TV
LitNet keeps you up to date on the latest TV programmes and news.
Persverklaring: Een keer om die son ‒ Familiebande op én van die skerm
2024-07-09In vanaand se episode, episode 3 van die reeks van 12 episodes, is dit Maartmaand en word Markus (Liam Bosman) se 18de verjaardag gevier en Ruan (Jacques Bessenger) gaan terug werk toe. Amé (Donnalee Roberts) krap in Lani (Jana Kruger) se verlede en besef Joshua (Ludwig Binge) steek vir haar iets weg. Lani en Markus se ouers, Elma (Joanie Combrink) en Sebastian (Albert Maritz), se huwelik is steeds in die weegskaal al weet Sebastian glad nie hoekom nie.
Persverklaring: TV-benoemings vir kykNET Silwerskermtoekennings bekend
2024-07-05Vanjaar se televisie-benoemdes vir die gesogte kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV, wat verskeie genres en formate insluit, weerspieël die uitsonderlike talent en kreatiwiteit van die Afrikaanse vermaaklikheidslandskap. Die toekennings, wat die beste speelfilms en akteurs van die fees saam met top-televisieprestasies vereer, vind op Saterdag 31 Augustus by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) plaas.
Persverklaring: In Julie is daar oorgenoeg kykstof op VIA
2024-07-05Van ’n miljoenrand-idee tot ’n langer en lekkerder kuier in Hier sit die manne, in Julie is daar oorgenoeg kykstof op VIA om jou vasgenael voor die TV te hou.
Persverklaring: Vanaand op Een keer om die son
2024-07-02Een keer om die son vertel die verhaal van ’n gesin wat op die oog af gelukkig lyk. Maar dan tref ’n tragedie die familie wat tergende vrae opwerp, en alles verander oornag. Een keer om die son wys vanaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes sal ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar wees.
Persverklaring: Skryf nou in! Die Glam Guru swaai weer sy towerkwas
2024-06-26’n Nuwe seisoen van Glam Guru word eersdaags verfilm, en jy staan nou die kans om een van die gelukkiges te wees om deur Hannon se skêr en grimeerkwas omgetower te word. Wil jy ’n deelnemer wees? Vind meer uit hier.
Persverklaring: 5 moet-kyk redes vir Een keer om die son
2024-06-25Een keer om die son begin vanaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes sal ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar wees.
kykNET Silwerskermfees 2024: ’n onderhoud met Tina Kruger
2024-06-19"Ons hou aan films maak, ons hou aan droom, ons hou aan stories vertel. En die Silwerskermfees hou aan vernuwe om soveel filmmakers as moontlik geleenthede te bied om hul unieke stemme te laat hoor, te ontwikkel en ’n speelvlak te bied waar daardie werk kan skitter."
Press release: Spotlight on filmmakers and the TV industry at 12th kykNET Silwerskerm Festival
2024-06-14“We believe in the future of Afrikaans film and television, in the importance of a wide variety of voices, and in the power of stories to change people’s lives.” These are the thoughts of Waldimar Pelser, director of M-Net Premium Channels, on the 12th kykNET Silwerskerm Festival, held from 28 to 31 August this year at the Bay Hotel and Theatre on the Bay in Camps Bay.
Persverklaring: Filmmakers en TV-bedryf gaan skitter by 12de kykNET Silwerskermfees
2024-06-14"Ons glo in die toekoms van Afrikaanse film en televisie, in die belangrikheid van ’n wye verskeidenheid stemme, en in die krag van stories om lewens te verander." Só sê Waldimar Pelser, direkteur van M-Net se Premium-kanale, oor die 12de kykNET Silwerskermfees wat vanjaar vanaf 28 tot 31 Augustus by die Bay Hotel en Theatre on the Bay in Kampsbaai plaasvind.
