TV

Volg saam met LitNet die jongste TV-programme en -nuus.
LitNet keeps you up to date on the latest TV programmes and news.

Reënboogrant op TV: ’n onderhoud met Paul Strydom

Naomi Meyer, Paul Strydom TV 2025-03-12

"Dis ’n reeks, dis vermaak, maar dis ook kuns. Dit wys vir mense ’n spieël. Die meeste reekse help ons om te escape. Die ouers wat dit kyk, sal wel agterkom: die tieners in slegte situasies het nie altyd beheer oor hulle omstandighede nie. Hulle wil graag die regte ding doen."

Blou Fiësta-toekenning vir die Suidoosterfees se 21-projek: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Jana Hattingh Suidoosterfees 2025-03-05

"Vir die 21ste Suidoosterfees in 2024 het ons ’n projek saamgestel waarmee ons werk vir kunstenaars en teaterwerkers in ’n verskeidenheid genres kon skep en wat bekostigbaar vir gehore is. Dié 21 produksies van 21 minute teen ’n kaartjieprys van R21 het genres soos teater, komedie, dans, musiek en kabaret ingesluit."

Tuiskoms: hoe Afrikaans op Netflix tuiskom

Naomi Meyer, Louis Pretorius TV 2025-03-05

"Dit het begin met die feit dat Netflix begin belangstel het in Afrikaans as ’n mark en ’n storietaal."

Niggies: Die waremisdaadreeks is ’n eerste vir kykNET

Maryke Roberts, Saartjie Botha, Philip Rademeyer TV 2025-03-03

"Dis nie net kykNET se eerste waremisdaadreeks in Afrikaans nie, maar ook die eerste maal dat daar ná elke twee episodes ’n potgooi gemaak word, waar Kabous Meiring met akteurs, vervaardigers en ander kundiges gesels oor die reeks." Maryke Roberts het met Saartjie Botha en Philip Rademeyer gesels oor hul reis as draaiboekskrywers vir Niggies, wat in Maart op kykNET debuteer.

Persverklaring: kykNET Fiëstas 2025 – hier is die wenners!

LitNet kykNET Portaal 2025-02-28

Die wenners van vanjaar se Fiëstas is op 27 Februarie by ’n glansryke toekenningsgeleentheid in die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad bekendgemaak. Hier is die wenners!

Persverklaring: Hier is die lokprent én res van die rolverdeling van Niggies

LitNet kykNET Portaal 2025-02-25

Van die bekendste name in teater, film en TV in Suid-Afrika is deel van die rolverdeling van Niggies, die nuwe dramareeks wat op 25 Maart op kykNET (DStv-kanaal 144) begin. Niggies is gegrond op ware gebeurtenisse en vertel die verhaal van die twee twaalfjarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, wat in 1965 in die rustige dorpie Odendaalsrus in die Vrystaat ontvoer en vermoor word. Issie se broer, André, sweer daarna om alles in die stryd te werp om die skuldige aan die pen te laat ry, maar dit sou hom byna 20 jaar kos.

Persverklaring: Oudtshoorn skitter met kykNET Fiësta-benoemings

LitNet kykNET Portaal 2025-02-05

Die swartmerrie, ’n plekspesifieke drama deur die KKNK se Karoo Kaarte-span, is vir drie kykNET Fiësta-pryse benoem.

Persverklaring: Drie plaaslike romkoms op Showmax in maand van liefde

LitNet Leefstyl 2025-02-04

Raak verlief hierdie Februarie met drie splinternuwe Showmax Original- romantiese komedies: Soos pynappel op pizza (met Schalk Bezuidenhout en Kate Pinchuck); Gebokste liefde (met Tarryn Wyngaard en Jandré le Roux); en Not my type (met Lorraine Moropa en Lulama Nyembezi).

Persverklaring: kykNET-kanale – Februarie-hoogtepunte

LitNet kykNET Portaal 2025-01-31

Splinternuwe seisoene van Kokkedoor: Vuur en vlam en Kyk wie praat is maar net twee van die hoogtepunte op Februarie se skedule.

Persverklaring: Fiëstas 2025 – hier is die benoemdes

LitNet kykNET Portaal 2025-01-23

Die Fiëstas-paneel het in 2024 sewe kunstefeeste – KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees, Klein-Karoo Klassique, Momentum Beleggings Aardklop en Toyota Stellenbosch Woordfees – bygewoon om al die debuutproduksies te sien wat op die planke gebring is. Die benoemdes vir die kykNET Fiëstas vir die feesjaar van 2024 is nou bekend.

