Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Apatiese kiesers kan Suid-Afrika red, mits hulle stem

Freek Robinson, Pieter Groenewald Onderhoude 2023-08-22

Freek Robinson sê kenners dink 35% van die stemme is ’n meer haalbare totaal vir hierdie groep partye. Die 51% waarop gehoop word, sou dan ’n hersenskim wees. Pieter Groenewald sê dit is hoekom die apatiese kiesers moet wakker skrik. Die ANC regeer tans met slegs 27% van die kiesers se steun, al het hulle meer as 50% van die setels in die parlement.

Taxi violence – who is to blame?

Freek Robinson, Geordin Hill-Lewis Interviews 2023-08-17

Santaco has now approached the court to challenge the legality of taxis being impounded, something which the mayor of Cape Town, Geordin Hill-Lewis, seems to welcome. Freek Robinson asked Hill-Lewis: Why now? And what next?

Achille Mbembe: "Om die demokrasie aan die hand van die lewende te heruitvind" (uit die Frans vertaal deur Johann Rossouw)

Séverine Kodjo-Grandvaux, Achille Mbembe, Johann Rossouw Onderhoude 2023-08-16

"Mense was nog altyd ’n bietjie meer as bloot mens. Dieselfde geld objekte wat nog altyd ’n bietjie meer as bloot werktuie was. Dit is wat die animistiese Afrika-denke ons van altyd af leer."

"Wees geduldig, maar wees braaf": Anton Kannemeyer se raad aan jong kunstenaars

Jannike Bergh, Anton Kannemeyer Kuns 2023-08-11

"Afrikaners het van nature ’n innerlike begrip vir verset. Altans die tipe Afrikaners wat ek altyd interessant gevind het." Anton Kannemeyer gesels oor Bitterkomix 19, sy solo-uitstalling binnekort by die Toyota US Woordfees, uitdagings vir jong kunstenaars en die kuns van verset in ’n nuwe swygkultuur.

Is Vrouedag relevant?

Freek Robinson, Amanda Gouws Onderhoude 2023-08-09

Moet ons nog Vrouedag vier? Vaar Suid-Afrika goed met vroueregte sedert die totstandkoming van ons demokrasie? Het feminisme nog ’n plek in ons samelewing? Wat van die transgesprek? En die woke-beweging? Waar pas geloof in hierdie prentjie? Amanda Gouws neem Freek Robinson deur hierdie vrae, en vele meer.

LitNet se Kommadagga-slypskool in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting en Huisgenoot: ’n onderhoud met Fourie Botha

Naomi Meyer, Fourie Botha Slypskole 2023-08-07

"Skryf is ’n werkwoord. Wanneer ’n mens op ’n fiets klim, word jy ’n fietsryer; stap jy by ’n prokureursfirma in, is jy ’n kliënt. Meld jy by die Paulet Huis aan, kyk die mense daar vir jou soos ’n mens na ’n skrywer kyk en moet jy na jouself as ’n skrywer kyk. Jy het opgedaag om jou job te doen, en soos by enige werker is daar ’n doel voor oë."

’n Koalisiewaghond?

Freek Robinson, Erwin Schwella Onderhoude 2023-08-03

Aangesien ’n nasionale koalisieregering moontlik ná die volgende verkiesing sal moet regeer, sal Suid-Afrika moet voorbereidings tref om te verseker dat die huidige chaos nie aanhoudend herhaal sal word nie. Het ons dalk ’n Artikel-9-koalisiewaghond nodig? Indien wel, hoe sou so ’n instansie lyk? Indien nie, watter ander moontlikhede is daar?

Jean’s Hill: ’n onderhoud met Henry Cloete

Naomi Meyer, Henry Cloete Musiek 2023-08-02

"Die lekker ding van woordloosheid (en taalloosheid, uiteraard) is dat bykans enigiemand in die wêreld aanklank daarby kan vind (indien hulle daarvan hou … ek maak geen beloftes of aannames hieroor nie), so dit is ook ’n interessante nuwe rigting om te verken."

