Sprokies in Kaaps: Rooikappie ennie wolf

  • 1

Skildery deur Carl Larsson, 1881 | Wikimedia Commons

Die Broes Grimm se sprokiesvehaal vetaal en angepas deu Olivia M Coetzee

Een dag lank lank geliede was daa ’n soet en kleine dogtetjie. Amal wat haa gesien het, het van haa gehou, maa die een wattie mieste van haa gehou het, was haa ouma. Haa ouma hettie mee gewiet wat om haa kleinkind nêks te gie nie. Maa eendag toe gie sy vi haa ’n kappie wat gemaak was van rooi vêlvet. Ommat dit haa soe lekke gepas het en ommat sy dit elke dag gedra het, het amal vi haa Rooikappie beginte noem. Een dag toe sê haa ma vi haa: “Rooikappie, waa is djy? Kô, vat die goed! Hie is ’n stuk koek en ’n drienk. Varrit daa na jou ouma toe. Sy is siek en voel glattie lekke nie, ennie koek ennie drienk sal haa bieter lat voel. Gedra vi jou en sê vi haa ek stuu al my liefde. En moenie onnorige draaitjies loep innie bossie, en bly oppie bos se paadjie, wan netou haak of val djy oor ’n klip en dan briekie glas. En dan wat gan djy dan kan vat vi jou siek ouma?”

Rooikappie het toe vi haa ma beloewe dat sy na haa sal luiste en haaself sal gedra. Die ouma het diep innie bos gebly, dit was soe ’n halfuur se stap vannie dorpie af. Toe Rooikappie by die bos in gestappit, toe sien Wolf vi haa en hy stap toe oo na haa toe. Maa Rooikappie hettie gewiet watte gemôs van ’n dier hy wassie en sy was toe nie bang vi hommie.

“Hallo, Rooikappie. Dis ’n mooi dag vedag, nuh?” smilie wolf toe met Rooikappie.

“Ja, Wolf,” sê Rooikappie.

“Rooikappie, nou wantoe stap djy dan soe vroeg innie oggend?" vra Wolf toe.

“My ma’t my gestuu na my ouma toe.”

“Nou wat stiek djy weg daa onner jou vooskoot?” wil Wolf wiet.

“Ouma is siek en sy voel rêrigie lekkerie, en ek vat vi haa koek en ’n drienk. Ôs het giste gebak, en dit sal haa stêker maak.”

“Rooikappie, nou waa bly jou ouma dan?” vra Wolf.

“Sy bly somme hie naby. Dis soe 15 minute se loep van hie af, daa onnerie drie groot boeme. Daa is ’n heining wat vol bessies is daa langs. Djy moetie plek ken,” sê Rooikappie.

“Ooh lekka! Nou daa is ’n lekke brêkfis vi my. Maa hoe gan djy haa vang?” dinkie wolf vi homself.

Hy sê toe vi Rooikappie: “Luiste hie, Rooikappie, but het djy daai mooi blomme gesien wat soe mooi staan innie bos? Hoekô try djy nie om dit te gat kykkie? En ek dinkie djy sal gloe hoe mooi daai voëls daa singie. Dit sal voel soes djy innie dorp is op pad skool toe. Dis tog baie mooi hie innie bos.”

Rooikappie kyk toe om haa en sien toe rêrig hoe mooi dit is daa innie bos is. Sy sien hoerie son se strale deurie boeme se takke spring en hoerie veld toegeplak is met veldblommetjies. Sy dink toe: “Maa as ek ’n bossie blomme vi Ouma vat, dan sal dit haa somme nog baie bieter lat voel. Dis tog nog vroeg, en al gan pluk ekkie blomme sal ek nog altyd op tyd byrrie huis ankô.” Dis toe wat Rooikappie mettie koek ennie drienk die bos in haloep ommie blomme te gan soek om vi haa ouma te gan pluk. En soe het Rooikappie toerie blommetjies beginte pluk, maa elke kee as sy klaa ’n blommetjie geplukit, dan het sy nog een gesien wat mooier gelyk het. En soe het sy maa net vêder agterie blommetjies angehaloep, en vêder en vêder die bos in gegan. Maarie wolf het reguit na Ouma se huis toe gehaloep en daa het hy gekô en annie deu gan klop.

“Wie’s daa?” vra Ouma toe in haa biewerige stemmetjie.

“Dis ek, Ouma, Rooikappie. Ekkit vi ouma koek en ’n drienk gebring. Maak toggie deu vi my oep,” sê Wolf toe in ’n dun stemmetjie.

