Reguit met Robinson: Trump, Israel en Iran
2025-06-25Die Navo-spitsberaad vind tans in Den Haag, Nederland plaas terwyl groot spanning in die Midde-Ooste heers ná Israel se aanvalle op Iran en Amerika se bombardering van Irannese kernaanlegte. Boonop het Iran uit weerwraak die Amerikaanse basis in Katar met missiele bestook. Freek Robinson bespreek dié plofbare situasie met politieke ontleder Anthoni van Nieuwkerk.
Europa + Zelenski, Trump en Poetin
2025-03-05Dit is tans ’n baie gevaarlike tyd in die internasionale politiek, aldus politieke ontleder Anthoni van Nieuwkerk. Hy bepleit ’n terugkeer na sogenaamde outydse diplomasie.
Is daar ’n nuwe wêreldorde op pad?
2024-11-13Gaan Donald Trump die VSA onttrek uit die demokratiese instellings soos die Verenigde Nasies en Navo? Gaan hy wel invoertariewe verhoog en so inflasie verder opjaag? Wat gaan Elon Musk in die Amerikaanse parlement doen? Gaan Trump vir Poetin ondersteun, of juis nie? Wat hou ’n insulêre VSA vir Afrika in?
Die vlinder en die draak
2023-07-26Ons bied binnekort die Brics-beraad aan en Cyril Ramaphosa het die ander Afrikalande genooi om dit by te woon. Maar wat van China? Gaan ons hier in Afrika tevrede moet wees met ’n Chinese leierskapstyl van geen demokrasie nie? Moet ons bereid wees om die Chinese geldeenheid te omarm?
Phala Phala: Gaan Ramaphosa die pyp rook?
2022-12-07Met die ANC-kieskonferensie om die draai en na aanleiding van Ramaphosa se versoek aan die Konstitusionele Hof, gesels Freek Robinson met Anthoni van Nieuwkerk, professor in internasionale en diplomatieke studies (Unisa), oor die jongste politieke krisis.

