Fiksie
Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.
Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.
If you would like to submit your writing, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published stories.
- The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Die robot
2017-11-14"Die geboutjie was weg. In die plek daarvan is ’n slagboom wat rus op ’n mik. ’n Metaalboks steek vir die motoriste ’n papiertong uit. Dan lig die slagboom op."
Om vry uit te stap
2017-11-09"Poppedoks Klopper woon in ’n rooi woonwa by ’n kampeerterrein digby Boksburgmeer. Poppedoks se hande is lomp, maar gewillig, en sy doen alles self in haar huisie op wiele."
Opperman se vuurdoop
2017-11-09"Vandat Opperman hier aangekom het, is Vrydagaande nou grammofoonaande. Nou sit almal in die voorhuis en koud kry en die grammofoon speel 'Moonlight and roses' en 'Tennessee waltz', maar niemand dans nie."
Spoor van ’n droom
2017-11-09"'Ons lakens is geskeurde vlerke,' het hy gesê-fluister en langs my kom lê. Ek het hom gesoen, my hare uit my oë gevee. Daar was ’n borrelrigheid voor my oë; my gedagtes het gevoel soos gekraakte ruite."
Laggend in rou
2017-11-01"Sy soek na iets venynigs om hom toe te snou toe sy sy skouers sien ruk en sy laggery verander na ’n weeklaag en hartverskeurende geween."
Die leser
2017-11-01"Die leser" is ’n splinternuwe kortverhaal deur Izak de Vries: "Ek was mal oor haar, maar al waaroor sy kon praat was jy. Later begin ek ook dink aan jou. Ek is ’n leser en ek maak my eie stories in my kop en hier staan jy, maar nie die vaal jy op Franci se foto’s nie. Jy is baie meer sexy as wat ek gedroom het."
Anna
2017-11-01"Dis asof Anna skielik die helfte kleiner geword het langs my en die seuntjie op my skoot met ’n naald geprik is en ’n vulkaan in my opborrel."
As die naaimasjien die fan tref
2017-10-31"Hesmarie Jordaan is nie ’n mak mens nie. Puntenerig soos ’n ou wiskunde-onderwyser, vind fout met alles. So trots, dit grens amper aan hoogmoed."
Die kat
2017-10-31"Ek verstaan die kat nie en die kat verstaan my nie, maar dit dompel my nie in ’n eksistensiële krisis nie. Ek verstaan mý ook nie en in hierdie stadium van my lewe, verstaan ek nog minder wat mense dryf om te wees soos wat hulle is."
Tannie Hessie en die koorsblare
2017-10-23"My mens, ek en ou mister Babinski wat die antieke winkel het, daar tussen die sentrale en die poskantoor, sit nou die dag op sy rooi stoep en gesels."
Chemo
2017-10-20"Die toneel is onwerklik, onmoontlik. Weer en weer word dié oomblikke in die mens ingebeitel, ingekerf. Iewers kry jy jou beurt; iewers is jy die sandsteen, die ma wat alles sien kom, die een wat wil breek en nie mag nie."
Ysige liefde
2017-10-17"George staan vir ’n oomblik en kyk na die verweerde lyf in die enkelbedjie, dan vou hy die sagte grys kombersie om haar voordat hy die beddegoed weer om haar benerigheid reg skik."
Jonathan
2017-10-16"Nou, meer as ooit, het sy hierdie lysie-gewoonte van haar broodnodig. Dit help dat sy al die nodige aktiwiteite moet onthou vir die afhandel van Theuns se lewe en sommer om haar te help fokus sodat sy nie in ’n bondeltjie verdriet verval nie."
Die restaurant
2017-10-06"Die stad is ’n dier met buie. ’n Oerdier wat ’n mens verswelg en jou deel maak van hom sodat die definitiewe lyn waar jý ophou en die stad begin, vervaag."
Huldeblyk
2017-10-05"Leandri neem die A4-grootte koevert, wat Anton vir haar uithou, in haar hande. ’n Laaste brief? Néé! Dis nie wat sy wil hê nie! Hy moet steeds hier wees! Haar binneste wil vulkanies tussendeur haar ooglede uitspoel."
My Kroon
2017-10-04"Hoeveel keer het hy nie hierdie toneel in sy kop laat kom nie: die dag van afrekening. Toe sy ma met Sofina saam van die beroerte laat weet het, het hy besef hy sou nie meer sy pa met geweld hoef sit te maak nie."
Affodille in die winter
2017-09-21"Dalk het daar tog goed uit sy dood gekom. Iewers daar buite is dele van hom nog lewend."
Bloedgrond
2017-09-07“‘Erfgrond is bloedgrond,’ het haar pa een aand stug verklaar na ’n derde sopie brandewyn. ‘Grond is bloed. Bloed is grond. God behoed die siel wat dit minag.’”
Die vrou met die piering
2017-08-28"Ek hou my piering in my linkerhand en my teekoppie in my regterhand; presies soos Ma my geleer het. Al is ek in die Wimpy. My vyftigjarige hande is skurf. My naels is kort en gesplinter. Sunlight liquid en Handy Andy is nie jou maters nie. Ek moes liewers my naels as my hare laat doen het vir tant Sus se begrafnis."
30 Junie 2016
2017-08-22"Sy sal terugkom. Sy sal uitvind en terugkom. Sy sal weet dit was ek, hoe ook al sy uitvind. Sy moet net uitvind. En as sy uitvind sal sy weet ek is nou wat sy wou gehad het. Ek moet net seker maak sy vind uit. En dan sal sy terugkom."
