Onderhoude
Interviews about topical issues
Die wêreld van werk is nie kinderspeletjies nie: waarom beroepsvoorligting lewensbelangrik is
2024-11-20"In die algemeen, wanneer leerders aangemoedig word om oor hul toekoms te dink en vakke te kies wat ooreenstem met hul doelwitte en belangstellings, gaan dit nie net oor hul individuele toekomstige sukses nie; hulle stel ook die hele land op vir ’n beter toekoms."
Stilfontein: ’n misdaadtoneel of ’n humanitêre kwessie?
2024-11-20Dave van Wyk, senior navorser by die Bench-Marks Stigting, plaas vir Freek Robinson die kwessies rondom onwettige mynwerkers (die zama zamas) binne ’n groter konteks.
Is daar ’n nuwe wêreldorde op pad?
2024-11-13Gaan Donald Trump die VSA onttrek uit die demokratiese instellings soos die Verenigde Nasies en Navo? Gaan hy wel invoertariewe verhoog en so inflasie verder opjaag? Wat gaan Elon Musk in die Amerikaanse parlement doen? Gaan Trump vir Poetin ondersteun, of juis nie? Wat hou ’n insulêre VSA vir Afrika in?
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Shaleen Koopman
2024-11-12"Met meer boekklubs kan jy ook meer uitreikaksies aan alle ouderdomsgroepe lewer." Hierdie onderhoud met Shaleen Koopman is die elfde aflewering oor ons biblioteke.
Troep: Die kleingeskiedenis van ’n oorlog
2024-11-07Bun Booyens is die samesteller en redakteur van Troep. Die dinge wat hulle saamdra. Hy vertel aan Freek Robinson hoe hy te werk gegaan het om gewone mense se stories na te speur en om seker te maak dat ’n groot aantal mense se eie oorlogstories in hierdie boek opgeneem word.
Ons biblioteke: ’n onderhoud met René Schoombee
2024-11-04"Ek is die trotsste op hoe ons Durbanville Biblioteek getransformeer het in ’n sosiale kern wat mense van alle ouderdomme en agtergronde bymekaarbring. Om te sien hoe die biblioteek gegroei het van ’n plek waar boeke uitgeneem word na ’n plek waar werklik ’n verskil in die gemeenskap gemaak word." Hierdie onderhoud met René Schoombee is die tiende aflewering oor ons biblioteke.
Digtersweek 2024: ’n onderhoud met Amanda de Lange
2024-10-31"Een van die lekkerste dinge van woordkuns is dat jou brein iets kan oplewer wat jy nooit gedink het moontlik is nie. Dis soos kwashale met letters waar iets geskep word wat nie net vir die woordkunstenaar self vreugde verskaf nie, maar ook vir elkeen wat dit lees."
Are doctors opposing the NHI fat cats or problem solvers?
2024-10-30Simon Strachan calls himself "an advocate for the most vulnerable little people in our society" and says he is "passionate about the access to quality care for everyone". But if this is true, why, then, does he, like many other doctors, oppose the government’s National Health Insurance (NHI) scheme when the politicians say it is a "strategy to achieve universal health coverage"?
Romantiese en erotiese fiksie in Afrikaans: variasies op ’n wenresep?
2024-10-28"Die genre-en-leser-verhouding is simbioties. Ek dink die genre verander om by te bly met hoe lesers verander, maar ook dat die lesers se opvattings verander aan die hand van wat hulle lees."
Waarom die VSA by Suid-Afrika wil leer
2024-10-25Roelf Meyer was ’n maand lank in die VSA waar hy lesings en werkswinkels aangebied het oor Suid-Afrika se vreedsame oorgang na demokrasie. Maar waarom nou? Wat wil die Amerikaanse denkers tans by ons leer en hoekom? En wat sê Meyer aan die afstig-Afrikaners wat beweer hy het Suid-Afrika gewoon uitverkoop? Freek Robinson het met Meyer gesels.
Wysigingswetsontwerp op Outeursreg na Konstitusionele Hof verwys: ’n onderhoud met Catrina Wessels
2024-10-23"As jy as doodgewone Suid-Afrikaanse burger omgee oor die land se welvaart, behoort jy hieroor om te gee. Kunstenaars van oor verskeie dissiplines en skeppende bedrywe stel nie net wonderlike kreatiewe uitdrukkings daar nie, maar skep werk."
