André Wessels

André Wessels is op 5 November 1956 in Durban gebore. Hy het in 1974 aan die Hoërskool Port Natal gematrikuleer en vervolgens vanaf 1975 tot 1979 voltyds aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (UOVS) studeer. Hy het die grade BA en BA Honneurs (Geskiedenis), asook ’n nagraadse Hoër Onderwysdiploma almal met lof verwerf. Terwyl hy in 1980 en 1981 twee jaar verpligte militêre diensplig verrig het, en ook toe hy in 1982 en 1983 as onderwyser aan die Hoërskool Kuswag in Amanzimtoti gewerk het, het hy deeltyds verder aan die UOVS studeer, en in 1982 ’n MA-graad in Geskiedenis met lof verwerf. Vanaf 1984 tot 1987 het hy as navorser in die Instituut vir Geskiedenisnavorsing by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) in Pretoria gewerk, en in 1986 verwerf hy ’n DPhil-graad in Geskiedenis aan die UOVS.

In 1988 is André as lektor in die Departement Geskiedenis aan die UOVS aangestel. Hy is in 2002 tot professor bevorder en in 2007 tot senior professor. Vanaf einde-2006 tot begin-2018 was hy hoof van die Departement Geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). Hy het aan die einde van 2021 afgetree, maar sit sedertdien sy verbintenis met die UV voort in sy nuwe hoedanigheid as navorsingsgenoot.

André was redakteur van die Joernaal vir Eietydse Geskiedenis vanaf 2007 tot 2014 en het ook op ’n aantal ander redaksies gedien. Hy is die skrywer of medeskrywer van meer as 120 geakkrediteerde akademiese artikels, meer as 80 ander artikels, 180 boekresensies en 20 hoofstukke in boeke; en die skrywer, medeskrywer of redakteur van elf boeke. Sy navorsing fokus op 20ste-eeuse Suid-Afrikaanse militêre geskiedenis, met die klem op die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) en Suid-Afrika se gewapende magte, in die besonder die Vloot. Hy het egter ook al oor aspekte van kultuurgeskiedenis en ander onderwerpe gepubliseer.

André het meer as 110 referate by konferensies in Suid-Afrika en in die buiteland gelewer, en was ’n gasdosent by Suid-Afrikaanse en buitelandse universiteite. Vanaf 2009 tot 2021 was hy ’n Besoekende Genoot aan die Australian Defence Force Academy in Canberra, en sedert 2018 neem hy waar as Ere-Kolonel van die Pantserskool, Tempe, in Bloemfontein. Hy is met Danila getroud en het drie stiefdogters.

The organisational transformation of the Orange Free State military forces in the period October 1899 to July 1900

Jaco de Bruin, André Wessels Academic research 2025-07-10

"Proceeding from the assumption that the organisational transformation of any country’s military forces must take place in an orderly fashion, and must thus also be in line with existing laws, it is the purpose of this article to ascertain to what extent, and in which ways, the October 1899 structure of the Orange Free State’s armed forces was changed in the months following the outbreak of the Anglo-Boer War ..."

Die organisatoriese transformasie van die Oranje-Vrystaatse krygsmag in die periode Oktober 1899 tot Julie 1900

Jaco de Bruin, André Wessels LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-07-10

"Die posisie en rol van range soos die Vrystaat se staatspresident, hoofkommandante, assistenthoofkommandante en veggeneraals word bespreek. Toepaslike wette en die gepaardgaande regsimplikasies word ook ontleed."

Vertellings uit die vergetelheid: Die opkoms en val van Bophuthatswana, 1977–1994 deur Danie Schoeman: ’n lesersindruk

André Wessels Lesersindrukke 2024-06-11

"Vertellings uit die vergetelheid: Die opkoms en val van Bophuthatswana na 1977–1994 is in ’n leesbare styl geskryf, bevat talle grafieke, tabelle en foto’s, en ontruk inderdaad ’n stuk (grootliks) vergete (en gediskrediteerde) geskiedenis aan die vergetelheid."

Die Titan-dompeltuig: ’n gesprek met geskiedenisprofessor en skeepsvaartkundige, André Wessels

Naomi Meyer, André Wessels Onderhoude 2023-06-21

"Staal kan redelik lank onder die water behoue bly, maar die Titanic is stadig maar seker besig om te verweer as gevolg van korrosie en organismes wat dit 'opvreet'."

A history of South Africa: from the distant past to the present day, onder redaksie van Fransjohan Pretorius: ’n resensie

André Wessels Resensies 2022-07-11

"Hierdie omvangryke en goed versorgde publikasie slaag op voortreflike wyse daarin om die komplekse en omstrede geskiedenis van Suid-Afrika in perspektief te plaas."

