Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Ons moeder Krotoa
2021-12-14"Gestroop van haar naam, herdoop na Eva.
Gestroop van haar lewe, gestroop van haar volk,
met net die eggo in haar gemoed ...
Is ek Krotoa? Of is ek dan Eva?"
Suid-Afrika
2021-11-28"Oor berge en riviere en oseane
Stede vol rook en roet
Berge met pieke vol sneeu
Landerye, skilferdroog
Boere wat huil langs bankbestuurders"
In my vrye tyd
2021-11-28"Ons hou dan maar laataand vir onsself
dat ons dieper in die donker kan delf:
passies ná werk
tyd vir jouself –
ná nege
ná tien
ná elf."
Vincent
2021-11-22"Verf winterblou oor jou skilderdoek
laat die aarde bloei in Namib-bruin
olyfgroen verskroei in suurlemoen"
wit soos walvismae
2021-11-22"wit soos walvismae
swem wolke verby
deur die uitspansel
se akwamaryn"
Hier op die rotse
2021-11-18"oor ’n lewe wat net te veel was
oor ’n liefde wat gebreek was
hier op die rotse
is sy daardie nag hier weg"
adieu
2021-11-11"toe ek wil teruggaan op my spoor
jou menswees herontdek en weer bemin
het ek jou reeds verloor
jy het bome geplant waar ek wou reis"
Wegkruip-vers
2021-11-11"sodat ek ook in woorde kan wegkruip
lettergreep-landskappe leefbaar maak
klanke in die wind los
of stil kan raak"
Die prag in jou kleure
2021-11-11"baie het gekom
baie het gegaan
terwyl jy Elandsbaai
vas met jou voete
in die water bly staan."
Dwaalstories
2021-11-03"My oupagrootjie Jan
het ’n man doodgeslaan
Hy verskyn in die hof
Sy hand word as gevaarlike wapen verklaar."
Leeftye sonder jou
2021-11-01"En Poseidon en Eirene het saam met my op dolfyne geswem
Jesus het al vir my op die bongo’s gespeel
Met ’n boemelaar het ek al my diepste geheime gedeel"
Ek wil
2021-11-01"Ek wil vir jou die mooiste bos daisies kom gee
En met my ou vaal trui se mou jou hartseer wegvee."
Die besemmaker
2021-11-01"Hoekom is die besemmaker
se huis dan so vuil?
Hy maak dan elke dag
vir ander mense besems."
As die wind net draai
2021-10-26"As die wind net draai
sal die vis begin byt –
sal die kwaad hier uit
sal alles weer ’n plesier wees"
famous vuiste
2021-10-26"ek kan amper ’n song maak
met al die houe wat hy naweke
soos candyfloss uitdeel"
Homophobic
2021-10-18"innie rooi skaduwee van my pa
moes ek sit en luiste
oor hoe verbitterd die bybel oor gay mense is"
