Fiksie
Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.
Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.
If you would like to submit your writing, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published stories.
- The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Hipoksie
2022-05-20"Elizabeth, dit is onnodig om so plat te praat. Dié sou sy nou al moes gehoor het oor die kussingsloop as Ester se praat nog gewerk het. Pal is sy reggehelp, asof háár Afrikaans vuil skollegoedwater is."
Duine
2022-05-19"Soveel mooi en blink het ek in my hele lewe nie gesien nie. Dit was die binnekant van Leonard-hulle se sinkhuisie wat prentjiemooi op die sandvlaktes tussen die Port Jacksonbome en die bloekoms gestaan het."
My broer Japie
2022-03-22"Eendag in die winter het Japie koud en nat uit eie beweging by die huis aangekom. Maar hy was nie alleen nie. Daar was ’n vrou saam met hom. My ma het toegesien dat Japie en sy metgesel hulself versorg, droë klere aantrek, en vir hulle kos gegee om te eet."
Mooi Berta
2022-03-03"Mooi Berta, haar ou stralende self, was laaste om die lesinglokaal te verlaat – net voor die professor, wat eers sy tas moes pak. By die deur het sy haar lang wimpers vir hom gefladder en mooi geglimlag en sy ou hart bly gemaak."
Kommadagga-kortverhaal: "We breathed"
2021-11-29"Toe Danielle bykom, lê sy in die gras op ha maag. Haar gesig is dik en warm. Sy kyk in die rigting van Perry se stem. Danielle sien waar sy op haar rug lê. Outjie skyn ’n phone lig op ha." – Lees Jodie Groener se Kommadagga-kortverhaal.
Kommadagga-kortverhaal: "Eendag is eendag"
2021-11-17"Ek het my kombuisie en twee kamers uitgemeet met ’n stok en ge-imagine die furniture binne-in die vertrekke." – Lees Kenneth Williams se Kommadagga-kortverhaal.
Kommadagga-kortverhaal: "As Daddy maar net kon weet"
2021-11-11"Deesdae het jy nogal ’n houding." Hy spoel sy hande af. "En moetie eers van die ander storie praat nie." – Lees Daylen Tobias se storie waaraan sy by LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool in Somerset-Oos gewerk het.
Die proefleser
2021-10-26"Hoe durf hy? Ken hy my agtergrond? Ek was vir baie jare ’n taalonderwyser. Dis op aandrang van ’n goeie vriend in die uitgewersbedryf dat ek my op proeflees begin toespits het. Sommige mense is nou maar eenmaal net ondankbaar en klaar. Hy is natuurlik ontevrede oor ek sy werk so skerp gekritiseer het."
Met my oë
2021-10-19"Kan ek deur jou oë kyk en jy deur myne? Dan sal jy kan sien en verstaan dat ek nooit gekies het om so te kyk nie."
Brood van die lewe
2021-07-21"Sy kan dit oor en oor doen, elke dag van haar lewe, en steeds sal sy haar verwonder aan hoe iets wat onder ’n mens se vuiste deurloop en as gevolg van geweld opswel asof dit vrot, kan bróód word. Lewegewende brood."
Parkrun
2021-07-06"Ek sien plat magies en boepense aankom en soos hulle na die ander kant toe verdwyn is daar elke vorm van ’n boud om te besigtig. Vetboude, maerboude, langboude, kortboude. Drilboude en stywe boude."
Ebet wil New York toe gaan
2021-06-25"In die somervakansie sien ek nie vir Wyse Kind nie. Miskien is hy weg om by familie te gaan kuier. Baie Palestynse families het mos ooms in Jordanië of Sirië of selfs in Amerika. Dalk in New York, waar Ebet teen dié tyd al moet wees."
Varsgebreek suck
2021-06-15"Nee, ek soek nie na mooi, heel skulpies nie. Dis te gewoon. Ek hou van die stukkies wat oorgebly het na die see sy breekwerk gedoen het."
Die dag toe alles verander het
2021-05-31"Ja, om ’n geliefde aan die dood af te staan is erg, maar om ’n geliefde gedurende ’n pandemie af te staan en nie die kans gegun te word om vir oulaas in die hospitaal te groet nie, is glad nie makliker nie."
Bleddie dokters
2021-05-16"Boet het daardie jaar die hardste gebid ooit, toe die prostaatkanker hom gevat het. Hy was nog altyd, as dit by geloofsake kom, ’n agterbanker. Letterlik en figuurlik. Geloofsake was nie hoog op sy agenda nie. Maar kanker laat gryp jou na strooihalms."
Divine reason
2021-05-03"Behalwe Breggie. Net jonger as Souf en ’n kerkmens. Rook en drink glad nie. Hare in ’n bolla agter die kop, rok tot teen die ken toegeknoop, bril op die neus. En die enigste van die sewe wat nie klink of sy deur ’n toegepakte skoorsteen asemhaal nie."
O die pyn-gedagte
2021-03-26"Dis verskriklik om vasgevang te word tussen my smagting na die dood, die pynlose stilte en haar siekte. Hoe kies jy tussen dood en dood?"
Dit wat mens nie kan kies nie
2021-02-11"My oë vang die ruiker voor in die kerk. Dis vrolike blomme. Soos hy was. Hy het meer as eenmaal gesê dat wanneer hy eendag doodgaan, maak nie saak wat die oorsaak is nie, hy tog net nie wit blomme wil hê nie."
Gila Leah
2021-02-08"Die volgende dag sal my vir ewig bybly. Die koerante is vol daarvan. Gila Leah is dood. Filantroop. Dogter. Blommekind. Dood, sonder dat ek weer met haar gepraat het."
Die merinoboer en die koster van Campbell
2021-02-05"So buig of bars, duiwel of te not. By die kerkdeur moet hy uit. Hy skep moed as hy dink aan hoe Voltaire hom op sy sterfbed verset het teen ’n priester se aanbeveling dat hy sy laaste asem moes gebruik om die duiwel af te sweer."
