Waarom die VSA by Suid-Afrika wil leer

  • 1

Roelf Meyer was ’n maand lank in die VSA waar hy lesings en werkswinkels aangebied het oor Suid-Afrika se vreedsame oorgang na demokrasie. Maar waarom nou? Wat wil die Amerikaanse denkers tans by ons leer en hoekom? En wat sê Meyer aan die afstig-Afrikaners wat beweer hy het Suid-Afrika gewoon uitverkoop? Freek Robinson het met Meyer gesels.

  • 1

Kommentaar

  • Barend van der Merwe

    Daar was onlangs 'n artikel in Netwerk24 met die titel: Kyk hoe verdof die Goudstad, alles binne net 14 jaar. Hier die skakel:

    https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/aktueel/kyk-hoe-verdof-die-goudstad-alles-binne-net-14-jaar-20241019

    Kyk gerus mooi na die fotos in die berig.

    Daar is al baie geskryf oor die NP se onderhandelinge deur historici en ander ontleders. Natuurlik sal Meyer hou by sy perspektief en dis sy goeie reg, maar daar is baie ander perspektiewe wat mens ook maar gerus kan gaan lees. Natuurlik is dit alles gedane sake, maar dit het implikasies vir die toekomstige maniere van orienteer. Meyer is self ook 'n ondersteuner van die ANC, en ook lid, sover ek weet, en sy party het 8 keer agtereenvolgens die mosies van wantroue teen hulle leier Jacob Zuma teegestaan. Politici kyk eerste na hulleself. Dit was so met 1994 se RNE en dit is presies dieselfde met 2024 se RNE. In 1994 is nie 'n enkele NP politikus tronk toe vir die misdaad teen die mensdom apartheid nie. Inteendeel is De Klerk met die Nobelprys bekroon. Die staatskapers van die Zuma era is ook nie, volgens my wete, tronk toe nie. Hier en daar dalk 'n simboliese uitsondering. So was dit ook met apartheid. Eugene de Kock en ander amptenare was tronk toe. Maar nie 'n enkele politikus nie. Die RNE gaan ook nie die werkloosheid en ongelykhede verlig nie. Inteendeel glo ek dit gaan vererger.

    Die enigste antwoorde lê in die desentralisering van mag. Gemeenskappe moet self hulle probleme oplos. Die regering vererger net die armoede en ongelykhede met hulle SEB en kaderontlpooiing beleide.

    Soos wat Johannesburg verkrummel, so is baie dorpe al nog verder af in die pad na verwoesting. Welaf mense word nie eintlik deur die verval geraak nie. Hulle het geld om hulleself te beskerm teen die verval van die polisie. Hulle is beskut teen die realiteite.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top