A century of South African naval history: ’n onderhoud met André Wessels

Naomi Meyer, André Wessels Skrywersonderhoude 2022-05-04

"Vir baie Suid-Afrikaners is die see (behalwe as vakansiehou- en swemplek) ongelukkig steeds ’n 'ander land' (met apologie aan Karel Schoeman, wat ek hier uit konteks aanhaal), en deur middel van my publikasies poog ek om groter bewustheid te kweek ten opsigte van die waarde en betekenis van die see in ons geskiedenis; trouens, vir ons voortbestaan. En dus ook die belangrikheid van ons Vloot."

Geskiedskrywing in die "Nuwe Suid-Afrika" – om te vergewe sónder om te vergeet

André Wessels Seminare en essays 2022-02-10

André Wessels lewer verslag oor die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se simposium oor geskiedskrywing in die "Nuwe Suid-Afrika" wat in Januarie 2022 plaasgevind het.

Eerste daar deur WS van der Waals: ’n lesersindruk

André Wessels Lesersindrukke 2021-07-21

"En wat ’n ongelooflik interessante loopbaan in uniform het daar nie gevolg nie! Gelukkig het Van der Waals sy herinneringe opgeteken, en met die oog op die herdenking van sy geboortedag 80 jaar gelede is sy outobiografie in 2021 gepubliseer."

Bloemfontein as military headquarters in the second half of the 19th century, with special reference to the Reitz era, 1889–1895

Marianna Botes, André Wessels Academic research 2021-05-28

"The article clearly shows that although the OFS’s State Artillery was gradually expanded in the course of the second half of the 19th century and all the state’s presidents, including F.W. Reitz, took a keen interest in the defence of the OFS, it did not save the Boer republic from British conquest in 1900."

Bloemfontein as militêre setel in die tweede helfte van die 19de eeu, met spesiale verwysing na die Reitz-tydperk, 1889–1895

Marianna Botes, André Wessels LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-05-28

"Die OVS se militêre voorbereidings onder leiding van die Reitz-regering, en daarna dié van die Steyn-regering, was dus nie voldoende om die OVS (en dus ook Bloemfontein as regeringsetel) uit die kake van die Britse Ryk te red nie. Dit het egter nie eerloos vir die OVS afgeloop nie."

Roman North Africa: Environment, society and medical contribution deur Louise Cilliers: ’n resensie

André Wessels Resensies 2021-05-04

"Kennis van die Klassieke tale, geskiedenis en kulture verryk en verruim ’n mens se leefwêreld. Dit plaas van ons eietydse vraagstukke in historiese perspektief, en verskaf insig op talle terreine. Die Romeins-Hollandse regstelsel het immers ook aan die suidpunt van Afrika ’n voetspoor gelaat, en van die tale wat in Suid-Afrika gepraat word, is direk of indirek deur Latyn beïnvloed."

Ons was daar: Sektor 20 & 70 deur Johan van Wyngaard: ’n resensie

André Wessels Resensies 2020-12-22

"Hoewel die boek nie akademies-wetenskaplik nagevors is of aangebied word nie, sal die ernstige navorser wel inligting in die boek kan uitsnuffel wat nêrens anders te vinde is nie. Die persoonlike herinneringe van talle rolspelers wat in die boek opgeteken is, is op sigself ook waardevol."

Resensie: Move the border: A history of the greatest battles of the Angolan Border War 1966–1989 deur Marius Scheepers

André Wessels Resensies 2020-08-03

"Nieteenstaande die kritiek wat hier en daar hier bo uitgespreek is, lewer Marius Scheepers se Moving the border: A history of the greatest battles of the Angolan Border War 1966–1989 sonder enige twyfel ’n bydrae tot die beter verstaan van die sogenaamde Grensoorlog en is dit ’n belangrike toevoeging tot die Grensoorlog-historiografie."

Skepelinge: Aanloop tot ’n roman deur Karel Schoeman: ’n resensie

André Wessels Resensies 2017-12-06

"Maar soos wat die geskiedenis ’n debat sonder einde is en geen skryfwerk dus eintlik ooit voltooid is nie, moet die leser ook hier self die roman verbeeld, die legkaart voltooi, die karakters verder uitbou, en ook onthou dat ons ’n noue band met die see het."

Die oorlogsherinneringe van P.H. Roux: verontskuldiging of ’n juiste verklaring van die oorgawe in Julie 1900?

Jaco de Bruin, André Wessels LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-04-17

Jaco de Bruin en André Wessels ontleed die oorlogsherinneringe van een van die hoofkarakters in die drama wat in die Brandwaterkom ontvou het met oorgawe van hoofkommandant Marthinus Prinsloo en meer as 4 000 burgers gedurende die Anglo-Boereoorlog.

Top