Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
As môre nie ontwaak nie
2021-09-29"kyk hoe kleur die rante in vloeiende amber
gaan lê die laatmiddag lepel teen skemer se rug
vrede steek vuur aan in die kaggel van my hart
en dankbaarheid kniel versugtend in my gemoed"
Vroegdag in Augustus
2021-09-22"Dit is vroegdag in Augustus;
die donker het gekwyn.
Hier waar jou arms my omsirkel,
het nag se skimme stilweg verdwyn."
Eerste lentereën (in die Hoëveld)
2021-09-22"’n soete vooruitsig na die vars reuk
van reën wat jou neusvleuels kielie
die lug wat langer aan skemer hou
grys getint in vroegoggend se grou"
Hierdie kop
2021-09-22"Ek staan op met hierdie kop
sit hom voor die rekenaar
begin dan stadig bloei
om iets te groei uit verwarring"
Gedagtekamers
2021-09-15"In die gedagtekamers
van jou oorvol geheue
spartel herinneringe
om uit te kom"
Enishia Hope
2021-09-15"Een oomblik verbreek haar uitspattige gelag die stilte.
Die volgende betoon ons aan haar ’n oomblik van stilte
en ek het baie vrae
ek mean hoekom, waarom?"
Toe kind was nog in was
2021-09-08"Ek onthou die dae
toe ons boomgeklim het
en ons nerwe af geval het,
die dae
toe ons nog wegkruipertjie gespeel het."
Baardman
2021-09-01"So ’n man
is depressief.
Hulle het dit glo iewers gehoor.
Waarom juis hierdie konnotasie?"
Die ballerina se naam
2021-09-01"Is daar nog steeds ’n ballerina wat agter in my keel dans
En my roep om haar te kry
En as ek miskien aanhou probeer
Sal sy weet ek wil soos sy lyk, al vat dit alles in my"
Tot my silwer wit word
2021-09-01"Voor die suidewind hemelwater bring,
waarvan skraal wilgers drink,
om gesond en vet te bot."
My briefie aan pappie
2021-08-23"Ek weet nie waar om hom te pos nie
ek het nie die hemel se adres nie
ook nie ’n whatsapp of e-pos nie."
mal maalkolk
2021-08-23"ek onderskat jou hierwees
in die malle maalkolk verlang ek na jou
in die duister besef ek jou waarde
ek mis jou asem, jou gedagtes, jou koffie – selfs jou dosis aspris"
Ek het
2021-08-23"Ek het jou ook sien loop,
deur die woud met haar groot sederbome,
die verlore kind wat weer daar uitloop.
Ongeplant en vuil met herfs nog in jou hare."
Vervel
2021-08-17"Soms,
wanneer ek sommige mense in die gesig kyk
Tref, trek, skeur
die onthou nog aan my gesigvelle."
Manifes van die kremetartboom
2021-08-17"tussen grafte van wedersydse gemeenheid
versamel,
en geplant is in
’n eens bloedbevlekte grond"
Agter tralies
2021-08-17"Ek is ’n emosionele kluisenaar
want ek hou my emosies gyselaar
My hart hamer teen my bors"
Het jy al ooit?
2021-08-11"Het jy al ooit onder ’n seestraat van jakarandabome gesit
Met verkrummelde sonlig op jou wang,
En ’n montage van drawwers langs die pad
Het jy al ooit die lewe net geniet?"
’n Ope gedig aan Afrikaanses
2021-08-11"by nog ’n taalberaad,
by nog ’n volkskongres:
was die woorde tussen ons
’n dowe doolhof"
Ek is vroulik
2021-08-02"Ek is vroulik
maar ek wens ek was nie
want dis hoekom ek vrees vir my lewe."
Verlore, verlate
2021-08-02"My lewenspad is donker en vol stof
al my emosies het êrens daar ontplof.
Hy moes my oppas soos goud
inteendeel word jy my grootste fout."
