Roelf Meyer

Roelof Petrus Meyer is ’n Suid-Afrikaanse politikus wat kabinetsposte onder PW Botha, FW de Klerk en Nelson Mandela beklee het.

Roelf Meyer was betrokke by die suksesvolle onderhandelinge om ’n demokratiese Suid-Afrika te skep. Sedertdien is hy na tientalle konfliksones genooi om onderhandeling van stapel te stuur.

Die Orde van die Kremetart (Silwer) is aan Meyer toegeken vir sy bydrae tot die onderhandelingsproses vir ’n nuwe grondwet.

Roelf Meyer oor Niël Barnard die strateeg en spanspeler

Izak de Vries, Roelf Meyer Onderhoude 2025-01-15

"Intelligensie het voortdurend insette gelewer. Onder andere Niël, maar ook van die analiste uit intelligensie. ’n Verskeidenheid van hulle. Dit is ouens wat vir ons regtig baie, baie bruikbare inligting op ’n deurlopende basis kon gee."

Waarom die VSA by Suid-Afrika wil leer

Freek Robinson, Roelf Meyer Onderhoude 2024-10-25

Roelf Meyer was ’n maand lank in die VSA waar hy lesings en werkswinkels aangebied het oor Suid-Afrika se vreedsame oorgang na demokrasie. Maar waarom nou? Wat wil die Amerikaanse denkers tans by ons leer en hoekom? En wat sê Meyer aan die afstig-Afrikaners wat beweer hy het Suid-Afrika gewoon uitverkoop? Freek Robinson het met Meyer gesels.

’n Boodskap oor Dawie de Villiers se heengaan

Roelf Meyer In memoriam 2022-04-26

"Dawie se lag was aansteeklik en sy humor sonder ophou. Maar ook sy energie en persoonlike gesondheidsbeoefening was voorbeeldig. Dawie was te alle tye ’n ware leier wat niks vir homself gevra het nie."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Roelf Meyer

Freek Robinson, Roelf Meyer Onderhoude 2022-03-16

Roelf Meyer was betrokke by die suksesvolle onderhandelinge om ’n demokratiese Suid-Afrika te skep. Sedertdien is hy na tientalle konfliksones genooi om onderhandeling van stapel te stuur. Freek Robinson vra Meyer uit oor hoe onderhandeling plaasvind, wat die prosesse en slaggate is, en uiteindelik ook wat die kanse op vrede in Oekraïne is terwyl Poetin nog aan bewind is.

Top