TV

Volg saam met LitNet die jongste TV-programme en -nuus.
LitNet keeps you up to date on the latest TV programmes and news.

Persverklaring: Kortlyste vir die Netwerk24-kykNET-Rapport-resensiepryse 2025 bekend

LitNet Boeke en skrywers 2025-09-09

Die kortlyste vir die Netwerk24-kykNET-Rapport-boekresensiepryse is nou bekend.

Suid-Afrikaanse filmmakers wys hul slag by 13de kykNET Silwerskermfees: ’n feesoorsig

Maryke Roberts, Clifford Roberts Feeste 2025-08-29

"Natuurlik kon daar net ’n handjievol wenners wees, maar vir vier glansdae by The Bay Hotel in Kampsbaai het die land se voorste akteurs, regisseurs, kinematograwe en vervaardigers hul oomblikke van glorie op die blou tapyt geniet."

kykNET Silwerskermfees 2025: Hen – ’n onderhoud

Maryke Roberts, Nico Scheepers, Chris Lotz Onderhoude 2025-08-21

"Ons het baie vroeg besluit om Hen in swart en wit te verfilm. Kleur sou te veel verduidelik, te veel versag. Weg is die warm rooi van bloed of sonlig wat die veld mooi maak. Jy’t bloot tekstuur, beweging en stilte. Dit dwing ’n mens om nader te kyk."

kykNET Silwerskermfees 2025: My f*k Marlize – ’n onderhoud

Maryke Roberts, Zandré Coetzer, Marelize Horn, Zandélle Meyer Onderhoude 2025-08-18

"Ons het doelbewus elemente van vermaak ingesluit, maar altyd met die Horns se essensie in gedagte. Die film moes voel soos ’n tuisvideo – eerlik en intiem."

Persverklaring: Kortlyste van die Netwerk24-kykNET-Rapport-boekpryse bekend

LitNet Boeke en skrywers 2025-08-10

Hier is vanjaar se kortlyste.

What to watch: A TV guide

Réney Warrington Lifestyle and entertainment 2025-08-07

"Feeling overwhelmed with all the shows on offer? Here is a list of highly rated shows to watch, covering varying genres."

Persverklaring: TV-benoemings vir vanjaar se kykNET-Silwerskermtoekennings 2025 bekend

LitNet kykNET Portaal 2025-07-30

Elke jaar gaan die gesogte kykNET-Silwerskermtoekennings vir Film en TV net van krag tot krag. En vanjaar se televisiebenoemdes, wat verskeie genres en formate insluit, weerspieël weer eens die uitsonderlike talent en kreatiwiteit in die Afrikaanse vermaaklikheidslandskap.

Persverklaring: Showmax se Diepe waters-span maak hul harte oop vir dierewelsyn op Mandela-dag

LitNet TV 2025-07-28

"Diere het nie 'n stem nie. Ons moet hul stemme wees. Al wat hulle gee, is liefde, en hulle verdien dieselfde."

Die nuusmakers: Nuwe kykNET-dramareeks het tonge los

Maryke Roberts, Rolanda Marais kykNET Portaal 2025-06-24

Rolanda Marais gesels met Maryke Roberts oor haar rol in die nuwe kykNET-reeks, Die nuusmakers: "Kykers soek iets vars. Ons het nog nooit so ’n aktuele drama gehad wat soveel politieke en sosiale waarhede van ons land aanspreek nie. Om ’n blik agter die skerms van ’n nuuskantoor te kry, om die gesprekke tussen joernaliste te sien – hoe besluit word wat nuuswaardig is en wat nie – is vir my baie fassinerend."

Persverklaring: Die 13de kykNET Silwerskermfees beloof ’n betowerende ervaring

LitNet kykNET Portaal 2025-06-20

“Die Silwerskermfees bring denkers, doeners, makers en towenaars oor generasies en provinsies heen saam in die naam van film,” sê Waldimar Pelser. Vanjaar vind die fees van Woensdag tot Saterdag, 20 tot 23 Augustus, by die Bay Hotel en Theatre on the Bay in Kampsbaai plaas.

