In memoriam
Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.
On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.
In memoriam: "Life is wonderful!" het die aktivis geskreeu toe hy lewenslange tronkstraf kry
2020-05-08"As aktivis was hy bereid om te sterf vir sy aandeel in die anti-apartheidsbeweging in Suid-Afrika."
Dood van ’n bankrower – Allan Heyl (1951–2020)
2020-04-21Allan Heyl: "Meester, dink jy ons sou so onnosel wees om terug te keer na ’n plek wat wemel van polisiemanne op soek na ons?"
Persverklaring: Koelsoem Kamalie oorlede
2020-04-20Dié tannie van Bonteheuwel het luisteraars van RSG aan haar lippe laat hang met die heerlike resepte wat sy gedeel het, haar humor en die reguit manier waarop sy kon praat.
Persverklaring: Alex van Houwelingen is oorlede
2020-04-06"Van Houwelingen is veral bekend vir sy puik kinderboekillustrasies, maar hy was ’n kommunikasiespesialis wat prente gebruik het om moeilike konsepte op ’n maklike manier aan die breë publiek te verduidelik."
Rus sag, Conrad Sidego
2020-04-06"Dankie, mater, vir dit wat jy in my en soveel ander se lewens beteken het. Die Afrikaanse gemeenskap is soveel armer, maar jou nalatenskap sal bly voortleef."
In memoriam: Chris Brunette (1961–2020)
2020-03-26"Chris Brunette, gewaardeerde LitNet-redaksielid wat sedert die bronstydperk van die internet in Suid-Afrika by LitNet betrokke was (en later ook by my ingeskryf het as student van hiperpoësie aan die UK), is op 25 Maart 2020 tydens middagete oorlede."
Afrikaanse strokiesprente en 'n huldiging aan Wim Bosman
2020-02-07"Dit staan egter soos ’n paal bo water dat ná Honiball, dit Wim Bosman was wat die Afrikaanse strokiesvaandel hoog gehou het."
In memoriam: Réna Pretorius
2019-12-20"Daarna sit ons vasgenael en luister hoe sy die kort gediggie vir ons uitlê ─ en ’n hele nuwe wêreld begin daardie dag vir baie van ons."
’n Huldeblyk aan Cecilia Britz (22 Mei 1955–12 Desember 2019)
2019-12-19"Later het sy ook spanningsromans uitgegee, speurverhale, enige verhaal wat goed is – selfs letterkunde – want sy het geglo daar is net een soort boek en dit is ’n goeie boek en vir haar was dit ’n boek oor mense wat kan vóél."
Persverklaring: Cecilia Britz sterf
2019-12-18"Cecilia Britz was bekend vir haar enorme bydrae tot ontspanningsfiksie in Afrikaans."
Sandile Dikeni is dood: ’n Speellys vir ’n nxa! bra
2019-12-11"Jy het veral ook gespreek tot die verharde harte van sowel die apartheidverdrukkers as jou kamerade wat jou ouma ge-necklace het."
Trisa Hugo onthou vir Engemi Ferreira (19 Maart 1943–10 Oktober 2019)
2019-10-14"Vir my was Engemi ’n baie diep spirituele mens wat liefde geleef het, nie daaroor gepraat het nie. Sy het mense se harte geraak sonder dat sy dit besef het of probeer het."
Die storie(s) van Chester Williams
2019-09-11"Die indruk wat Williams deurentyd gelaat het as speler en oudspeler, was dat daar by hom egter geen bitterheid bestaan nie, eweneens ’n karaktereienskap van ’n groothartige mens." Lees Heinrich Wyngaard se huldeblyk aan die ontslape Chester Williams hier.
Aan die anderkant van die Japan: ’n Ope brief aan Marthinus Beukes
2019-09-11"Elke jaar, op my verjaardag en jou doodse dag, stap ek oor die altyd winderige plein teen die trappies van die tempel op om vir jou ’n lampie aan te steek."
In memoriam: Dirk Laurie (1946–2019)
2019-09-03"Duisende sal Dirk hoogstens onthou van die Flinkdink-reeks op TV, en ander sal onthou hoe sy verkiesingsvoorspellings en ontledings alle ander oortref het. Baie studente van meer as een universiteit sal hom onthou vir sy unieke styl en eienskappe. Minder bekend is sy baie wesenlike, onbaatsugtige bydraes in baie bedrywighede soos Wiskunde-olimpiades ..."
Harry Kalmer en die troos van telefoontekste
2019-07-28"Terwyl ek my vingers oor die skerm rol en Harry se snaakse, slim, simpatieke, aweregse opmerkings lees, kan ek my verbeel hy's nog hier, kan ek myself amper oortuig dat ons jarelange internetgesprek net tydelik onderbreek is. Terwyl die nuus insink – en dit gaan lánk vat om werklik in te sink, weet ek nou al – het ek darem die triestige troos van telefoontekste."
Die tyd raak kort: 'n pastiche ter nagedagtenis aan Harry Kalmer
2019-07-28Jean Meiring bring hulde aan Harry Kalmer.
Johnny Clegg ‒ Uhambe kahle, nkosi!
2019-07-18"I was dead set on Juluka because I recognised that the music Sipho and Johnny were producing was unique, not just in the country, but in the world. The combination of pop and maskandi was a volatile mix, centered mainly around the beat, which was so compelling even inebriated Boerseuns from Pretoria (and further afield) would awkwardly try and emulate the Zulu war dance on Impi, one of their greatest hits. I used to love checking out their moves in Stellenbosch at the time."
In memoriam: Kerneels Breytenbach skryf oor James Small
2019-07-15"So what as hy ’n ongeslypte diamant was. Diamant was hy, en vir my hardloop hy altyd, soos Julius Jool, met uitgestrekte arms na die lig."
