Afrikaans, die moeder van soveel kinders

  • 3

Foto: canva.com

Afrikaans, die moeder van soveel kinders

Ek is suppose om die oudste te wies.
Wanneer ek my stem dik maak, raak mammie sommer vies.
Ek is mooi groot nou
en wil independent wies,
maar dit is waarvoor mammie die meeste vries.
Ek is ready en vat ’n kans.
Onthou net die naam, Kaapse Afrikaans.

Ekke is die wild and out een.
Try my en ek kou jou af tot op jou been.
Ekke kom uit die dangerous areas,
kyk maar na my stoeka, dit sal alles vertel.
Ek is nie ’n Frans nie, mammie het my net gered uit die hel.
Moet my nie uitcheck, lyk ek is kaal. 
Ek is hier om te bly, ek is bendetaal.

Awê, my mense, ek is die jongste.
Minute vir dié wat dink ek is die bedonderdste.
Nei man, djulle wat my so onderskat
Met tegnologie wat heeltyd develop
Gaan ek djulle nog ’n lang pad vat.
Ek is tienertaal
en soos die jare aangaan, gaan ek die grootste wees op die skaal van taal.

  • 3

Kommentaar

  • Janice Philander

    Daar is geen woorde vir die talent wat binne jou is nie, en geen limiet. Jy doen alreeds en gaan nog vele meer inspireer, Kenan. Jy beïnvloed die wêreld een gedig op 'n keer. Hou so aan!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top