
Foto: Canva.com
Desember
Desember
by die see
laataand
lê ons saam
op die bed
ek lees ’n storie
vir jou
ek hoor hoe
die slaap
jou kom haal
langs my
styf teenaan my
onder die kombers
jy’s veilig
jy’s warm
jy’s naby
ek maak my oë toe
sê stil dankie
raak bewus
van hierdie goue oomblikke
my kleivoete ten spyt
is ek begenadig
is ek ryk
het ek oorvloed
ontbreek niks my nie
dis die laaste gedagte
wat deur my kop gaan
voordat ek vir laas
die storieboek neersit
die slaap
my ook vind
en kom haal


Kommentaar
Ag Willem so mooi. Jy is soos hulle dit in Engels uitdruk baie gifted!!! Groete Peter
'n Pragtige gedig oor pa en dogter.
Welgedaan!
'n Voorreg om as ouer en kind saam storie te kan lees en dan rustig saam deur die slaap oorval te word. Mooi verwoord.
UITSTEKEND.
Hoe kan toegelaat word dat Afrikaans onderdruk word, wanneer daar nog soveel is, om oor te skryf soos met hierdie gedig.
Hiermee ‘…stap sy uit die kombuis…’
Baie diep mens. Moontlik kom Hy jou nie net haal vir 'n slaap nie maar Jesus is op pad om Sy kinders te kom haal.
Baie besonders. Dis asof ek self daar was.
Willem, jy het Godgegewe talent om emosie op so ’n wonderbaarlike wyse te verwoord. Jy trap diep spore alreeds.
Brilliant. Diep woorde my vriend 🙏🙏
Pragtig meester
Goue oomblikke pragtig verwoord, en ek hou van die dieper betekenis daaragter. Rykdom en geluk lê nie in materiële dinge nie, maar in spesiale oomblikke soos in jou gedig beskryf. Mooi geskryf, Willem!
I could feel the scene like I was living it. Heavy eye-lid, to happy yawn. Pragtig.
Werklik mooi.