TV-oorsig: Juffrou X op kykNET – ’n blik op Suid-Afrikaanse skole
2024-06-11"By Victory Heights Sekondêre Skool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Wanneer ’n nuwe, dodelike dwelm die plattelandse dorp tref, word dit ’n saak van lewe en dood. Juffrou X, die wiskunde-onderwyseres, bevind haar in die middel van ’n oorlog, met die skool as prys. Al dieper begeef sy haar in die wêreld en rol van ’n vigilante, totdat sy sélf moet veg vir haar lewe."
Baby Reindeer: ’n TV-resensie
2024-05-13"Asof die reeks nie skokkend en kwetsend genoeg was nie, het die werklike Martha, die prokureur Fiona Harvey, onlangs na vore gekom en ingestem om op die berugte sensasiebeluste joernalis en onderhoudvoerder Piers Morgan se program te verduidelik wat werklik gebeur het."
Persverklaring: Gesoek – Vars talent én ervare hande vir die 2025 kykNET Silwerskermfees
2024-04-10Intussen kan Suid-Afrika se eie toekomstige Christopher Nolans, Greta Gerwigs, Martin Scorseses en Cord Jeffersons ook reeds inskryf vir 2025 se Silwerskermfees-kompetisie vir kort- en dokumentêre films.
Halo: a TV review
2024-03-26"Halo has oodles of heart and soul and characters that resonate deeply."
Koek – die eerste drie episodes vars uit die oond uit
2024-03-19"Dit gaan jou eie morele kode bevraagteken. Hoe ver sal jy gaan om walglike, seksistiese varke ’n les te leer. Laat ons nou maar eerlik wees: By vroue is daar ’n kollektiewe gatvol-wees vir die mishandeling wat ons deurgaan."
Persverklaring: ’n Nuwe era vir Afrikaans sien die lig! | Press release: A new era for Afrikaans sees the light!
2024-03-18Afrikaanse kykers (en liefhebbers van Afrikaanse inhoud) kan uitsien na splinternuwe boeiende en opwindende stories met die bekendstelling van e.tv se eerste plaaslik vervaardigde Afrikaanse daaglikse drama. | Afrikaanse viewers (and lovers of Afrikaans content) can look forward to brand new compelling and exciting viewing stories to viewers with the introduction of e.tv’s first locally produced Afrikaans daily drama.
Persverklaring: Oudtshoorn-stories steel kollig by die 14de kykNET Fiëstas
2024-03-12Oudtshoorn-stories, soos in 2023 uitgebeeld in die KKNK se debuutdrama Droomkraan-kronieke, was die groot wenner tydens die 14de kykNET Fiëstas.
Fotoblad: Die 14de kykNET Fiëstas
2024-03-11Die Fiëstas is by ’n glansryke toekenningsaand op 7 Maart by The Lookout in die V&A Waterfront in Kaapstad uitgedeel. Ansurette Lourens het namens LitNet gaan foto’s neem.
Persverklaring | Press release: Die 14de kykNET Fiëstas-wenners | The 14th kykNET Fiesta Awards winners
2024-03-08Die Fiëstas, wat vanjaar vir die 14de keer aangebied is, is by ’n glansryke toekenningsaand op 7 Maart in Kaapstad uitgedeel. Hier is die volledige lys van wenners. | The Fiestas, presented for the 14th time this year, were handed out at a glamorous awards evening on 7 March in Cape Town. Here is the complete list of winners.
Wyfie – die eerste vier episodes: ’n resensie
2024-02-23"Met al die universiteitsdrama in die land – geheime kamers, poppe met KKK-kappies, piepie op jou buurman se lessenaar – kon Wyfie nie vir ’n beter zeitgeist gevra het nie. Die draaiboek skiet wel te kort in vele ander afdelings."
Persverklaring: Die 14de kykNET Fiëstas vereer twee kultuurreuse in die kunste
2024-02-21By die veertiende kykNET Fiësta-toekennings vanjaar word twee reuse in hul onderskeie velde as legendes vir hulle lewensbydrae tot die kunste in Suid-Afrika gehuldig.
