Die alternatief vir die regering se grondfiasko?

  • 1

Die organisasie Vennote in Agri-Grondoplossings, beter bekend as PALS (Partners in Agri Land Solutions), is in 2015 as Witzenberg PALS (NPC) in Ceres gestig deur boere in vennootskap met plaaslike gemeenskappe en al drie regeringsfere.

Bied hierdie soort vennootskap tussen boere en die openbare sektor ’n alternatief vir die regering se grond- en nou ook waterwetgewingfiasko?

Freek Robinson gesels met Lennox Plaatjies, die nasionale skakelbeampte vir SA PALS.

Robinson wou by hom weet:

  • Stem hy saam met Julius Malema dat die grond van swart mense gesteel is?
  • Is daar genoeg grond in die hande van swart mense?
  • En is daar ’n alternatief vir die regering se katastrofale mislukkings wat grondhervorming betref?
  • 1

Kommentaar

  • Geen grond is gesteel nie. Daar is baie grond in die hande van die staat wat aan die swart mense oorgedra kan word. Daar is ook alreeds baie swart mense wat grond besit. Die regering kan die grond wat die staat verkry het aan die swart mense oordra wat hulle beloof het om te doen en wat die voorwendsel was om die grond te verkry in die eerste plek. Die katastrofe is deur die regering geskep. Die staat weier egter om dit te doen.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top