Fiksie
Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.
Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.
If you would like to submit your writing, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published stories.
- The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Juffrou Swanepoel kyk op
2016-07-20"Sy het vasbeslote na die kinderboekie in haar handjies bly staar."
The Halfway Inn
2016-07-06"'Hallo, Meneer, en van waar is julle?' Dit is die marshmallow-man wat hier agter my praat. Sy glas bewe met die ys wat teen die kant rinkel. Seker nog nie by die kalmeerdop uitgekom nie."
Sukkelbestaan
2016-07-06"Dog jy vra nooit. Ek kan dood vir 'n koppie tee. Gooi net vir ons in jou smart koppies, gehoor?"
"Ek is nog hier ..." / In die hinderlaag (Deel II)
2016-06-30"Hy sien op die radiowekker langs die bed dat dit 02:22 is, kyk in die vertrek rond, op soek na sy selfoon. Hy sal sy vrou moet kontak, haar laat weet dat hy eers later tuis sal wees, dis die bedagsame ding om te doen."
Lig
2016-06-29"Die blougrys eier het swart spikkels. Sy vou dit versigtig in haar hande toe. Dis yskoud. Die malgaswyfie het ook nie teruggekom nie."
Die bok van Hilton
2016-06-14"Elke aand was sy die life of the party, maak seker die manne drink baie shooters, want dis waar mens die meeste geld op maak, maar haar body shots was nie meer so gewild soos vroeër nie."
Stomdys
2016-06-14"Waarin glo ons? Aarde. Waarin glo ons? Aarde. Terug Aarde toe, terug Aarde toe, terug Aarde toe."
"Ek is nog hier ..." / In die hinderlaag (Deel I)
2016-06-10"'Hoe ver kan ’n hond in ’n bos in loop?' vra Gawie Kriel aan Jan die kameraman."
Die verste plek
2016-06-07"Wat haar man nou eintlik gedoen het om so ‘n straf te verdien, wou hy nooit vir haar sê nie. Net dat die distrikskommandant die sersant geroep en opdrag gegee het: 'Wat is die verste plek wat jy het? Vat hierdie donnerse man en stuur hom soontoe!'"
Op hierdie Dinsdag
2016-04-29"’n Week het een Dinsdag. ’n Jaar, ’n halwe honderd. ’n Rewolusie het baie Dinsdae."
Om vredeswil
2016-04-28"Hy fantaseer hoe hy op die balkon staan en vir die jillende masse die vredespille gooi."
Bietjie bietjie maak baie
2016-04-20"Soekie hoor die boeke val voor sy wakker word. Die deur van haar kamer stamp stamp stamp teen die boekrak."
Voortrekker
2016-04-13"Die swaar vrou in die lang, lanferswart rok beweeg stadig, effens hinkend, maar tog met byna manlike energie op die skare af wat ‘n vuur met motorbande teen die generaal se voetstuk gemaak het."
New writing: The break-up
2016-02-02"It was in this moment that I realised that I was missing something vital in this whole set-up. That there was a silence between us as well."
Terwyl die skemer daal
2016-01-12"En dan draai een van die lampe af sonder dat iemand daaraan vat, en die susters kyk verstyf daarna, ongekoude kos wat lank in hulle monde bly lê."
Fiksie: 'n Moerse klug?
2015-12-22"Dis iewers in die toekoms. Verkiesingskoors is weer verby. Kruisies is getrek, bederf en weerhou."
