Foto: Canva.com
Pap en vleis
In die ou bespookte huis
Kruip daar rond die grootste muis
So lelik hy gee jou hoendervleis
Swaarbetand en gruwelgrys!
En as jul paaie daar binne kruis
Verlam van vrees, jou bloed verys
Bangheid sal jou moed verslap
Spiere word behoorlik pap
Vergeet maar van ontsnap
Jy is sy ete, klaar betrap
Hy soek nou eers sy hap
Hoofgereg is jy konsuis
Spyskaart lees – pap en vleis!
Kommentaar
Oeeeee! ☺ Die honger-spook gaan jou gryp en gulsig verswelg! 😃😃 Love it.