Persverklaring: ATKV-DigiToneel – Top-8 gereed

ATKV ATKV-Portaal 2025-06-09

Die ATKV se gewilde TV-realiteitsreeks Gekies vir die kollig keer in 2025 vir die vyfde keer terug na jou skerm – en vanjaar is die tema eenvoudig onweerstaanbaar: magneties. Soos hemelliggame wat mekaar aantrek in ’n perfekte wentelbaan, is agt uitsonderlike jong akteurs vanjaar gekies om na die stel van dié realiteitsreeks genooi te word, waar hulle hul finale treë gaan gee voordat die kameras vir hierdie seisoen begin rol.

Reënboogrant op TV: ’n onderhoud met twee van die reeks se draaiboekskrywers, Desiré Gardner en Mercy Kannemeyer

Naomi Meyer, Desiré Manthey Gardner, Mercy Kannemeyer TV 2025-05-21

"Ek het absoluut verlief geraak op die materiaal, binne die eerste paar hoofstukke. Ek wou meer weet van Shani en die res van die interessante mense wat soms die mees onverwagse besluite neem en keuses maak. En ek wou daardie gevoel van 'net nog een bladsy' op die skerm deurbring."

Persverklaring: Netwerk24-kykNET-Rapport-pryse nou nog groter

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-21

Die ondersteuning van Afrikaanse skrywers kry ’n hupstoot met ’n verhoging in die prysgeld van die kykNET-Rapport-boekpryse, voortaan bekend as die Netwerk24-kykNET-Rapport-pryse.

Die stories van Afrikaans op kykNET: ’n onderhoud met die kunstenaar Jotam Schoeman

Naomi Meyer, Jotam Schoeman kykNET Portaal 2025-05-08

"Elke tekening is met die hand geskep."

Die stories van Afrikaans op kykNET: ’n onderhoud met Danie Marais

Naomi Meyer, Danie Marais kykNET Portaal 2025-05-08

"Ek dink nie enigiemand is verplig om baie oor Afrikaans na te dink as jy die program kyk nie, maar ek hoop dat dit kykers lus sal maak om dit te doen. Dit sal wonderlik wees as die reeks kan help om die persepsies van Afrikaans en die gesindheid teenoor die taal positief te verander."

Skermgreep: Niggies – ’n TV-resensie

Leon van Nierop TV 2025-04-14

"Die kyker is selde bewus van spoggerige regie. Net ’n intense, skerp waarnemingsvermoë wat naatloos by die kultuur en styl inpas en die storie doodgewoon met buitengewone impak vertel. Elkeen se ware kleure kom na vore, en terselfdertyd lewer die reeks ook kommentaar op Afrikanerskap, en om iemand te soek om te blameer."

Persverklaring: Die stories van Afrikaans: Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans

LitNet kykNET Portaal 2025-04-11

Die nuwe dokumentêre reeks Die stories van Afrikaans, wat op Sondag 27 April op kykNET begin, vier en verken al die uitlopende aspekte van die Afrikaanse taal in agt boeiende episodes. Met ryk argiefmateriaal en meer as honderd gesaghebbende stemme sny dié reeks die spore van die fassinerende ware verhale van die karakters, botsings, liefdes en langpaaie wat die taal deur vier eeue gebrei het en aan die Afrika-grond bind.

Skermgreep: Adolescence – ’n TV-resensie

Leon van Nierop TV 2025-04-10

"Vergeet grense wat tuimel. Philip Barantini het met die meesterlike Adolescence die voorkoms van die erg omgeploegde en misbruikte televisielandskap met daadwerklike krag omgedolwe."

Adolescence: Réney Warrington se TV-indrukke

Réney Warrington TV 2025-04-02

"Die reeks stel rekords op. Britse Premier, Keir Starmer, voel dit moet in die parlement en Britse skole gewys word. Hoekom het Adolescence ’n aar getref?"

Niggies op kykNET: ’n resensie

Maryke Roberts kykNET Portaal 2025-03-25

"Ek is trots op hierdie wenproduksie en glo dit doen pionierswerk in hierdie genre in Suid-Afrika en dít boonop in Afrikaans."

Top