Fiksie
Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.
Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.
If you would like to submit your writing, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published stories.
- The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Martelaar | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-12-21"Die oomblik toe ek die Elohimkodeks kraak, het alles weer eens verander. As hierdie inligting geskut word, sal daar nooit weer vrede wees nie."
Liefde in die lug | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-12-21"Haar toekoms is veronderstel om op Venus te wees – die planeet van die vroue, van die liefde en die skoonheid."
’n Ander land | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-12-14"Hy was op die plaas toe die eerste bomme val. Dit was laataand."
Volpunte
2023-12-14"Hy gaan uit en skop sy sokkerbal teen die muur. Hy dink aan die perd wat nie omgee wat jy haar baba noem nie. Hy dink hy gee nie om dat sy ouma die toets sou gedruip het nie. Hy dink aan haar bewerige groot hand wat oor sy kop streel. Hy dink haar hande kan ’n dier regdokter al kan daardie hande nie skryf nie. En haar oë is sag en vriendelik al kan hulle nie lees nie."
Die hond
2023-12-08"Sy het ’n voorstedelike bestaan in Pretoria geken, en bevind haar tans waar sy gaan aftree, in ’n nuwe huis tussen Rooiels en die Hangklip, tussen mooi dae wat liggies beef in die briesie en die suidooster wat die wêreld skuins waai. Sy aanvaar die nuwe bedeling met sagte, stoïese helaasheid."
Die geskiedenis van die wêreld | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-12-07"Tot ek die ander tweeletterwoord raakloop. Jy. En steeds antwoord jy nie. Steeds doen ek my plig."
Die professor en die zombievangers | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-12-07"Wat hy in die kombuis aantref, laat die bloed in sy are stol. Koue rillings gly teen sy ruggraat af. Sy ma, sy pa en Zulu is besig om iets te eet. Hulle is vol van die bloed!"
Die Toorpen | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-11-30"Hy wonder of die pen kan skryf. Kliek-kliek-kliek druk hy die pen se knoppie. Verbeel hy hom of het hy die houtvloer nou net onder sy voete voel vibreer?"
Die geheim van Caban | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-11-30"Voor hulle skuif ’n paneel weg. Mira suig haar asem in toe sy die blou bal sien wat reg voor die ruimteskip hang. Dink net! ’n Planeet met water en suurstof nes die aarde waarvandaan hulle grootjies dekades gelede moes vlug."
Die Swartgat | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-11-23"President Zen het ons uitverkoop! Eers het hy die vyand toegang gegee tot die land se skaliegas en daarna nóg staatskuld aangegaan en in ruil die land se waterregte aan die vyand verkwansel. En nou wil hy mense deur wetgewing verbied om te emigreer. Wie dink hy is hy!"
Omgee is hegter as glimgroen slym | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-11-23"In die pad sit ’n special pave-worshond. Hy is pikswart met lang-lang ore. Almal skree. Ek ook. 'BRAKKENKOL!'"
Kersspel
2023-11-23"My idee? Ek is maar net die skrywer van ’n baie bekende, ou-ou verhaal, ’n baie bekende, ou-ou verhaal sonder ego’s of verskuilde agendas."
Haar naam is Uluthando | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-11-16"Homo sapiens het hulle bestaansreg op aarde verbeur. As daar nog mense bestaan, is hulle welkom in die Fort indien hulle hul onderwerp aan die nuwe orde."
Mignon reduks | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-11-16"Mignon kry die idee dat daar groot moeilikheid is. Iets groters as die blote verskyning van ’n planeet wat nie eintlik veronderstel is om meer te bestaan nie."
Omega | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-11-09"Ek gaan alle vlees met lewensasem in laat wegsterwe op die planeet, maar Ek gaan julle begenadig en uitspaar. Bou ’n vuurpyl volgens my voorskrifte: Ek sal my sagtewareprogram, Omega, aktiveer en jou van alle inligting voorsien. Die kodenaam is #PeterSchilling."
Die laaste diamant | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-11-09"Hulle sal sy lewe red. Dis in hulle DNS in verweef – saam met al die tegnologiese wonders en supergene wat hulle so te sê onsterflik maak. Die rede vir hulle bestaan is om die mensdom van totale uitwissing te red. Of altans, so word daar gesê."
Moeder van Kileen
2023-08-24"Bokant haar troon Jupiter bo die horison uit en vul die ganse ruimte. Die alomteenwoordige matriarg. ’n Gerusstellende teenwoordigheid, die wakende moeder. Maar vandag is iets anders. Nee, iets is verkeerd. Probeer Jupiter haar aanspreek, haar waarsku?"
Memento mori
2023-07-20"In die kleurvolle skemerlig ry Josef met sy silwer fiets terug na sy huis op die Punt. Dit is donker toe hy by die huis instap."
Net handbagasie
2023-06-08"Jy gaan daai bagasie hier moet los, Domingos. Of dit nou jou skuld was of nie. Jy moet dit hier parkeer voor jy ’n kaartjie koop. Gerlach is nie die eerste een wat ons begrawe nie. Jy was saam daar. Angola. Ons het mense verloor. Ons was almal op een of ander manier verantwoordelik, Domingos. Hierdie hande het bloed op. Ons almal s’n."
Môre is nog ’n dag
2023-06-01"Texeira gaan nog leer. Miskien nie vandag nie. Miskien nie eens môre nie. Maar hy sal leer. In hierdie werk leer almal dit op die een of ander stadium: Die glorie van oorlog lê nie in oorwinning nie, maar in oorlewing. Môre is nog ’n dag."
