Musiek

KlankKas is jou gig-gids en musiektuiste.
KlankKas is your gig guide and music fix.

Volkspeler is terug, met Die Boksburg Bebop

Henry Cloete Musiek 2015-04-09 Die alternatiewe-rock-groep Volkspeler is terug met ’n nuwe album. Johan Jack Smith, voorman, beantwoord ’n paar vrae. Goeiedag, Johan. Wat gaan aan? Nie veel nie. Sit by die werk. Herstel na die langnaweek. Laas toe ons gepraat het op LitNet, het jy pas ’n solo-album bekend gestel, apart van die Volkspeler-deelname en -loopbaan. Nou is […]

Francois van Coke oor sy solo-album: "Ek het opsetlik minder geskree ..."

Henry Cloete, Francois van Coke Musiek 2015-04-08 Francois van Coke, reeds ’n rock ’n roll-legende en voorman van Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel, se eerste solo-album word nou vrygestel. Hy beantwoord ’n paar vrae. Goeiedag, Francois. Wat gaan aan? Hei Henry, dinge is besig. Ek beantwoord die onderhoud op ’n vliegtuig op pad Pretoria toe. Ek het so ’n paar shows die […]

Andrew Lloyd Webber vier vyftig jaar op Broadway – in Somerset-Wes

Naomi Meyer, Paul van Zuilenburg 2015-04-07 "Iemand wat in 2013 na die Andrew Lloyd Webber-konsert gekom het, het na die tyd aan my gesê dat dit die eerste keer was dat hy ’n simfonie-orkes lewend gehoor het, maar dat hy nooit weer een van ons konserte sou mis nie!"

Resensie: Run deur AWOLNATION

Gerdus Senekal 2015-03-31 "'Run' is 'n doelgerigte marathon."

Visioene van Syd (1946–2006)

Jaco Fouché 2015-03-23 "Eendag sal jy teen dagbreek regopsit
En die slapers na hulle waak aantref."

Endler Konsertreeks met Miagi

Carine Janse van Rensburg 2015-03-20 "Begeesterd. Dis die woord wat by my opgekom het terwyl ek na hierdie jeugorkes geluister het. Daar het ’n energie van dirigent Brandon Phillips, en later Tshepo Tsotetsi, na die orkes gevloei en terug. ’n Wedersydse besieling."

Ballade vir 'n Enkeling-lied: toe en nou

Hunter Kennedy, Naomi Meyer 2015-03-16 Die Heuwels Fantasties sing die temalied van die nuwe Ballade vir 'n Enkeling-film. Hunter Kennedy gesels met Naomi Meyer oor die verwerking van 'n liedjie wat hy self ook uit sy kleintyd onthou.

Endler-konsertreeks met Roelof Temmingh (en Zorada)

Carine Janse van Rensburg 2015-03-16 Roelof Temmingh het waarskynlik in sy skrale agtien jaar reeds meer akkolades ontvang as die meeste gewone sterflinge in ’n leeftyd.

US Woordfees 2015: Foto's van 16 Onse

Gerrit Rautenbach 2015-03-12 16 Onse is die vlagskip-produksie van vanjaar se US Woordfees en dié reënboog-musiekvertoning het voorwaar ’n sterk verteenwoordiging van onse almal se musiek. 

US Woordfees: Die Roebaijat van Omar Khajjam

2015-03-09 Uit die Afrikaanse Roebaijat, die kwatryne van die Persiese digter Omar Khajjam, lees die digter-vertaler Daniel Hugo voor, en liedjieskrywer Nedine Blom sing.

Endler Konsertreeks met Gunter Kennel

Carine Janse van Rensburg 2015-03-07  Carine Janse van Rensburg lewer verslag van Gunter Kennel se orrelspel tydens 1 Maart 2015 in die Endlersaal in Stellenbosch.

Endler-konsertreeks, Korngold Projek 2 | Endler concert series, Korngold Project 2

Carine Janse van Rensburg 2015-03-04 "Die musici se oorgawe aan die musiek was meesleurend, hul energie aansteeklik en hul fyn ingesteldheid op mekaar – in ’n werk wat by tye ’n redelik vinnige tempo handhaaf – loflik."

Regstreekse uitsending van kykNET Fiëstas gaan die sterre behoorlik laat skitter

2015-03-04 Op 5 Maart 2015 rol kykNET vir die vyfde keer die bloutapyt uit vir ’n glansryke toekenningsgeleentheid om die rolspelers en talent in die Afrikaanse kunste te vereer. Hierdie glansryke geleentheid sal vir die tweede keer regstreeks uitgesaai word op kykNET, DStv kanaal-144.

Klopjag: 'Dis definitief meer as net ’n band'

Henry Cloete 2015-03-04 "Vir ’n lang tyd moes ons speel om huur te betaal en nou speel ons om musiek te maak. Dis ’n baie bevrydende plek om te wees – dis amper soos om oor te begin, maar na meer as ’n duisend gigs saam."

Heinz Winckler: "Ek wens ek was al langer ’n onafhanklike kunstenaar"

Henry Cloete 2015-03-03 "Ek was nog nooit spyt oor my deelname aan Idols nie. Ek glo dit was die regte ding vir my. Ek wens wel daar was beter leiding itv my bestuur en besigheidsbestuur na die kompetisie."

US Woordfees 2015: Toorwoorde roep my by D-Street Gallery

Ingrid Winterbach, Clare Menck, Vernon Swart 2015-03-03 Kunstenaars tree met mekaar in gesprek by hierdie uitstalling by die US Woordfees 2015 – Valiant Swart se lirieke ontmoet die skeppings van kunstenaars soos Ingrid Winterbach, Strijdom van der Merwe en Clare Menck.

Kyk wat maak Chris Chameleon nou

Chris Chameleon, Naomi Meyer 2015-02-24 Nie net is hy by die US Woordfees 2015, aan die reis, sing en skryf nie, maar hy bied ook 'n reeks aan op kykNET, waarvan hy in dié onderhoud vir Naomi Meyer vertel.

Kyk noord, gaan voort

Koos Kombuis 2015-02-24 "Ons leef in vreemde tye. Tye van vreemdelingehaat, beurtkrag, parlementêre chaos, bedreigings teenoor die vrye pers, rassisme van alle kleure en geure, plaasmoorde, werkloosheid, toenemende polarisasie en algemene pessimisme. In hierdie tye bring Stef Bos sy eerste volledige Afrikaanse album uit, en hy noem dit Kaalvoet."

Endler-konsertreeks met Renée Reznek | Endler concert series with Renée Reznek

Carine Janse van Rensburg 2015-02-23 "Wat ’n roerende belewenis was Renée Reznek se klawerklanke nie. Suiwer en deernisvol – soos ook haar omgang met haar instrument, met elke komposisie, met haar gehoor."

Onderhoud: "Lisa se klavier"

Koos Kombuis, Liza Joubert, Naomi Meyer 2015-02-18 Aanhangers van Koos Kombuis het dalk al gewonder: wie was dié Lisa? En het sy werklik bestaan?
Top