Musiek

  • 0

Foto: Canva

Musiek (CJ Saterdag)

Die klank en woorde
vas teen my ore
ek voel weer gebore
gevind in my voetspore

Die verskillende klanke
in my hart geanker
“Life is Tough”
musiek – die berg van my skouers af

In my are
instrumente, kitaarsnare
Met die woorde ’n doel
met musiek die beste gevoel

Hartseer, teleurstellings –
knop af in my keel
kom die musiek weer my gedagtes steel
my emosies saam dit gedeel

Musiek in my borskas
Alles in my gedagtes vas

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top