Fiksie
Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.
Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.
If you would like to submit your writing, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published stories.
- The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Die ander vrou
2018-01-30"Spontaan begin sy vertel van die verskriklike week wat hulle agter die rug het. Die dames in die volgepakte salon spits hul ore en dié reeds onder die raserige haardroërs wend hulle tot liplees soos wafferse matrieks in die skool vir dowes."
Blufgesig
2018-01-25"In haar wêreld van glans en goud is tyd geld, en geld is god. En tussen die lyne van die drie-eenheid van Tyd, Geld en God is die foutgrens weglaatbaar klein. Moenie laat ons jou ooit vang dat jy dit vergeet nie, oorkoepel die stille slagspreuk die sielkundige mynveld waar Mammon koning kraai."
Die tafeltjie langs Judges-rylaan
2018-01-24"Die Vrydag voor hy haar terugneem huis toe, wil hulle die aand gaan uiteet, maar Hanko noem dat die Honda lol. Want hy soek ’n rede om vir Beatrice naby ’n kolossale elektroniese advertensiebord by Cresta te kry."
As die aarde bewe …
2018-01-24"Die dreuning van stemme gaan voort in die kombuis, nou ’n bietjie sagter. Dan skielik al hoe harder. Sy wip soos sy skrik toe ’n bord in skerwe spat."
Glinster
2018-01-10"Dis ’n Saterdagoggend. Daar is niks om voor bang te wees nie. Dis nie asof die grassnyer sy pols helder oordag gaan afkap nie. Die masjien is mensgedrewe; dit kan nie vanself beweeg nie."
Etienne
2018-01-03"En in die middel van al hierdie oorvloed staan daar ’n stil, stowwerige handwerkwinkeltjie, die rakke yl gepak met wol en gare, vergeelde papiere op die toonbank, ’n vrou in haar dertigs, haar tienjarige seuntjie, en ek."
Die blokhuis
2017-12-21"Soos menige ander steenblokhuis wat die Britse imperiale magte aan die begin van die laaste eeu gebou het, is hierdie blokhuis dalk nie besonders nie, behalwe een unieke aspek."
Onverdiende genade
2017-12-12"Die dood is deesdae ’n troue metgesel, gedurigdeur aan sy sy. Soms dink hy as hy vinnig sou kyk, sal hy hom daar sien staan. Hulle het mekaar immers voorheen al takserend in die oë gekyk. Die dag toe hy Mietjie kom haal het."
Die voorgenome huwelik
2017-12-07"Dit is die konflik tussen hom en sy gesin wat my gewoonlik by hulle sake intrek, soos nou, want vir hom is alles swart-en-wit en vir liefde is daar nie werklik ruimte nie. Dit is nie beheerbaar genoeg nie. Die natuur van die mens, veral as dit kom by liefde, kan nie in sy wil in reg geskreeu en geïnspekteer en gekritiseer word nie."
Brak
2017-12-06"’n Lorrie snel verby. Sy krimp ineen; glip uit my hande en skiet verward in ’n rigting. Ek keer haar net betyds. Die verbeelde karkas is vir my té bekend. Ek laai haar op."
Young German woman with the graceful neck
2017-12-01"His silence was like the steep stone folds of a mountain. She remained unseen. A quiet peaceful sea that had lost its roaring voice."
Tampa
2017-11-29"In Knysna, his elderly parents were getting a divorce. His sister was moving house to London with her daughters and accountant husband. Yes, everybody they knew was moving up in the world. He met Nick in Tampa."
Nuwe blomme op ’n ou graf
2017-11-28"Sy wou haar kind hou. Van dag een af – dit was nie eers vir haar nodig om daaroor te wroeg nie."
Pierre se sel
2017-11-21"As ek mooi daaroor dink, kan ek Amalia nie verkwalik dat sy met haar lewe wil aangaan nie. Wat is daar nou in vir haar met my? Sweet blow boggherol. ’n Paar oë wat knipperend en koddig terug moet praat."
Weerwraak
2017-11-16"Haar liggaam voel nog steeds rou van al die geskroppery wanneer haar vriendin ’n bietjie later ’n koppie Earl Grey-tee in haar rukkende hande druk."
Tot in die soveelste geslag
2017-11-16"Die adellike swaeltjie Erika von und zu Berghoven (née Schüler) het elke jaar vanuit die koue Keulen in die Boland by haar aangetroude Afrikaanse familie kom kuier. Stellenbosch was vir haar die paradys."
Die robot
2017-11-14"Die geboutjie was weg. In die plek daarvan is ’n slagboom wat rus op ’n mik. ’n Metaalboks steek vir die motoriste ’n papiertong uit. Dan lig die slagboom op."
Om vry uit te stap
2017-11-09"Poppedoks Klopper woon in ’n rooi woonwa by ’n kampeerterrein digby Boksburgmeer. Poppedoks se hande is lomp, maar gewillig, en sy doen alles self in haar huisie op wiele."
Opperman se vuurdoop
2017-11-09"Vandat Opperman hier aangekom het, is Vrydagaande nou grammofoonaande. Nou sit almal in die voorhuis en koud kry en die grammofoon speel 'Moonlight and roses' en 'Tennessee waltz', maar niemand dans nie."
Spoor van ’n droom
2017-11-09"'Ons lakens is geskeurde vlerke,' het hy gesê-fluister en langs my kom lê. Ek het hom gesoen, my hare uit my oë gevee. Daar was ’n borrelrigheid voor my oë; my gedagtes het gevoel soos gekraakte ruite."
