Fiksie
Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.
Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.
If you would like to submit your writing, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published stories.
- The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Moddergat se klein Moses
2020-07-03"Maar van al die gegroet vir ander gesinslede en uitvra oor hulle gesondheid en kwale, het Pa genoeg gehad. Sy harde uitroep laat my verstaan – die tronkstraf sal onmiddellik hervat moet word!"
Liefde in die tyd van Korona – en daarna
2020-07-03"Dalk is hy after all nie so ’n slegte ou nie. Vroumense het hom nog altyd senuweeagtig gemaak, maar in Belinda se teenwoordigheid ontspan hy, voel hy vir die eerste keer na die man wat hy kan en behoort te wees."
,
2020-06-29"Die dood is nie daardie vreesaanjaende oomblik waaroor elke moordskrywer skryf, wat elke mens vrees nie. Die dood is soos dit wat ek nou voel. Dis bloot soos ’n aftrede."
Sonia
2020-06-24"'Die dag wat ons jou gekry het, was ’n skroeiende Februarie ...' Sy skuif haar gemaklik. ’n Verhaal spoel oor sy lippe wat eers jare sou teister, maar later soos ’n sprokie sou voel."
Aflossing
2020-06-23"Sal ek ’n tuisgebakte pastei koop? Ek wik en ... as jy een van daardie pasteie in het, moet jy juis nie weeg nie. ’n Vrou draai voor die toonbank om; sy lyk nes Andrea. Laat ek anderpad kyk, ek is te haastig. Ongelukkig het Andrea nog altyd ’n valkoog gehad. Skugter was sy nooit."
KleinKosie
2020-06-22"Sy kyk na my en Ben. 'Are you two okay? I saw the bakkie …' Dan na Kosie: 'So, ek hoor jy hou ’n mamba hier aan?' Haar Afrikaans is perfek."
André Tanneman se tronk
2020-06-15"André Tanneman het breëbors tussen al die gejil deur gelag. 'Julle mag maar kyk. Ek weet my Ansa maak die manne mal. Maar weet net, ek is die man wat vanaand langs daai lyf mag inkruip.'"
Honourable discharge – José se riem
2020-06-11"Hy wikkel sy arms en kyk na die boeie wat sy polse vasklem. José Duarte, sestienjaar oud. Poging tot moord. Eerste oortreding. Graad tien. Verwys na Tokai-verbeteringskool. Twee na drie jaar. ’n Relatiewe standaardverwysing, dink ek."
Estie
2020-06-08"Nog nat agter die ore en met die enigste knopieshemp in my besit, daag ek toe semi-stiptelik op vir die onderhoud by my eks-baas, die gesiene meneer Pheifer – ’n man só lank, hulle kon hom maar net sowel meneer Sevener genoem het."
Afwagtend
2020-06-08"Die Noordwes gaan weer amok maak en Landi is te broos vir sy weeklaag teen die ruite. Sy is broos, punt. Sedert sy begin siek voel het, bly die trane vlak. Hoe dit ook al sy, Landi kom agter haar mense baklei die laaste paar dae net so hard teen die negatiwiteit."
Magda
2020-06-08"Sy kom tegelyk waaksaam en verwond voor. Haar boesem en heupe verleen iets vorstelik en byna onvanpas sensueel aan haar. Dis die soort gedagte wat ’n mens oor jou tannie kry en dadelik doodtrap."
Greep
2020-06-01"Ek is nuuskierig, en braaf van die bier. Kinders gaan van verskillende goed dood. Hulle kry ’n virus, die een of ander aangebore kwaal knou hulle, of hulle stik aan ’n vitamienpil."
Op vlug
2020-05-27"Parkstasie, Johannesburg, wemel van die malende menigte wat wag om aan boord die ronkende busse te gaan, maar, anders as die ronddraaiendes, stap sy in ’n reguit lyn tussen hulle deur. Haar lyf is gespanne en die kennetjie is vorentoe gestoot. Sy systap die dralende skare met die geringste voetwerk."
Sewentig maal sewe
2020-05-25"Vandag verg dit inspanning om haar gewone dagtake af te handel. Sy bly wonder hoe hy dit regkry om te hoor wat vir Kasper pla. As sy net kan skelm kyk wat hy doen."
Soms gaan kuier ek nog by hom
2020-05-22"Maar woorde is soos die episodes van ’n sepie: jy kan ’n paar mis, maar nog steeds die draad later optel. Iemand het die woord op ’n halsband graveer en om sy nek kom hang. Dit skaaf ’n bietjie."
As dit nie vir Oom Krisjan was nie
2020-05-22"Ek onthou die boksgeveg tussen Johnny Ralph en Freddie Mills nog baie goed. Dit was die aand toe Oupa Johannes dood is."
Bleddie Romeo!
2020-05-20"Gert slinger die visstok neer terwyl die vis nog spartel om los te kom. Hy hardloop na die buitehek en soos ’n wafferse losskakel versnel hy met die smal gangetjie af en deur die stoorkamer. In die voorportaal van die huis, aan die onderpunt van die trappe wat na bo lei, kyk hy beangs op. Sjoe, hy’s onfiks!"
Eende van dieselfde dam
2020-05-18"Sy oë versluier, ’n simfonie van sensualiteit wat Amalia laat ril van begeerte. Eintlik wil sy op sy skoot spring, arms om sy nek gooi, bene om sy lyf slaan – maar sy weet niks kom tussen ’n man en sy sigaret nie en sy hou haar in."
Ons trek Vrydag
2020-05-15"Vrydagmiddag laat kom ek in Steynsburg aan. Ek is moeg, die honde is geïrriteerd en ek het koffie nodig. Stop voor die deur, Mevrou maak die deur oop en lig my ewe kalm in, sy dink sy sal maar so deur die loop van die volgende week trek. Ek is moerig. Nee, Mevrou, jy het dan gisteraand nog bevestig julle trek vandag."
