Familiebesoek

  • 2

Foto: Canva.com

Familiebesoek
Familiebesoek begin altyd by ’n hek

Aanvanklik was dit die plaashekkie
of ’n afgesproke voorafbepaalde plekkie
waar ons mekaar in trane van vreugde
om die hals kon val en kuiertjies inhaal.

Toe word dit oprithekke van pragstadshuise
waarheen ons nes plaas- en stadsmuise
in die somermaande sou stroom
tog was ons saam, pagters van ’n agternaam

Helaas staan ek hier by die wegvliegplek
se outomatiese familieterugbringhek.
Op hierdie blink teëls en voor vreemde mense
kan ons ooms weer groet en nuwe niggies ontmoet

tot volgende week, as hulle weer vertrek

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top