Showmax-persverklaring: Onderhoud met Desiré Gardner oor hoe Reënboogrant vir ’n nuwe generasie aangepas is

LitNet TV 2025-01-07

Desiré Gardner bring haar skryftalent na Reënboogrant, ’n nuwe Showmax-telenovela wat op Woensdag, 15 Januarie 2025, begin: "Die oorspronklike materiaal is daar vir ons as ’n wegspringplek. Jy wil die boek eer, maar ook hedendaags genoeg maak sodat kykers kan glo dit speel nou af."

Rugby of niks: Interskole kraai koning in die Boland en op jou TV

Annette Havenga kykNET Portaal 2025-01-02

"Die agt episodes verken onder meer wat dit verg om vir die eerste span van Gimmies of Boishaai uit te draf, wat daardie trui vir die seuns beteken, en waar geloof en toewyding inpas."

Hier.Na op DStv Box Office: ’n onderhoud met Trudy van Rooy

Naomi Meyer, Trudy van Rooy kykNET Portaal 2024-12-18

"But ultimately what helped me uncover Fairuz and all my characters in general, was working to discover our shared humanity." Trudy van Rooy gesels met Naomi Meyer oor haar rol in die kykNET Silwerskermfees-film Hier.Na, wat vanaf 16 Desember 2024 op DStv BoxOffice vir stroming beskikbaar is.

Tabby McTat: ’n onderhoud oor die Suid-Afrikaanse animasieprent wat ’n internasionale Emmy verower het

Maryke Roberts, Jac Hamman, Sarah Scrimgeour Film 2024-12-12

Sarah Scrimgeour en Jac Hamman, regisseurs van die animasieprent Tabby McTat, ’n verwerking van Julia Donaldson en Axel Scheffler se gelyknamige prenteboek, gesels met Maryke Roberts: "Oor die algemeen probeer ons om ’n film te maak wat toeganklik is, maar nie afgewater is op enige vlak nie."

Persverklaring: kykNET vier 25 jaar van wêreldklas – in Afrikaans

LitNet kykNET Portaal 2024-11-26

Dit het soos soveel suksesverhale klein begin, maar die droom was groot: begin ’n TV-kanaal in Afrikaans vir almal wat die taal praat. Meer nog – skep inhoud in Afrikaans wat kan meeding met die beste in die wêreld, ontdek nuwe talent voor en agter die skerms en gee vir kykers die beste moontlike kykstof.

25 minute met Waldimar Pelser oor ’n kwarteeu van kykNET

Bibi Slippers, Waldimar Pelser kykNET Portaal 2024-11-26

"Op 15 November 1999 was kykNET ’n blinknuwe Afrikaanse kanaal wat vir die eerste maal sy gesig op TV gewys en sy stem op TV laat hoor het. Nou, 25 jaar later, gesels Waldimar Pelser, die kanaaldirekteur van M-Net se premiumkanale (wat kykNET insluit) met Bibi Slippers oor die afgelope kwarteeu se gehaltevermaak, en wat (moontlik) in kykNET se komende kwarteeu voorlê."

Persverklaring: Wie word ’n miljoenêr? en die miljoenrandvraag

LitNet kykNET Portaal 2024-11-21

Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. 

Intimiteit op Afrikaanse TV skuif grense

Annette Havenga TV 2024-11-04

"Intieme tonele en sekstonele is slegs toneelspel, maar dit is die hele produksiespan se werk om dit eg te vertoon. Die onus om dit so gemaklik moontlik te maak vir die hele span rus op die skouers van die intimiteitskoördineerder."

Die sepiewêreld is armer sonder Danie Odendaal

Leon van Nierop In memoriam 2024-11-01

"Danie het presies verstaan hoe om die regte akteur vir ’n rol te kry, praatbare, gemaklike, dikwels spitsvondige dialoog vir daardie akteur te skryf (of te laat skryf), en die karakters deurgrondelik deel van die volkskultuur te maak. Afrikaanse televisie sou soveel armer gewees het sonder Sewende laan."

Heartstopper seisoen 3 is ’n treffer: ’n kykersindruk

Hermione le Roux-Ellis TV 2024-10-17

"’n Vriend van my het op ’n dag Heartstopper daarvan beskuldig dat dit soetsappig is. Ek sien eintlik niks fout daarmee nie. Ek dink ons het almal heeltemal genoeg gehad van die tragiese gay karakter wat nooit meer kry as ’n moontlikheid aan die einde van die film of reeks nie."

Top