Musiek
KlankKas is your gig guide and music fix.
Musiek op die lug: waarom ek gemengde gevoelens het oor die 90%-reël
2016-05-17"Dit is dan eintlik my grootste vraag: Selfs met die nuwe reëling in plek, hoeveel moeite gaan die ouens wat die speellyste saamstel doen om uit hul pad te gaan om interessante plaaslike musiek op te spoor?"
Hendrix se "Voodoo child" ontmoet Händel se Messias
2016-05-10"Voorheen was hierdie gebou slegs die Händel Museum en kon mens Hendrix se woonstel op uitnodiging besoek, aangesien die boonste verdiepings van die huis verbind is. Nou staan dit bekend as Händel & Hendrix in London."
Albumresensie: Introvertigo deur Dan Patlansky
2016-05-03"Die materiaal is oorspronlik, vars en opwindend. Die kitaarspel is van wêreldklasgehalte - een oomblik sag, melodieus en lig, dan bars alle hel skielik los en dreig dit om buite beheer te raak."
Willem Samuel: "Dis beter om aan die songs te dink as sketse"
2016-04-29"Langafstand was oorspronklik ’n verjaardaggeskenk vir my vrou: al die liedjies wat ek vir haar geskryf het oor ’n vyfjaartydperk, die meeste van hulle toe ons ver weg van mekaar was."
Foto’s AKA 2016: Grote Zaal
2016-04-21Die Grote Zaal in die Compagnietheater was die hooftuiste vir musiekoptredes by die Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam 2016. Loer watter bekende gesigte in die groot teatersaal opgetree het.
’n Gesprek oor Suid-Afrikaanse opera: Etienne Viviers gesels met Mareli Stolp
2016-04-21"Ek glo nie in slegs ’n enkele idee van wat 'Afrika', 'Afrikamusiek' of 'Afrikaïese musiekpraktyke' is nie – elke individuele kunstenaar moet self besluit hoe hulle gaan woeker met die land waarin hul bly, hoe hulle gaan omgaan met die ongelooflik ryk materiaal wat hul omgewing hul bied, hoe hulle gaan skep."
Black Sugar: "As die liedjie nie die nodige attitude het nie, gooi ons dit weg"
2016-04-13"Dit sal altyd ’n passieprojek bly, maar terselfdertyd streef ons daarna om ’n produk te lewer wat in terme van oorspronklikheid en professionaliteit van ’n internasionale standaard is."
Al Bairre: "We put a lot of time into getting the energy of our live show into a CD"
2016-04-13"If we don’t feel like a song could potentially be a single then we put it in a special box that we then put in the bin."
Herdenkingsalbum met Ingrid Jonker se gedigte
2016-04-12Die kind is nog jonger-CD bevat gedigte wat deur 36 kunstenaars getoonset is by die vyftigste herdenking van Jonker se tragiese dood.
Onderhoud: Isaac Mutant neem Europa oor
2016-03-18"Ek is gatvol dat almal so sensitive is oor alles."
US Woordfees 2016: Small as struggle-ikoon vereer
2016-03-16"Ek het so gewens ons kon elke student op Stellenbosch blootstel aan Small se struggle-literatuur in Afrikaans. Hoe lekker sou dit nie wees as die #OpenStellenbosch-beweging kon boogie op die Afrikaanse strugglemusiek nie?"
ATKV-Crescendo 2016 wil jou hoor
2016-03-03Die ATKV soek jou lied, jou song, jou eie werk. Oudisies word gehou. Kom stal jou talent uit! Hier is nog inligting.
US Woordfees: Liedjieboer Anton Goosen word 70
2016-03-03Die liedjieboer en onmiskenbare vader van Afrikaanse rock wat Afrikaans cool gemaak het, word hierdie maand 70 jaar oud. Jean Oosthuizen het met Anton Goosen gesels oor sy lewensfilosofie, sy rebelsheid teenoor die establishment en sy liefde vir Afrikaans.
Inglorious: Rockmusiek is dood … lank lewe rock!
2016-03-01"Daar’s geen twyfel nie: Inglorious het die potensiaal om die vure hoog te laat brand vir rockmusiek in 'n groot stadion."
US Woordfees 2016: Händel se Duitse Arias
2016-02-24Die Endler Konsertreeks, in samewerking met die US Musiekdepartement se Eenheid vir Vroeë Musiek, bied Händel se Duitse Arias aan – op Vrydag 4 Maart, om 18:00, in die Fismersaal, Stellenbosch.
Adriaan Brand by US Woordfees 2016: "Ek wil poog om deel van die ontluikende oplossing te wees"
2016-02-23"Die program vorm ’n betekenisvolle geheel soos ’n musiekterapiesessie: ons stel voor, dan nooi ons in, voor ons verdiep en konfronteer, waarna ons oplos (of resolve), feesvier, seënspreek en afsluit. "
Wilken Calitz by US Woordfees 2016: "Jy moet seker maak hulle beleef iets wat hulle nog nooit vantevore beleef het nie"
2016-02-23"’n Kroeg, ’n saal vol akademici, taalstryders, brandweermanne en skoolkinders is almal kliënte as ek besluit het om voor hulle te staan en musiekmaak. "
Bertie Coetzee by US Woordfees 2016: "Die senuwees sal erg knaag so ’n ruk voor die show"
2016-02-10"As mens lanklaas gespeel het, is lirieke soos daai koedoe in die skemer agter ’n haakbos – as jy hom uit die hoek van jou oog kyk, dan sien jy hom, maar sodra jy vir hom kyk, verdwyn hy."
Schalk van der Merwe by US Woordfees 2016: "So ’n produksie is ’n rare ding"
2016-02-10"Dit maak my as kitaarliefhebber vreeslik opgewonde – hierdie gaan baie goed op die oor wees!"
Riaan Nieuwenhuis: "Ek het gemik vir ’n rou en swaar klank"
2016-02-04"Die stem is natuurlik ook ’n instrument, maar met woorde as alledaagse kommunikasie val die musiek vir my grotendeels in ’n ander kategorie."
