Onderhoude
Interviews about topical issues
Het Suid-Afrika die EFF verwerp?
2023-03-23Hoe hoog is die revolusionêre temperatuur in Suid-Afrika? Freek Robinson gesels met Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.
Kopiereg en billike gebruik vir leke
2023-03-23Wat is kopiereg? Hoekom is daar iets soos kopiereg? Mag ek iemand se kiekies op die sosiale media deel? Mag ek ’n gedig met WhatsApp na ’n vriendin stuur? En wat van billike gebruik? LitNet het by Catrina Wessels, ’n kopieregkonsultant en literêre agent, gaan aanklop.
Om ’n huis te kan koop
2023-03-15Hoekom trek soveel mense na die Wes-Kaap? Is huise in die Wes-Kaap te duur? Wat is deesdae belangriker as jy huis koop: sekuriteit of sonkrag? Wat gaan met die huismark gebeur as die EFF hulle hande op die regering kry? En wat van almal wat nie huise kan bekostig nie? Freek Robinson gesels met Erwin Rode, ’n eiendomswaardeerder en -konsultant.
MK: ’n musiekkanaal wat grense verskuif het
2023-03-09"MK het deur bemarking en sosiale navorsing gehelp om ’n ruimte te gee vir die Calvinistiese waardes waarmee ons grootgemaak is, maar ook om dit uit te daag en die grense te bevraagteken."
Mercia Coetzee se ruimtelike blik op Karel Schoeman en Ria Winters
2023-03-08"Min ander skrywers motiveer my om paragrawe uit boeke aan my diere voor te lees net omdat dit so ongelooflik geskryf is." Mercia Coetzee gesels oor haar en Henning Pieterse se navorsing oor ruimtelike elemente in die werk van Karel Schoeman en Ria Winters.
Hoe kan ’n onafhanklike kandidaat ’n verskil maak in die parlement?
2023-03-08Freek Robinson wou by Zackie Achmat weet hoekom hy parlement toe wil gaan om van daar teen korrupsie te veg, hoe ’n onafhanklike kandidaat ’n verskil sou kon maak en hoekom hy homself ’n kampvegter vir Afrikaans noem.
Afrikaans se digitale toekoms: ’n onderhoud met Wannie Carstens en Roné Wierenga
2023-03-07"Die huidige behoefte is egter om oorhoofse koördinering van die bestaande en nuwe projekte om sodoende duplisering te voorkom en samewerking te bewerkstellig. ... As die saampraat en saam beplan nie gebeur nie, sal ons voortploeter op dieselfde oneffektiewe en ongekoördineerde ad hoc-patroon van tans. ... Ons nooi daarom graag instansies om ons te kontak met die oog op samewerking in die toekoms."
Hoe kan Suid-Afrikaners prakties gesproke saamstaan en saamwerk?
2023-03-03Betereinder deur Schalk W van Heerden is ’n menslike gids oor hoe om te floreer in Suid-Afrika. Hy gesels ook met Freek Robinson oor sy niewinsgewende organisasie Betereinders.
NALN word 50! Mylpaal en LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus
2023-03-03Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), wat hom toewy aan die behoud en bevordering van Afrikaanse woordkuns, is vanjaar ’n halfeeu oud! Menán van Heerden gesels met die kurator van NALN, Wyno Simes, oor hierdie mylpaal, en met Burgert Senekal, navorsingsgenoot by die Universiteit van die Vrystaat, oor die LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus.
Stephanus Muller praat met Lizabé Lambrechts, uitvoerende bestuurder van Nuuseum
2023-03-01"My PhD het die prosesse ontbloot waarvolgens argiewe geskep word, prosesse wat beïnvloed word deur die mandaat van instansies, die persoonlike ideologieë van argivarisse, en sosiale en ekonomiese faktore."
isiXhosa: an interview with Tessa Dowling
2023-02-28During International Mother Tongue Language Month, Tessa Dowling talks about her love and teachings of the Xhosa language. "I was captivated by the superb sound of Xhosa and the absolute grammatical sense that it made to me! Its power to connect me to people."
Die klimaatstelsel het reeds verander, volgens klimaatkundige
2023-02-24Freek Robinson gesels met klimaatkundige Francois Engelbrecht (Universiteit van die Witwatersrand) oor klimaatsverandering op ’n plaaslike en globale vlak, die wetenskap van klimaatsverandering, en die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering.
Poësie as ’n proses eerder as ’n voltooide produk: ’n onderhoud
2023-02-24"Ons word van die een oomblik na die volgende blootgestel aan nuwe verbindings en verhoudings en ervarings, daarom is ons voortdurend besig om anders te word."
Een jaar van oorlog: Ons gesels met Eben Viktor in Oekraïne
2023-02-24Dit is ’n jaar sedert Rusland Oekraïne ingeval het. Ons gesels met Eben Viktor in Oekraïne.
NG Kerk reik uit oor grense
2023-02-09Freek Robinson gesels met Jan Lubbe, voorsitter van die NG Kerk Vrystaat se sinode, en Akash Sirpal van The Reformed Church in Africa (RCA), oor die onlangse vergadering in Bethlehem tussen die Gereformeerde Kerke en hul samewerking.
Can South Africa be rebuilt?
2023-02-02Freek Robinson interviews Songezo Zibi, author of Manifesto: a new vision for South Africa (2022), about the current political situation and his view on how South Africa can be turned around.
2022: Die (on)verkwiklike jaar van Trompie en kie
2023-02-02Sal 2022 werklik onthou word as die jaar van Trompie en jeugboekkarakters? Hoor wat sê die akademici en kommentators wat by die storm oor kinder- en jeugliteratuur in 2022 betrokke was of die polemiek fyn dopgehou het.
Boerdery en beurtkrag
2023-01-27"As daar nie kos is nie, dan val jou hele ekonomie plat." Freek Robinson gesels met Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, oor voedselsekerheid in Suid-Afrika.
Van monumente gepraat …
2023-01-26"Die uitdaging is dus om Afrikaans te handhaaf, byvoorbeeld in skole en by universiteite waar die voertaal Afrikaans is. As Afrikaanssprekendes nie hul taal gaan handhaaf nie, gaan niemand dit vir hulle doen nie."
Power crisis: Will Cape Town go completely off the Eskom grid?
2023-01-17Will other metros follow the Mother City's example? Freek Robinson interviews Geordin Hill-Lewis, the mayor of Cape Town.
