read between the lines

  • 2

read between the lines 

ek slaan my skryfgids oop soos ’n bybel en
probeer om tussen die lyne te lees
ek giet my hart uit met ’n bic pen en
die deadlines kan maar wag
die dinsdagmiddagson kraak soos
’n reënboog teen die venster en
herinner my dat god met ons is
daar is mense oor die kampus gestrooi soos confetti ná ’n graadvang en die meisies dra
almal tights en skiet gaatjies in hulle ore
want tattoos is te permanent
ons swipe ons studentekaarte by die hek asof ons bourbons se dubbel vodka en sprite bestel en die seuns dra almal skinny jeans en kry
tattoos want antidepressante is te duur
ek slaan my skryfgids oop soos ’n bybel en
probeer om tussen die lyne te lees
’n reënboog teen die venster herinner my
dat god met ons is en ek draai na jou toe en jou tattoo is nog nie gesond nie en
die gaatjies in my ore brand en 
die deadlines kan maar wag

  • 2

Kommentaar

  • Die gedig vat my terug na my dae op Potch, maar ons het gummy berry juice gedrink by Bourbons en baie goedkoop vodka by Yoof. Dankie vir die herinnering van sorglose dae op die bult, toe deadlines nog kon wag.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top