Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Jou woord teen myne!
2021-07-26"Jy sê sy het gevra daarvoor,
maar wat as sy net iets wou optel by die poskantoor?
Jy sê dit was haar eie skuld,
maar wat as sy haarself maar net in die gemak van haar eie tuiste kon bevind?"
Mag ek?
2021-07-26"hemelligte bottel
vir later se oordenking
as dit voel of seerkry
jou stukkend pluk"
My eie krake
2021-07-26"Ek val deur my eie krake
van my onvermoë
om te kan verstaan
waaroor lewe en dood gaan"
My emmer loop oor
2021-07-26"en by geboorte almal leeg
maar met tyd loop hy oor
nuwe kennis spoel weg
net toeka se dinge bly oor"
Formule van ’n siel
2021-07-21"uiterlike verpakking in ’n vertoning van mens
of die doen wat alle bewegings meganiseer,
’n polsende deeltjie van ’n atoom
gedurig in ’n oorlog met homself"
Covid
2021-07-21"jou hemp lê nog onder die kussing
jou hond langs die bed
jou horlosie langs die wasbak
maar wáár is jy"
As ek so struikel
2021-07-21"As ek so struikel
tussen leë woorde
tussen oorvol gevoelens
langs my weggesteekte wete"
Beroerte
2021-07-15"die dag toe hy gebreek het
het stukkies van sy glasgesig
in sy pantserkas bly lê
sy voorkoms is ’n ewebeeld"
Terugblik
2021-07-15"Ek het wel een agtemarag
aan jou ma se deu geklop
met blomme in my hand
en jou favourite chocolates
Hoe kon ek daavan vegiet?"
Deur my snikke
2021-07-06"jou Facebook-profiel
word ’n oop wond
met trooswoorde
en lewende getuies"
aan die oewers
2021-07-06"daar was ’n tyd toe die bome vlam
gevat het in die namiddag en die blare
gebewe het met die wete
dat die mooiste seisoen sy
roes afwas"
As jy waarheid bespot
2021-06-30"Ek vat waarheid saggies
sit dit veilig neer
langs my verwonde gewete
want dit was die weg"
Aan die ander kant van die debat
2021-06-30"Lewe? Dood
’n debat wat net die dood kon wen:
My pa is dood."
Sproeireëntjie
2021-06-22"die troebel weer van Swartfoloos
en nartjies om my heen
weet ek hoe ’n man kan soek na troos."
Mag ek?
2021-06-09"ek wil vir jou die sterre
een vir een gaan pluk
om te koester en vas te hou
dit bottel vir geluk"
Ontvlugting
2021-06-08"arms gevou
kop omlaag
gesig sonder uitdrukking
haar binneste ’n oseaan
vol opgekropte seer"
