André Wessels, senior emeritus professor en navorsingsgenoot in geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat en skrywer van A century of South African naval history, praat met Naomi Meyer oor die Titan-dompeltuig met vasgekeerde sakemanne wat op die oomblik in die nuus is.
André, jy het al baie navorsing oor bote, skepe en seevaartuie gedoen en boeke hieroor geskryf. Op die oomblik is ’n dompeltuig op pad na die Titanic se wrak onder die see vasgekeer. Eerstens: Wat is die verskil tussen ’n duikboot en ’n dompeltuig?
’n Duikboot is ’n redelik groot vaartuig, hoewel ’n mens ook dwergduikbote en miniduikbote kry. ’n Duikboot is tradisioneel ’n vlootvaartuig, en is bewapen met torpedo’s, missiele en/of seemyne. Dit kan ook vir verkenning gebruik word. Dompeltuie / onderwater vaartuie kan vir soektogte, navorsing en eksperimente gebruik word. En deesdae ook vir toerisme.
Wat is die geskiedenis van die duikboot, sommer net in breë trekke?
..........
Leonardo da Vinci het reeds sketse van onderwatervaartuie gemaak, en deur die eeue heen was daar allerlei eksperimente.
...........
Leonardo da Vinci het reeds sketse van onderwatervaartuie gemaak, en deur die eeue heen was daar allerlei eksperimente. In die Amerikaanse Burgeroorlog het die Konfederale magte ’n oorlogskip van die Noorde met ’n tipe duikboot gekelder. Moderne duikboottegnologie dateer terug tot ongeveer die einde van die 19de eeu. Duikbote is tydens die Eerste Wêreldoorlog vir die eerste keer op groot skaal gebruik en dit het tydens die Tweede Wêreldoorlog voortgegaan. Nie net die Duitsers het suksesse behaal nie, want in die Stille Oseaan het die VSA-duikbote ook baie Japannese skepe gekelder.
..........
Moderne duikboottegnologie dateer terug tot ongeveer die einde van die 19de eeu. Duikbote is tydens die Eerste Wêreldoorlog vir die eerste keer op groot skaal gebruik en dit het tydens die Tweede Wêreldoorlog voortgegaan.
............
Dit gryp eintlik mens se verbeelding aan dat die Titanic se wrakstukke nog onder die see op die seebodem begrawe is. Waarom sou dit wees? Nou, op hierdie stadium?
Staal kan redelik lank onder die water behoue bly, maar die Titanic is stadig maar seker besig om te verweer as gevolg van korrosie en organismes wat dit “opvreet”.
Is die seebodem as ’t ware ’n skrootwerf van baie ander bote en skepe? Wat is die redes en reëls en praktiese reëlings rondom bote wat onder uit die see gehaal of verwyder word?
.............
Daar is derduisende skeepswrakke op die seebodem oor die hele wêreld heen. Dink maar net aan al die skepe wat tydens die twee groot Wêreldoorloë van die 20ste eeu wêreldwyd gekelder is – 133 ook binne 1 000 seemyl vanaf Suid-Afrika se kus.
.............
Daar is derduisende skeepswrakke op die seebodem oor die hele wêreld heen. Dink maar net aan al die skepe wat tydens die twee groot Wêreldoorloë van die 20ste eeu wêreldwyd gekelder is – 133 ook binne 1 000 seemyl vanaf Suid-Afrika se kus. Wanneer bemanningslede aan boord gesterf het, is die wrak ’n oorlogsgraf en mag dit nie versteur word nie. Nou onlangs is uitgevind dat skrootmetaalwerkers besig was om staal vanaf Geallieerde skeepswrakke in die Verre Ooste te berg – tot groot ontsteltenis van enigiemand wat in geskiedenis belangstel en wat glo dat die gestorwenes – van alle partye – gerespekteer moet word.
Ek het oor die geskiedenis van duikbote gevra, en dink nou oor die toekoms. Wat is nuwe ontwikkelings wat hier aan die gebeur is?
..........
Dit is van die uiterste belang dat die Suid-Afrikaanse Vloot ons drie Tipe 209-duikbote sal behou en behoorlik in stand sal hou.
.............
Daar is sommige wat sê dat die dae van duikbote getel is, en dat dit deur onbemande/outonome vaartuie vervang sal word, maar die VSA en Brittanje bou nuwe reusekernduikbote wat met interkontinentale ballistiese missiele toegerus sal word. Australië gaan binne die volgende dekade kernaangedrewe duikbote bekom, en talle ander lande beplan om konvensionele duikbote aan te skaf. Dit is van die uiterste belang dat die Suid-Afrikaanse Vloot ons drie Tipe 209-duikbote sal behou en behoorlik in stand sal hou.
Lees ook:
Skepelinge: Aanloop tot ’n roman deur Karel Schoeman: ’n resensie
A century of South African naval history: ’n onderhoud met André Wessels
Die vlugtelinge in Europa: hoop en vrees ná die Sylvester-nag in Keulen
Koninklike slaapplek vir vlugtelinge, skoon energie, musiek en motorongelukke


