Mariska Bolleurs

Mariska Bolleurs onderneem hierdie jaar haar BA Honneursgraad in Afrikaans-Nederlands aan die Noordwes-Universiteit Potchefstroom. Sy het in 2022 haar graad in Taal- en Literatuurstudies voltooi en in dieselfde jaar as redakteur van die NWU Kreatiewe Skryfkuns-departement se poësie- en kortverhaal-bloemlesing, Kaleidoscope, gedien. Sy is aan die einde van haar studiejaar met die toekenning vir die beste derdejaarsprojek, wat op digitale poësie gefokus is, toegeken. Sy is ook voormalige assistent vir die departement van Kreatiewe Skryfkuns waar sy onder andere onder die leiding van Pieter Odendaal deel gevorm het van ’n reeks projekte om poetry slams na die drie NWU-kampusse vir die eerste keer te bring. Vandag skryf sy nog vir die NWU Potchefstroom Kampus-koerant, Wapad, as kuns en vermaak-joernalis en werk as teksredigeerder en -vertaler. Sy hou haarself ook met vryskutskryfwerk en vertaling besig wanneer daar geleentheid daarvoor is.

Woordmusiek: ’n resensie | Momentum Beleggings Aardklop 2023

Mariska Bolleurs Aardklop 2023-10-17

"Dit was ’n meersterklas in storievertel. Die verhoog is strak beklee met ’n klavier, ’n paar kitare en swart en wit foto’s van drie legendes: Antoinette Kellermann, Jana Cilliers en Vinette Ebrahim. Coenie de Villiers se Woordmusiek bied ’n meesterklas aan in die fynere kuns van woord-en-musiek."

’n Akkerboom deur Nico Scheepers: ’n resensie | Momentum Beleggings Aardklop 2023

Mariska Bolleurs Aardklop 2023-10-07

"Buiten die aangrypende teks en bekende De Klerk Oelofse as hoofspeler is daar ’n tikkie 'andersheid' aan hierdie vertoning. Die gasspeler van elke vertoning word anoniem gehou totdat die vertoning reeds aan die gang is – selfs vir Oelofse!"

1: ’n Tragikomedie oor die liefde | Momentum Beleggings Aardklop 2023

Mariska Bolleurs Aardklop 2023-10-07

"Vir die grootste gedeelte van die toneelstuk speel Swanepoel en Hendrikz met hulle koppe teen mekaar gedruk soos dié van ’n Siamese tweeling. Die stille kommunikasie en choreografie tussen dié twee is indrukwekkend."

read between the lines

Mariska Bolleurs Poësie 2022-08-18

"ek slaan my skryfgids oop soos ’n bybel en
probeer om tussen die lyne te lees
ek giet my hart uit met ’n bic pen en
die deadlines kan maar wag"

Top