In memoriam
Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.
On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.
Persverklaring: Afrikaanse taalstryder en ‑aktivis Ampie Coetzee sterf
2020-10-16Die Breytenbach-Sentrum in Wellington het met diepe hartseer verneem van die heengaan van Ampie Coetzee, stigterslid van die Breytenbach Sentrum en ook die eerste voorsitter van die Breytenbach Trust.
Rus in vrede, Ampie Coetzee
2020-10-15LitNet het met leedwese verneem dat Ampie Coetzee oorlede is.
Aster Berkhof (1920–2020): monumentale literaire erfenis over het dorp en de wereld
2020-10-09"Aster Berkhof, pseudoniem van Lode Van Den Bergh, een van de meest gelezen Vlaamse auteurs van de vorige eeuw, is op 29 september jongstleden overleden in zijn woonzorgcentrum – hoe mooi toch klinkt dat in het Afrikaans: aftreeoord – nabij Antwerpen."
Huldeblyk: George Bizos
2020-10-07"Daar was by my die behoefte aan afsluiting, ’n toonvaste koda aan die einde van ’n verbintenis van meer as ’n halfeeu. ’n Begrafnis bring finaliteit; die kluitklap op die kis is klinkklaar die slot. Ek kon vir George nóg op sy sterfbed nóg langs sy graf groet. Nou kon ek. Dankie."
Huldeblyk aan John Nicholson, die man met ’n biblioteek in sy agterplaas
2020-10-01"John het egter gesê dit help nie jy sit kos in ’n kind se maag en die kop bly leeg nie. Aanvanklik het hy en Gail sommer hulle eie boeke aan die kinders gegee om te lees, maar uiteindelik het hulle skenkings gekry, en in 2008 is ’n biblioteek begin in ’n skeepshouer wat aan hulle geskenk is."
Persverklaring: Die ATKV groet ’n groot gees
2020-09-25Die afgelope 12 jaar het Danny Titus hom beywer vir taal en kultuur. Saam met die ATKV het hy Afrikaans toegankliker en inklusiewer gemaak en daarvoor sal hy onthou word.
Achmat Dangor: 1948–2020
2020-09-24"For 50 years, Achmat Dangor was one of the constant voices of South African literature, a voice that told what it was to live in apartheid South Africa and in the new country as it struggled to gain an identity."
Danny Titus (19 Mei 1957 – 18 September 2020)
2020-09-23"Ons het op ’n ander uitkoms gehoop, tog het ons stilweg geweet dat die einde onvermydelik is. Nogtans was die berig wat ons laataand, 51 dae later, op 18 September 2020 gekry het, ’n skok."
Huldeblyk aan Danny Titus
2020-09-21“Hy was ’n taalaktivis wat nooit geskroom het om die saak van Afrikaans te bevorder nie. Danny was ’n regsgeleerde, ’n menseregtekommissaris, ’n stryder vir die regte van vernalate Afrikaanssprekers om hul plek aan die Afrikaanse tafel as gelykes in te neem en saam as vennote die saak van Afrikaans te bevorder en te ondersteun.”
In memoriam: Gabriël (Gawie) Fagan (1925–2020)
2020-09-18"Fagan was ’n veelkantige mens wat nie in ’n enkele definisie pas nie. Hy was iemand wat nie vir ’n uitdaging geskroom het nie en altyd met geesdrif en ywer nuwe projekte aangepak het."
Adieu, Bernard, ami de l’esprit et amateur sans pareil de ce monde: ’n Huldeblyk aan Bernard Stiegler (1 April 1952 – 5 Augustus 2020)
2020-09-18"Ek is nie bewus van ’n eietydse denker wat ons tyd so briljant gediagnoseer het nie, en wat die absolute sentraliteit van die menslike gees en die noodsaak van ’n nuwe metafisika so oortuigend as Stiegler bedink het nie."
Bonteheuwel se tannies: Erfenis, Afrikaans en stories
2020-09-18“Die twee tannies se verhaal gaan oor veel meer as net resepte. Dit is die vergestalting van ’n visie oor nasiebou, verdraagsaamheid, van erfenis, van Afrikaans, van respek, diensbaarheid, van stories. Van hoe ons is.”
Huldeblyk in beeld: Die tannies van Bonteheuwel
2020-09-15Die twee kosmaaktannies van Bonteheuwel, Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, is kort ná mekaar oorlede. Izak de Vries bring hulde met van sy foto’s.
Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Nicolas Steytler se bydrae
2020-09-09"Dis maklik om te sê dat Ouma so spesiaal was oor die dinge wat sy gesê het en die dinge wat sy geskryf het, maar wat vir my uitgestaan het, was haar luistervermoë. Niks was oninteressant nie. Sy wou als weet."
Achmat Dangor: From LitNet’s archives
2020-09-07Achmat Dangor passed away on 6 September 2020. Below, LitNet shares an article that was published in October 2004 on LitNet titled "Tasting the sweet fruit of literary success".
Elsa Joubert memorial service: JM Coetzee’s contribution
2020-09-04"With her wide experience of the world, her firm but generous moral sense, and her sharp, inquiring mind, Elsa Joubert represented the very best of the Afrikaans intellectual tradition. I am honoured to have been her friend."
Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Pieter GR de Villiers se bydrae
2020-09-02"Ek kan nie dink aan iets mooier om in julle verliestyd vas te hou nie as haar 'mooi' woord oor die troostende, beeldskone deel wat mens aan die onbeskryflike Krag het."
Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Elsabé Brink se bydrae
2020-09-01"Ons eer haar lang en vervulde lewe waarin sy inderdaad al die fasette van die lewe, soos hier bo aangehaal, meegemaak en beskryf het."
