Fiksie

Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.

Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.

If you would like to submit your writing, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published stories.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

29 Maart 2018

Mornay van der Merwe Fiksie 2018-07-04

"Sy hart klop vinniger, sy asemhaling vlak in sy keel vasgevang. Dit lyk anders as twintig jaar gelede. Herkenning van voorwerpe registreer onwillig. Hy herken die twee drogbeelde van monsters wat steeds die ingang na die hotel bewaak."

Die huldeblyk wat nooit gelewer is nie

Jan Daniels Fiksie 2018-07-02

"Huldeblyk? Dis die eerste woord wat ek hiervan hoor. Ek kyk op die program in die begrafnisboekie wat nog die hele tyd onoopgemaak in my hand is. Ja, sowaar!"

Soos ’n leeuwyfie

Emile Coetzee Fiksie 2018-06-28

"Die gordyn het grasieus toegeval toe die begrafnisondernemer uit die vertrek geloop het. Isabel Roux was alleen oor in die kamer. Stil het sy na haar man in die doodkis gestaar."

Sprokies in Kaaps: Rooikappie ennie wolf

Olivia M Coetzee Fiksie 2018-06-20

"Toe Wolf nou klaa sy lekke brêkfis geïet het, het hy omgedraai en wee trug in Ouma se bed geklim, homself mettie koeberse toe getrek en net daa annie slaap geraak."

Alex

Dawid de Villiers Fiksie 2018-05-24

"Maar Alex het nie die see ingestap nie. So sê hulle."

Om ’n moesie te vermoor

Marchelle van Zyl Fiksie 2018-05-10

"Shemeeze stap na die violis se musiekstaander. Sy skeur die bladmusiek van die laaste lied uit en vou dit op. Sy stap terug na Mariska en vat haar gesig tussen haar hande vas."

Ocean

Abigail George Fiksie 2018-05-04

"She knows in advance to prepare herself. She doesn’t know the face of the person she is going to speak to. Anyway, they’re anonymous. This suits her personality."

“Dans met my broer ...”

Kate Bester Fiksie 2018-05-02

"Ek hoor haar naam is Anna. Toe ek my tweede rum en Coke verby is, word Anna al hoe mooier. Ek begin my verbeel ek is Odusseus wat aan Penelope belowe het hy gaan net vir drie jaar oorlog toe om Troje te beskerm."

Nuwejaar 1961

Wendy Anthonie Fiksie 2018-04-26

"Met ’n grondvaal gesig teen die motorruit besef ek kleintyd die wonder van ’n Karoo-aand – onmeetlik stil met duisend handtasbare sterretjies wat aan die firmament skitter."

Baaikaap

Wendy Anthonie Fiksie 2018-04-26

"Die woord bicarb (bicarbonate of soda) het met so ’n lekker Amerikaanse inslag uit my Kapenaar-pa se mond gerol."

Hester se Skattebolletjie

Abraham Brits Fiksie 2018-04-06

"Die weke het maande geword en die klein duifie is nie meer klein nie en heet nou Skattebolletjie. Hy ry doodluiters op Hester se skouer, net waar sy haar draai maak."

Nessun dorma

Benni Barker Fiksie 2018-04-06

"Cleo kyk met naguilpupille na haar, haar blou oë groot en wyd in die nag. Sy slaap nie haar katslaap nie. Sy is te bewus van die foltering van gelaaide emosie in die kamer."

Die sonde van die kinders

Dawid de Villiers Fiksie 2018-04-04

"Daar was 10 studente in my groep en op ’n Vrydag in Januarie was die skedule dat ons Herfsland Psigiatriese Hospitaal om 9-uur sou besoek."

Meneer Vraagom skryf weer

Willem de Vries Fiksie 2018-03-22

"’n Leeftyd se koerante het onder in sy verbeelding ’n laag leesstof gevorm, en nou blaas die aktualiteit dit aan tot vorme en lewe: ’n Wolk vlermuise klits die lug bo ’n skryftafel waar ’n skrywer ook maar blindelings die werklikheid met sy eie radar op papier probeer aftas."

Ernesta

Kobus Burger Fiksie 2018-03-02

"Dit is sy oorskulp wat onder my linkerbors nestel. ’n Vlesige stetoskoop, darem warm."

Starboy

Abigail George Fiksie 2018-02-20

"Althea’s rapist moved back in with his wife of six years in early November."

Misterie

Willem Esterhuyzen Fiksie 2018-02-14

"Pouse is nog aan die gang, en dit lyk of die skoolkinders alreeds snuf in die neus gekry het dat iets nie pluis is nie. Daar is ’n samedromming buite die hek van die swembad."

"Waar is Nicole?"

John Diergaardt Fiksie 2018-02-07

"Sy kom in die gang van die gemeenskapsaal af in ’n skok-lemmetjiegroen miniromp met gate in, oop middellyf, lae hals, groen stilettohakskoene en ’n wasige skewe pluiskeilhoed. As sy ons familie wou beledig en verkleineer, kon sy nie ’n beter geleentheid gekies het nie."

Boetiek-kroniek

Jonelle du Toit Fiksie 2018-02-06

"Mev Lantier, een van ons kusdorp se swaeltjies, kom by die winkel in. Op haar heup sit ’n groterige, sjampanjekleurige Franse poedel, wydsbeen soos ’n baba."

Die pakkie

Elaine Cronjé Fiksie 2018-02-01

"Dit voel asof almal na my staar, of iemand weet van die pakkie, toegedraai in vaalpapier en weggesteek tussen my klere in die sak. My hart klop in my keel tot ek by die vliegtuig instap."

Top