Die vlinder en die draak

Freek Robinson, Anthoni van Nieuwkerk Onderhoude 2023-07-26

Ons bied binnekort die Brics-beraad aan en Cyril Ramaphosa het die ander Afrikalande genooi om dit by te woon. Maar wat van China? Gaan ons hier in Afrika tevrede moet wees met ’n Chinese leierskapstyl van geen demokrasie nie? Moet ons bereid wees om die Chinese geldeenheid te omarm?

Grootste projek nog oor Afrikaans se variëteite

Freek Robinson, Elvis Saal, Wannie Carstens Onderhoude 2023-07-19

Waar kom Afrikaans vandaan? Wie het dit die eerste keer gepraat? Moet Kaaps gestandaardiseer word? Onderwysers wat insae het in die onderrig van Afrikaans se variëteite, neem asseblief kennis: Die navorsers wil graag van julle hoor!

 

Almal verloor as vragmotors brand

Freek Robinson, Juanita Maree Onderhoude 2023-07-12

Juanita Maree, bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vragversendingsvereniging, verduidelik aan Freek Robinson watter gevolge die sluiting van een van ons nasionale hoofweë op die hele land se ekonomie het.

Renewable energy and cleaner fossil fuels

Freek Robinson, Karen Surridge Interviews 2023-07-06

Why are electric cars not the solution to South Africa’s problems right now? Is "cleaner coal" not an oxymoron? Are we doing enough to bring renewable energy into our grid? Are we going to be able to end loadshedding one day?

Freek Robinson ontvang Silwerskermfees-toekenning vir lewensbydrae as joernalis

Naomi Meyer, Freek Robinson Onderhoude 2023-07-04

"Dit was ’n adrenalien rush. Dit was ook die eerste keer dat mense wat onder apartheid uitgesluit was van die politiek, die kans gekry het om openlik en vry in die openbaar op TV oor hulle standpunte te redeneer."

Die alternatief vir die regering se grondfiasko?

Freek Robinson, Lennox Plaatjies Onderhoude 2023-06-29

Freek Robinson gesels met Lennox Plaatjies, die nasionale skakelbeampte vir SA PALS. Bied hierdie soort vennootskap tussen boere en die openbare sektor ’n alternatief vir die regering se grond- en nou ook waterwetgewingfiasko?

An interview with Nina Schumann

Izak de Vries, Nina Schumann Interviews 2023-06-27

What are Nina Schumann’s dreams? Izak de Vries asked her that, and a few other questions.

Laat die sakesektor toe om die werk te doen!

Freek Robinson, Jannie Durand Onderhoude 2023-06-22

Soos oral, wil die regering inmeng, maar die staatsorgane werk nie. Laat die sakesektor toe om die werk te doen, maar ondersteun ons dan, is Durand se pleidooi.

Die Titan-dompeltuig: ’n gesprek met geskiedenisprofessor en skeepsvaartkundige, André Wessels

Naomi Meyer, André Wessels Onderhoude 2023-06-21

"Staal kan redelik lank onder die water behoue bly, maar die Titanic is stadig maar seker besig om te verweer as gevolg van korrosie en organismes wat dit 'opvreet'."

Nou is voedselsekerheid in gedrang

Freek Robinson, Theo de Jager Onderhoude 2023-06-14

Geen boer sal skuld aangaan om nuwe gewasse te plant as hulle 75% van hulle regte moet weggee nie. Meer nog, hierdie wetgewing gaan nie nuwe swart landbouers skep nie. Al wat sal gebeur, is dat mense met goeie politieke konneksies nog ryker gaan word en armes verder gaan krepeer. Kos gaan skaarser word.

The AVBOB Poetry Project helps thousands of Karoo learners

Izak de Vries, Melina Smit Interviews 2023-06-09

"As they like to ask in business: is it scalable? Yes, the desired outcomes are hugely scalable."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud met Louise Cilliers oor vertalings uit Grieks

Johann Rossouw, Louise Cilliers Onderhoude 2023-06-08

In die eerste aflewering van die Johann Rossouw-gespreksreeks, praat Johann Rossouw met Louise Cilliers oor Van Alexandrië na Ithaka, gedigte uit Grieks vertaal. Die video is professioneel deur Chris Vorster en sy assistent van die drama-departement by die Universiteit van die Vrystaat opgeneem en geredigeer.

Top