Fiksie
Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.
Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.
If you would like to submit your writing, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published stories.
- The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
All the king's horses
2019-11-12“Harry’s burgeoning social life left Sue lonely and angry. In an effort to pick up the pieces, she had a makeover and tried to reconnect with him. She popped into his office to collect him for dinner after work, but found the office deserted.”
Die huis
2019-11-06“‘Ons is Rhodes, Totius en Kruger,’ hoor ek die gang praat. ‘Hulle het ons verniel, maar ons gaan bly staan. Vryf ons net ’n klein bietjie blink.’"
Disgust
2019-11-06“Mr Hicks cursed and stormed out into the reception room and said, sir, what is the problem, sir? He summed the stranger up and said, I know your sort. I have been taken in by your sort before, and then he ordered Fiona to call Sergeant Marais.”
Theoretical cartography
2019-10-31“And, beyond those continents, in a tiny boat sailing off beyond the map, were – theoretically, for a short while – the two of us.”
Dis nie oor die bike nie
2019-10-31“Niemand sien die aankomende taxi nie. Eers toe die voertuig byna op hulle is, hoor hulle die gekerm van metaal op metaal. ’n Wiel spring af, tuimel rakelings verby die toeskouers, mis die Harley en tref een van die bende se bikes.”
Die gays kos die NG Kerk nou al byna R30 000
2019-10-30“Na weke se gespook, stel die predikant se vrou voor dat die tweetjies nou maar in ’n mooi tuin moet trou. Hier af in Patrysstraat is ’n mooi tuin.”
Die aanslag op my brein
2019-10-24“Hy het nie belanggestel in my psigiese kondisie of simptome nie. Net vertel van sy wonderlike operasie wat emosies glo stabiliseer – net twee snytjies op die regter temporale lob.”
Regret
2019-10-23“A fleeting stubbornness. She had always been reticent regarding her personal matters, and so did not enjoy the manner in which the Thought was prying.”
Respect
2019-10-15“It is enough to know now that you are the love of my life. I listen to eighties music now. I am happy. I want you to know that.”
Die skerpskutter – ’n ware (lieg)verhaal deur Fielies Fisant
2019-10-09“Ek skiet ’n vlooi bo van daardie tortelduif se kop af, sonder om een enkele veer deurmekaar te krap!”
The Adhan is silent most mornings
2019-10-03“In every home there’s a room that holds the most powerful secrets. In every room that holds such secrets, there’s a table. A table that eavesdrops, that listens to all human discussions.”
Een-dag
2019-10-03“Die Drakeberg, waar die bome staan waaraan geliefdes hulle soms opgehang het as hul ouers geweier het dat hulle trou. Daar waar sommige jong mense na hul dood gespring het. Liewer dood as apart.”
2019
2019-09-25“Verlede jaar op Oujaarsdag was ek in Ballito en het myself gesê dat 2019 my jaar is ...”
Strandloper
2019-08-21"So, put that in your pocket for a rainy day. The world comes to life around me, and I’m alright again. I find it hard to trust people now. I go for long walks."
My Trein-ouma
2019-07-24"Ouma se stories. Die soort stories wat jy nooit in enige boek in die wêreld sal kry nie. Familiestories deur die jare oorvertel. Generasie tot generasie. Die stories is nou vaal in my gedagtes. Vaal soos die winterreën buite wat strepe teen die treinvenster trek."
Die koevert op die tafel
2019-07-18"Almal van hulle is vreemdelinge. Ek ken hulle van g’n kant af nie. Almal is so vriendelik en simpatiek. Hulle noem my Cliffie en sê hulle is vreeslik jammer oor Bianca. Wie is Bianca? Is ek veronderstel om haar te ken? Wat steek hulle vir my weg?"
My onbekende vriend …
2019-07-17"Almal bly stil. Mense koes-koes en maak asof hulle besig is. Hulle vermy oogkontak met hom. Die jong man met sy vuil klere, okkie-kortbroek en gehawende trui wat laag op sy heupe hang."
Die wit koppie
2019-07-03"Soos sy as kind met suikerklontjies gemaak het, haal sy handjie vol na handjie vol pille op ’n slag uit die kardoesie en sluk dit weg met water. Sit die koppie versigtig neer op die bedkassie. Klap haar hande: sy’t onthou! Die tafel is van rooshout."
Die Groot Garibaldi
2019-06-21"Shortie los sy voet en spring op sy rug. Die lug ontplof uit sy longe en deur sy bibberende lippe en hy krul ineen. Die man is mal. Dit was al die tyd ’n lokval van ’n psigopaat, flits dit deur sy brein."
