
Foto: Canva.com
Terug tot niks
oor my aandeel staan ek skaam
in die verrotting van ons bestaan
waar die mens
soos ’n kers
homself verteer om te leef
deur sy hebsugtige dors
met koolstofbesoedeling te les
om dan
wanneer dit te laat is
en plantlewe vermoor is
met bleek maer hande
deur ’n koolstofkombers te smeek
na versmoorde suurstof
en dan
met die troos van swymeldrank
en ’n bedwelmde wil
te knak
te kwyn
op te vrot
en van die aarde te verdwyn
met niks
en niemand om te onthou wat daar was nie


Kommentaar
Goeie metafore en digterlike inhoud!
Dankie Margaret, ek waardeer!
Kan maar net sê ... dis baie goed.
Dankie Andries ... as ons maar net wil besef waarheen ons op pad is!
Baie goed, Pieter. Niemand kan dit beter stel nie.
Dankie Jannie. Jou 'Vergetelheid' het ons diep geroer. Welgedaan!!