander mynerwerkers gyselaar te hou onder die grond. Dit het onlangs met brutale geweld gepaard gegaan waar wit mynwerkers na bewering aangerand en verneder is. Pieter Jordaan en Dirk Herman van Solidariteit verduidelik aan Freek Robinson dat verhoudings tussen werkers goed is, ongeag ras, maar dat politiekery en die gebruik van ’n aantal slagspreuke verantwoordelik is vir ’n tendens wat die hele mynbousektor se toekoms bedreig.
Inge Engelbrecht se PhD in Afrikaans, Engels en Kaaps: ’n onderhoud
2023-12-14"Die PhD-proefskrif stem uit my master’s research oor drie coloured composers van Genadendal, die eerste mission station en Moravian mission station in Suid-Afrika. Omdat ek self in die kerk grootgeword het, was my interest spesifiek gepique deur een komponis se kerkmusiek wat my aan die rhythmic traits en syncopation van die koortjie remind het."
Goeie genade, maar dit was ’n moeilike jaar!
2023-12-13Freek Robinson sê dat 2023 as ’n moeilike jaar onthou sal word. Ondanks Cyril Ramaphosa se vele beloftes, het sy regering weinig vermag. Robinson se gas is Theo Venter, ’n politieke ontleder en toekomskundige aan die Universiteit van Johannesburg.
Pharos se nuwe Senior tweetalige skoolwoordeboek as skatkis: ’n onderhoud met Delana Fourie
2023-12-12"Woordeboeke is stabiel en word beskou as formele en blywende erkenning van taalontwikkeling en taalverandering, terwyl die internet baie meer vloeiend, soms selfs verbygaande en vlietend is. Al is woordeboeke, hetsy gedruk of aanlyn, stabiel of staties, kan hulle steeds voortdurend bygewerk word om taalontwikkeling te weerspieël."
Meet the election watchdog
2023-12-07Terry Tselane is the executive chairman of the Institute of Election Management Services in Africa (IEMSA), which will act as an election watchdog in the coming South African elections. Freek Robinson asked him to explain the role and the powers of an election watchdog. Also: Who watches the watchdog, and what would happen if the watchdog and the ruling party were to disagree on the outcome of the election?
Ink in my pen: Madri Victor praat oor manuskripontwikkeling, waarom skrywers skryf en die sin van boeke
2023-11-29"Mense kan op verskillende maniere opgebou word. Dit is goed en nodig om geprys te word, maar om uit te wys wat skort met die teks is ook ’n manier om ’n skrywer op te bou. Ek praat nou as manuskripontwikkelaar, nie as resensent nie, hoor. Wanneer ek in my hoedanigheid as ontwikkelaar of mentor uitwys hoe jy jou storie kan verbeter, is my doel om jou nuwe vaardighede te leer."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Video-opname van gesprek oor die vertalings van Faust en Reinaard die vos
2023-11-23Hierdie is ’n video-opname van Johann Rossouw se gesprek met Robert Schall en Henning Pieterse oor hul onderskeie vertalings van Faust en Reinaard die vos. Dit vorm deel van die Johann Rossouw-gespreksreeks.
Van wonderkind tot gemeenskapswerker
2023-11-23Amira Willighagen het op negejarige ouderdom die wêreld verstom toe sy Holland’s got talent (2013) gewen het met haar opera-arias. Tien jaar later woon Willighagen in Suid-Afrika. Haar stigting bou nou veilige speelplekke in ons land se townships. Vir hierdie sonderlinge werk is sy vanjaar twee keer vereer. Sy gesels, in Afrikaans, met Freek Robinson oor haar werk, haar talente en haar toekoms.
Mein Berlin: ’n onderhoud met Deon Maas
2023-11-21“Ek het van al my wêreldse besittings ontslae geraak en na ’n nuwe kontinent, nuwe land, en nuwe stad getrek. Ek word konstant gestimuleer deur nuwe invloede. Daar is geen ritme in my lewe nie, en alles is nuut.”
On land, constitutional law and social justice | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-11-02This conversation on land, constitutional law and social justice took place at the Etienne van Heerden Veldsoirée 2023. Tembeka Ngcukaitobi is a member of the South African Law Reform Commission (SALRC) and an acting judge at the Land Claims Court.
Festival voor het Afrikaans 2023: Amanda Strydom sê "Afrikaans is springlewendig in al sy vorme"
2023-11-01"Ek wil bevestig dat die Afrikaanse taal springlewendig is in al sy vorme – dat die brug tussen Nederlands en Afrikaans steeds sterk staan. Nederlands is die oermoeder van Afrikaans. Voeg daarby die talle tonge wat Afrikaans praat, soos die digter/rymkletser/sanger Frazer Barry en sy vrou Deniel wat ook by die Festival gaan optree."