Wat hou die verkiesing in die VSA vir Suid-Afrika in?
2024-10-18Sal Harris meer vir Suid-Afrika beteken as Trump? Wie gaan wen? Waarom stem swart mans vir Trump? Waarom onttrek talle oud-Republikeine hul steun aan Trump? Dit is maar enkele van die vrae wat Freek Robinson stel aan Chris Opperman, ’n toenmalige diplomaat wat nou ’n sakeman in die VSA is.
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Reinie Smit
2024-10-17My gunstelinggedeelte uit ’n Afrikaanse boek is nie ’n openingsin nie, wel op bladsy 38 van Voetstoots deur Annelie Botes: "In die munisipale gebied van Helsinki (Finland) mag geen inwoner buite loopafstand van ’n biblioteek bly nie. Dit beteken as ’n woongebied uitbrei, moet die munisipaliteit ’n biblioteekplan voorsien alvorens boupermissie gegee word!" Hierdie onderhoud met Reinie Smit is die negende aflewering oor ons biblioteke. Reinie is bibliotekaris by Prins Albert Biblioteek.
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Cecelia Larey
2024-10-09"Dit bring ’n knop in my keel wanneer ’n biblioteekgebruiker die gebou verlaat en erkenning gee aan die verskil wat ons diens in hulle lewe of omstandighede gemaak het." Hierdie onderhoud met Cecelia Larey is die agtste aflewering oor ons biblioteke.
Reguit met Robinson: Onderwyssektor onder beleg
2024-10-09Die onderwys verkeer tans onder baie druk. Freek Robinson gesels met Paul Sauer, uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU). Poste, begrotingsinkortings, leerders se gebrek aan leesbegrip, die Bela-wet, die toestand van klaskamers en die welstand van onderwysers word onder die loep geneem.
Die pad na lesers se harte loop deur hul lagspiere
2024-10-03Jaco Jacobs vertel vir Freek Robinson hoekom hy skryf om kinders te vermaak. Robinson wil ook by Jacobs weet: Hoe weet hy dat hy sy mark verstaan? Pas kinder- en jeugboeke aan by die tye? Is daar genoeg ondersteuning vir skrywers? En: Hoe kry ons kinders weer aan die lees?
Wat kan ek en jy doen om klimaatsverandering te keer?
2024-09-25Freek Robinson gesels met Peter Johnston, ’n klimaatspesialis van die Universiteit Kaapstad, oor klimaatsverandering en vra hom ’n aantal vrae: Kan ons die sneeu oor groot dele van die land toeskryf aan klimaatsverandering, of nie? Is daar wel ’n probleem, of is al die gesprekke bloot bangmaakpraatjies?
Kallie Kriel gesels oor sy gesprek met Nommer Een
2024-09-18Toe Kallie Kriel ’n oproep van die President kry, was hy vir ’n oomblik oortuig dis Leon Schuster wat met hom spot. Tog was dit nie. Vir 35 minute het die twee met mekaar gesels. In hierdie onderhoud vertel Kriel aan Freek Robinson waarom hy dink die President het die erns van die situasie ingesien, en hy verduidelik ook hoe die volgende drie maande daar gaan uitsien.
A multidisciplinary approach to Alzheimer’s
2024-09-17"It involves supporting the individual and their family as they process the diagnosis and adjust to the impact of the disease on the family system, and walking the road with them all till the end of the life of the person living with dementia."
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Ashley Lewis
2024-09-09"Hierdie inisiatief is wêreldwyd gepubliseer omdat dit 60 kinders per dag na die biblioteek gelok het. Dit het vir ons die geleentheid gegee om kinders van die straat af te kry en ook vir hulle te leer lees. Deur die aanbied van hierdie program het Delft Biblioteek die Wes-Kaapse Kuns- en Kultuurtoekenning in 2022 gewen, asook die tweede plek in die Stad Kaapstad se toekennings, en het vanjaar internasionale erkenning by IFLA (International Federation of Library Association) ontvang." Hierdie onderhoud met Ashley Lewis is die sewende aflewering oor ons biblioteke.