Foto: Canva.com
hierdie vakansie
hierdie vakansie
wil ek my moeë lyf
lawe met seelug
genesend soos salf
op seer spiere
hierdie Desember
wil ek my hoopverlore hart
opmerksaam olie
met gesellige samesyn,
vele braaivleisvure
’n bietjie rooiwyn,
’n bietjie lag
’n bietjie doelbewuste lewe
hierdie Kersfees
wil ek my siel
doop in die see
se oneindige dreuning
onderdompel
ek wil brood kan breek
saam met my geliefdes
wyn kan skink
water kan drink
weer gebore word
en opstaan tot
’n nuwe besef
’n nuwe wete
’n nuwe lewe
in ’n nuwe jaar
Kommentaar
Pragtig. Dankie Willem
Luv dit. Ons het almal so gevoel ná ’n jaar met vele uitdagings.
So pragtig. Jy skryf presies hoe dit voel.
Jy verstaan wat ons almal voel en vers dit.
Jy vra en verteenwoordig die veerlig waarna ons streef om die vragte futloosheid te gaan herlaai by die soms vergete verlede Desembers. Dankie vir jou nuwe onthou daarvan. Jy skryf uitsonderlik. Welgedaan.
Jy het my eie ervaring so mooi verwoord! Die see is my lafenis … met ’n uitsien na vernuwing. Wel gedaan!!
Thx ou maat. Jou beskrywing is soooo visueel dat ek myself binne die gedig kan plaas.
Amen!
Maak my weer dankbaar vir die klein dingetjies!
Die dinge wat saak maak!
Dankie!
Vakansie perfek vervat in digvorm!
Wel gedaan!
Ongelooflik beskrywend geskryf. Net soos baie van ons dit ervaar en gevoel het na 'n uitdagende jaar.
Ongelooflik beskrywend geskryf. Die woordspeling maak my lus vir die nuwe jaar.
Dis so waar en so goed verwoord. Dankie, Willem.
Pragtige gedig, veral hierdie woorde: "wil ek my siel/ doop in die see /se oneindige dreuning." Kos vir 'n mens se siel; padkos vir die Nuwejaar.
Dankie, Willem de Swyger.
'n Intieme universele sielshunkering effektief verwoord met 'n alombekende vereenselwigbaarheid deur die aanhoorder daarvan. Mag daar nog baie hart- en sielsgedagtes deur jou skeppende hand met ink op papier geëts word en dien tot diepe stof van nadenke vir vele. Hou aan skep, Willem. Wees geseënd. C
Ons bly by die see. Permanent. Elf maande en twee weke van die jaar is die strand verlate, die vakansiehuise leeg. En dan verskyn die GP-nommerplate, vreemde honde, die bote en die spierwit lywe. Ons is bly daaroor. Nie net omdat die plaaslike snoepie sy hele jaar se wins in veertien dae maak nie, maar omdat ons die natuurprag waarvoor ons elke dag dankie sê kan deel. Dis lekker om mense hulself sien geniet, vry asemhaal, sandkastele bou, vroegoggend alleen langs die see gaan stap. Jou gediggie bevestig dit als.
Powerful motivation that speaks right to the core of one’s soul.
Dit is presies, presies hoe ek, tot in my binneste, voel. Pragtig.
Willem , die gedig klink of dit vir my geskryf was. Netjies!
So raak gestel. Ek neem sommer weer verlof.
Ek glo die natuur se olie en salf het hierdie vakansie die gewensde kure bewaarheid. Mooi verwoord.
Wie’t vakansie nodig … wanneer ‘n mens met soveel digter-inspirasie aangevuur word … om hierdie lewenstog aan te durf … of tot die volgende Desember-vakansie uit te hou, of eerder om weer deur ‘n vakansie-gedig vernuwe te word.
Bravo!
'n Sielsgebonde, tasbaar-vereenselwigbare verwoording van 'n tyd van verkwikking met soveel betekenis vir ons as Suid-Afrikaners. Ek hou bitter baie van:
“my hoopverlore hart
opmerksaam olie
met gesellige samesyn”.
Jou talent beur voort Willem, bly begeesterd.