Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Foto’s en feeste

Pieter Lübbe Poësie 2022-03-17

"Foto’s en feeste
van soekende geeste
verdwaalde siele by hul kunstefeeste"

Chase en Beertjie

Leona Conradie Poësie 2022-03-17

"as hy net heeltyd
in my gesig wil lek,
lek hy die hartseer
en waai dit weg met sy sterk stert."

Die ware digters

Perlin Manewil Poësie 2022-03-17

"Die ware digters is die gewone 
mens op straat.
Gesekondeer.
Punt."

Terug na nimmerland

Susanne Pretorius Poësie 2022-03-07

"sorgeloos in die skatkis van die lewe delf
soos nuut ontdekte kiekies lank vergete
word herinneringe, dof en effens verslete"

Oop gesprek

Susanne Pretorius Poësie 2022-03-07

"sou jy ooit werklik kon verstaan
toe hy uiteindelik om jou pinkie draai
die geheim van sy krag met jou deel
dat hy sodoende sy God sou verraai?"

Gechange

Megan Adendorff Poësie 2022-03-07

"Ons dryf ruilhandel
dis my liefde vir syne 
en soos note na kleingeld"

Die graf

Neo Mehlomakulu Poësie 2022-03-03

"met my geboorte
het my ma haar drome en trane
diep in die berge gaan begrawe
want sy was nou ’n ma"

Een aand in Bishop Lavis

Christo Meyer Poësie 2022-03-03

"Hul dwelms is ’n stroompie 
wat vry en vrolik vloei. 
’n Vrou wat aangerand is 
lê iewers doodgebloei"

Weer probeer

Kristy-Ann Kotzé Poësie 2022-02-24

"Soms gaan ek wen, 
soms gaan ek verloor; 
ek sal egter weer opstaan 
en die wedloop van die lewe met ywer baan."

Vergetelheid

Jannie van Niekerk Poësie 2022-02-24

"’n Ou man loop alleen in die strate rond. 
Saam met hom is net sy getroue ou hond. 
Terwyl hy so eensaam deur die strate ronddwaal, 
wens hy dat Liewe Jesus hom moet kom haal."

Keuses

Leona Conradie Poësie 2022-02-24

"my hart brand 
om slimmer te wees 
en generational curses te breek met kwalifikasies."

As Kleinmond brand

Lerumo van Zyl Poësie 2022-02-16

"Ek verwonder my nog oor die mooi 
van eindelose groen, spatsels geel 
klossies parmantig’ sewejaartjierooi"

In ’n oogwink

Elizabeth Wolmarans Poësie 2022-02-16

"Die siel agter die oë gee die lewe sy kleur, 
in vriendskappe en ondervindings getrou gereflekteer. 
Gefokus, gemik deur ’n teleskoop op ’n punt, 
kan die seile skielik draai teen die aanslag van die wind"

Seer

Christo Meyer Poësie 2022-02-16

"Die pyn het kom nesskop in my hart 
Soos ’n bosluis op die rug 
Van ’n uitgeteerde hond"

encantar

Desmond Gird Poësie 2022-02-10

                     "dolleeg gestroopte reis
                  harde hel sonder bekoring
                  maar met ’n hart verower
                    word die pad omtowe"

Rede radikaal

Andries Fourie Poësie 2022-02-08

"as hy stomsinne ontkwyt
en al snakkend na sy asem
ten spyte van sy waagmoed
ou vergete slagvelde ontsluit"

In stilte 

Morné du Preez Poësie 2022-01-31

"ons lê langs ’n stroom 
ek wonder waarvan jy droom"

’n anne tipe kind

Caylie Nutt Poësie 2022-01-31

"Ek wiet Mammie en Derra wil 
oek proud voel 
ek wiet oek ek probee my beste"

vanmiddag krap

Willem de Swyger Poësie 2022-01-31

"regoor die veld se gepotmerkte rug 
ek weet nie meer met sekerheid 
waarheen hierdie hemelweg lei nie 
ek hoop hy bring my veilig huis toe"

Terug tot niks

Pieter Loots Poësie 2022-01-24

"waar die mens 
soos ’n kers 
homself verteer om te leef" 

Top