“Die deu issie gesluitie, draai nettie handvatsel!” roep Ouma. “Ek is te swak om op te staan, my kind.”

Die wolf draai toe die deu se handvatsel en stootie deu oep. Hy’t ingestap en reguit narrie bed toe geloep en net daa vi Ouma opgeïet. Toe vat hy van Ouma se klere en trekkit an. Hy’t haa mussie op sy kop gesit en trug in haa bed geklim. Hy’t hom toegemaak met ouma koeberse ennie gordyne wat voorie bed hang toegetrek.

Rooikappie het agte elke blommetjie gehaloep wat haa oeg gevanit en dit gepluk totdat sy nie mee blomme kon dra nie. Toe sy by Ouma se huis kô, toe is sy vebaas dattie deu oep staan. Sy’t byrrie deu ingestap, maa alles het net soe anners gelyk en gevoel dat sy gedink het: “Maa hoekô is ek soe bang? Dis mos Ouma se huis en ek hou van hie kô kuier.” Dis toe dat Rooikappie na Ouma se bed toe geloep het ennie gordyne voo ouma se bed oep getrekkit. Rooikappie wiet toe nie dis Wolf wat daa lê nie, en sy dink toe dis Ouma. Maa Ouma lê innie bed met haa mussie wat oo haa hele gesig getrek is. Rooikappie dink toe: “Ai, my ouma lyk dam siek.”

Sy kyk toe vi Wolf en sê: “Ooh jitte, Ouma, kyk hoe groot is Ouma se ore!”

“Om vi jou bieter te kan hoo, my kind.”

“Ooh niee, Ouma, en Ouma se oë. Kyk hoe groot is Ouma se oë!” sê Rooikappie.

“Dis soedat ek jou kan bietere sien, my kind,” sakkie wolf af.

“Ouma! En Ouma se hanne? Kyk hoe groot is Ouma se hanne!” Rooikappie skrik toe sy Wolf se hanne sien.

“Hulle is soe groot om jou bietere meen te kan vang!”

“Ouma! Kyk Ouma se lielike groot mond!”

“Groot genoeg op jou op te kan iet!” skrie die wolf, en net daa toe spring hy uitie bed uit, boe-op Rooikappie en toe iet hy haa op.

Toe Wolf nou klaa sy lekke brêkfis geïet het, het hy omgedraai en wee trug in Ouma se bed geklim, homself mettie koeberse toe getrek en net daa annie slaap geraak. Hy was lekke dik gevriet en soes hy oppie naat van sy rug gelê en slaap het, het hy begin snôk, en dit het net al hoe harde gegan. ’n Jagter het toe daa veby gestap toe hyrrie gesnôk hoo. Hy dink toe maa niee, dis darem snaaks, ’n ou-vrou kan mossie soe kliphard snôkie. Hy’t toe besluit hy sal gan kyk, wan as ’n mens sien dan kan ’n mens gloe. Hy’t toe byrrie oep deu in gegan en toe sien hyrrie wolf wat hy al soe lankal jag wat styf onner ouma se koeberse lê en snôk.

“Hy hettie ouma geïet, maa miskien kan sy nog gesave wôt. Ek sal hommie skietie,” dinkie jagter toe.

Die jagter vat toe ’n groot skêr en beginte die mag vannie wolf oep knip. Hy hettie eens baie geknippie toe hyrrie rooi kappie in Wolf se maggie sien. Hy’t toe ’n bietjie vêder geknip en toe spring Rooikappie uittie wolf se mag uit en skrie: “Yoh! Ek was soe bang! Dit was soe donke daa binnekant Wolf.” En toe klim Ouma oek liewendig uit. Toe gan tel Rooikappie swaa klippe op, en hulle pak toe Wolf se hele mag vol mettie klippe. Toe Wolf wakke skrik was hy dôs vannie klompie klippe in sy mag, maa toe hy opgestanit wassie klippe te swaa en hy’t net daa oppie vloer dood neegeval.

Hulle was amal hêppie. Die jagter ommat hy vi Ouma en vi Rooikappie kon gesavit en ommatie wolf uiteindelik dood is. Ouma het haa koek en drienk wat Rooikappie gebring het mettie jagter gedeel. Rooikappie het vi haaself gedink: “Soe lank soes ek liewe sal ek vi Mammie luiste, wan as ek gemaak het soes sy gesê het, dan sallie wolfie vi Ouma en vi my geïet hettie. Ek sal vi my ma luiste en nooit wee die bospaadjie los om allien innie bos in te haloepie.”

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top