China is besig om sigself al hoe duideliker as ’n wêreldleier te vestig. Selfs Poetin se besluit om nie na Suid-Afrika te kom nie, het na bewering ná ’n gesprek met die Chinese leier gebeur.
Wat beteken dit vir Suid-Afrika?
Ons bied binnekort die Brics-beraad aan en Cyril Ramaphosa het die ander Afrikalande genooi om dit by te woon. Daar is geen twyfel dat Suid-Afrika soos ’n skoenlapper wil wees nie, sê Anthoni van Nieuwkerk aan Freek Robinson. Ons wil die Globale Ooste met die Globale Weste verbind, en ons wil ook die Globale Noorde bewus maak van die Globale Suide. Meer nog, Ramaphosa sien homself as ’n Afrikaleier wat vir Afrika in die bresse wil tree.
Maar wat van China?
- Gaan ons hier in Afrika tevrede moet wees met ’n Chinese leierskapstyl van geen demokrasie nie?
- Moet ons bereid wees om die Chinese geldeenheid te omarm?
- Wanneer gaan ons regering sy buitelandse beleid opskerp?
- Dalk selfs nóg belangriker: Wanneer gaan een van ons opposisiepartye eendag ’n buitelandse beleid ontwikkel?
Lees ook op LitNet Akademies:
China se Gordel-en-pad-inisiatief (Belt and Road Initiative, BRI): Die vroeë invloed op Afrika
Amerikaans-Chinese wedywering: ’n Sistemiese en teoretiese ontleding
Die toekoms van Taiwan: strategiese realiteite en die kernwapenopsie
Kyk en lees ook op LitNet:
’n Juridiese evaluering van Suid-Afrika se lidmaatskap van die Internasionale Strafhof

