Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Die mure maak sin
2022-01-20"Binne die vier mure van my huis
hoor stoele as die son spikkels lag ínskater
voel banke as nag nikssêwoorde úitblaker."
Nagereg
2022-01-12"smiddae onder die koeltebome sit
hulle met hare wat vyftig rigtings inslaan,
uitgerekte spaghetti-toppies,
en valse tande wat kort-kort uitval
hulle eet dan die leftover"
Ek is mal oor jou
2022-01-12"Lank voor die branders se stemme wou breek
of die wind sy eie wil kon ken,
was ek gaande oor jou."
Pap en vleis
2022-01-03"Vergeet maar van ontsnap
Jy is sy ete, klaar betrap
Hy soek nou eers sy hap"
hierdie vakansie
2022-01-03"hierdie vakansie
wil ek my moeë lyf
lawe met seelug
genesend soos salf
op seer spiere"
Karamel
2021-12-21"Tien sekondes later
en ek proe dit steeds.
Tien blokkies later,
ek’s steeds nie versadig."
Wag gou
2021-12-21"en djy vetel vi’ ammil van hoe honge ek plek-plek gely het,
but
djy sien
djy’t nooit vimy ’n dite gegie toe my maag lieg wassie
djy’t nooit my vision support toe ek gedroem ittie"
Ek gaan skryf sonder ophou ...
2021-12-21"Die grootste oorlog waarteen ek baklei
is die een binne my
soms voel dit of ek moed wil verloor
wanneer woorde en sinne my hart deurboor."
My liefde se liefde
2021-12-14"en as ek lees van wie die geskenk is
dan is dit gewoonlik van haar.
Sy laat die orgaan in my linkerbors dans"
Ons moeder Krotoa
2021-12-14"Gestroop van haar naam, herdoop na Eva.
Gestroop van haar lewe, gestroop van haar volk,
met net die eggo in haar gemoed ...
Is ek Krotoa? Of is ek dan Eva?"
Suid-Afrika
2021-11-28"Oor berge en riviere en oseane
Stede vol rook en roet
Berge met pieke vol sneeu
Landerye, skilferdroog
Boere wat huil langs bankbestuurders"
In my vrye tyd
2021-11-28"Ons hou dan maar laataand vir onsself
dat ons dieper in die donker kan delf:
passies ná werk
tyd vir jouself –
ná nege
ná tien
ná elf."
Vincent
2021-11-22"Verf winterblou oor jou skilderdoek
laat die aarde bloei in Namib-bruin
olyfgroen verskroei in suurlemoen"
wit soos walvismae
2021-11-22"wit soos walvismae
swem wolke verby
deur die uitspansel
se akwamaryn"
Hier op die rotse
2021-11-18"oor ’n lewe wat net te veel was
oor ’n liefde wat gebreek was
hier op die rotse
is sy daardie nag hier weg"
