Fiksie

Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.

Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.

If you would like to submit your writing, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published stories.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

As dit nie vir Oom Krisjan was nie

Adriaan Swanepoel Fiksie 2020-05-22

"Ek onthou die boksgeveg tussen Johnny Ralph en Freddie Mills nog baie goed. Dit was die aand toe Oupa Johannes dood is."

Bleddie Romeo!

Etienne Lombard Fiksie 2020-05-20

"Gert slinger die visstok neer terwyl die vis nog spartel om los te kom. Hy hardloop na die buitehek en soos ’n wafferse losskakel versnel hy met die smal gangetjie af en deur die stoorkamer. In die voorportaal van die huis, aan die onderpunt van die trappe wat na bo lei, kyk hy beangs op. Sjoe, hy’s onfiks!"

Eende van dieselfde dam

Kristel Loots Fiksie 2020-05-18

"Sy oë versluier, ’n simfonie van sensualiteit wat Amalia laat ril van begeerte. Eintlik wil sy op sy skoot spring, arms om sy nek gooi, bene om sy lyf slaan – maar sy weet niks kom tussen ’n man en sy sigaret nie en sy hou haar in."

Ons trek Vrydag

Collin Greger Fiksie 2020-05-15

"Vrydagmiddag laat kom ek in Steynsburg aan. Ek is moeg, die honde is geïrriteerd en ek het koffie nodig. Stop voor die deur, Mevrou maak die deur oop en lig my ewe kalm in, sy dink sy sal maar so deur die loop van die volgende week trek. Ek is moerig. Nee, Mevrou, jy het dan gisteraand nog bevestig julle trek vandag."

Korona-kortverhaalfees

LitNet Fiksie 2020-05-12

LitNet bied, met die ondersteuning van die Hiemstra Trust, ’n kortverhaalfees tydens die staat van inperking aan.

Pa, Ma en die liefde

Jan van Tonder Fiksie 2020-05-12

"Dawie maak keel skoon. 'Ek het ’n aankondiging.' Hy kyk elkeen van ons om die beurt in die oë om die oomblik so lank hy kan uit te rek."

Allan kom huistoe

Collin Greger Fiksie 2020-04-22

"Skoonma verrys soos ’n hersenskim agter hom en bevestig – ja, Allan is daar. Ek kan inkom en, kondig hulle selfvoldaan aan, hulle het besluit Allan gaan voorts by hulle woon en hy gaan nie saam met my nie. Hulle het klaar besluit." 

Muiter aan boord RMS Exempli Gratia

Henning Janse van Vuuren Fiksie 2020-04-08

"'We have to turn this ship around,' het die uitvoerende hoof met presiese panache tydens een van vele werksessies benadruk en die skip se nuwe koers geolie uitgestippel. Net daar, tóé, aan die begin van die tweede termyn, het ’n opgewondenheid in die personeelkamer posgevat. Dit het selfs begin reën ‒ ’n gewisse teken van ’n koersvaste, voorspoedige reis."

Die koms van die dominee

Stanley Cierenberg Fiksie 2020-03-31

"Dit was daardie Woensdag toe al die vrouens in die dorp hare wou kom doen het. Tot dié wat nie eens genoeg hare gehad het om te doen nie, het sommer net gekom vir ’n shampoo en rinse. Want sien, ek kom toe te hore dat die dorp ’n nuwe dominee gaan kry." 

Duiwelsdrek en skoonveld

Gerard Vermeulen Fiksie 2020-03-18

"Met Reyn se terugswaai snork Coert hard, Reyn haak die bal buite perke. Gert probeer saam met twee ander fris boerseuns om vir Coert te gryp en hom in die dam te gooi, maar hy is te vinnig vir hulle."

Pixie is net ’n pop

Collin Greger Fiksie 2020-03-11

"Lydia wil haar nie in haar huis hê nie, en beweer Pixie se groot ogies volg haar die hele tyd. Monica sien nog minder kans. Sandra is tjoepstil."

Matrieknostalgie

Saretha van der Poll Fiksie 2020-03-09

"Dit is die smaak van swart koffie, laat in die aand wanneer ek ’n taak moet klaarmaak, die reuk van waterverf op koerantpapier."

So amper Alice in Wonderland

Jan H Fiksie 2020-03-09

"Ek waardeer die mooi van die veld. Dan sien ek hom uit die hoek van my oog. Hy is altyd naby, net daar waar die veld ophou en die woud begin."

Formateer

Willem de Vries Fiksie 2020-02-27

"’n Reuse-hert beweeg stadig deur die lug na die kyker. Dit spring van papier, na ’n glibberige strook mikrofiche en dan deur ’n rekenaarskerm waarna dit bestaan uit ’n digte, spokerig gloeiende string ene en nulle in die vorm van ’n hert."

Die volstruis en die panfluit

Abraham Rozendaal Fiksie 2020-02-18

"Mannetjie het die musiek met misnoeë aangehoor, veral met die nag se verraderlike gebeure nog vars in sy beperkte geheue. Hy het besluit hy laat hom nie ʼn tweede keer vang met die fluitjie nie." 

Ses eietydse mikrosprokies

Julio Agrella Fiksie 2020-02-11

"Sy huppel tot by Ouma se voorhekkie. Sy neurie op pad na die voordeur. Dis Ouma se nuwe kêrel wat oopmaak."

Oom Boek Joons

Stanley Cierenberg Fiksie 2020-02-10

"Ek maak die dekseltjie van die kissie oop en haal ’n potlood uit. Dit ruik na hout, lood, boek en tabak. Ek gaan sit plat op die vloer en gebruik die houtkissie as ’n tafeltjie en begin skryf."

Kattekwaad

Christo Meyer Fiksie 2020-02-05

“Diep in haar binneste glo sy haar katte lewe en dat hulle eendag op ’n reëndag huis toe sal kom.”

Kollekte

Jo-Ansie van Wyk Fiksie 2020-02-04

“Die bord beweeg hand-tot-hand, soms oorgeslaan en soms ’n aarselende bydrae.”

Clarissa

Abigail George New writing 2020-01-28

“When I’m with Lewis, I think of you; when he yells at me, I think of you; when he hits me, I think of you, Malcolm ...”

Top